kaspaas
03-09-2003, 12:47 PM
Ek het 'n glansbrosjure gekry wat ek vermoed uit 'n Beeld geval het.
Ek sien nie 'n datum nie, maar wel die verwysing
HERDBUOYS SP P34445 30/7/03 op die stuk.
Die voorblad: "Enternet" "Die NET-Ervaring"
Binne is daar dan bekendstellings van al Telkom se Internetprodukte.
Dan is daar frases soos "Enternet" by die inbel opsie, "Vinnige baan" by ISDN en "Super-vinnige Baan" by ADSL
Inbel is gerig op "basiese gebruikers", ISDN op "ernstige gebruikers" en ADSL op "gevorderde gebruikers"
By die ADSL lyn staan daar: "'n Totaal nuwe, meer gerieflike Internet ervaring"
Daar is 'n verwysing na die 3GB perk, maar geen verwysing na enige poort beperkings nie.
Die vrae aan Telkom: Hoe kan julle adverteer "Gerieflike Internetervaring", terwyl julle 'n groot deel van die Internet ervaring afsny met beperkings op Poorte?
Wat beskou Telkom as 'n "gevorderde gebruiker"? Sekerlik sal sulke gebruikers meer as net poort 80, 25, 21 en 443 (http,SMTP - e-pos, FTP en httpS) gebruik.
Oor die indruk wat geskep word dat ADSL vinniger is as ISDN... ek laat dit vir die wat die vergelyking kan tref.