Jack Parow gaan pa word
2011-12-07 13:24
Tweets Share Share line EmailPrint
Verwante skakels
Afrikaans is dood, sing Jack Parow
Nuwe Parow-album gou op rakke
Jack Parow stel nuwe album, braaisous bekend
Kaapstad – Die Afrikaanse kletsrymer Jack Parow het bekendgemaak dat hy en sy meisie, die beeldskone swembroekmodel Jenna Pietersen, ouers gaan word, het Huisgenoot berig.
Parow en Pietersen ken mekaar reeds vir die afgelope vier jaar maar het eers onlangs ‘n verhouding aangeknoop.
“Ek en Jenna is baie gelukkig en opgewonde en sien baie uit na die baba se koms,” het Parow gesê.
Jenna is byna drie maande swanger en vanaf die Paarl afkomstig. Sy het reeds twee keer in Sports Illustrated se Suid-Afrikaanse swemklere-uitgawe verskyn.
Parow is bekend vir sy Afrikaanse kletsrym en die werk wat hy onder andere al saam met Die Heuwels Fantasties en Die Antwoord gedoen het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
Bookmarks