Baas van Radio Pretoria het glo ANC-ledekaart

Schavuit

Well-Known Member
Joined
Mar 23, 2010
Messages
470
Baas van ‘volk-stasie’ het glo ANC-ledekaart

Mnr. Clem de Klerk, die stasie se besturende direkteur.

Herman Jansen in Pretoria

Die grootbaas van Radio Pretoria, wat vir die “Boere-Afrikanervolk” uitsaai, het glo op ’n tyd rondgeloop met ’n gelamineerde kaart in sy sak wat hom as ’n lid van die ANC identifiseer.

Mnr. Louis Clements (Clem) de Klerk (68), Radio Pretoria se besturende direkteur, het glo op Sondag 3 Desember 2006 sy beursie in die ateljee in Magalieskruin, Pretoria, vergeet.

’n Tegnikus het die beursie oopgemaak om te kyk aan wie dit behoort, het ’n ander destydse werknemer van Radio Pretoria wat teen*woor*dig was Vrydag aan Rapport gesê.

Toe die tegnikus glo die ANC-kaart in die beursie sien, het hy selfoonfoto’s daarvan geneem.

De Klerk het sy eie weeklikse program, Dit is Radio Pretoria. Hy begin dit dikwels met ’n plegtige: “Geagte volksgenote…”

Hy is ook ’n lid van die toesighoudende komitee van Oranjekas, die “Boere-bank” wat in Junie 2009 geregistreer is om verskeie bank*diens*te te bied.

Die datum op die selfoonfoto van die ANC-kaart is nie duidelik nie, maar dis klaarblyklik in die laat 1990’s uitgereik.

De Klerk se ou identiteitsnommer klop met dié op die kaart, behalwe dat ’n 6 en ’n 7 in die laaste vier syfers omgeruil is.

Dit kon bloot ’n menslike fout gewees het omdat dit met die hand geskryf is, is aan Rapport gesê.

De Klerk is glo deur Radio Pretoria-personeellede daaroor gekonfronteer, maar het blykbaar gesê hy wou die ANC “infiltreer”.

Toe Rapport hom Vrydag daaroor uitvra, het hy gesê: “Dis interessant. Dís nou vir my nuus.

“Ek is nie ’n ANC-lid nie en wil nie een wees nie.

“Iemand wat my aan die ANC wil koppel, doen dit om duistere redes.”

Hoewel die foto’s al amper vier jaar gelede geneem is, het dit eers die laaste paar weke per e-pos begin sirkuleer.

Dít val saam met die summiere ontslag van Sakkie van der Merwe (67), ’n aanbieder, op 4 Mei. Dié bekende oud-SAUK-weerman en afgetrede SAL-vlieënier is aan en af by Radio Pretoria sedert die ontstaan daarvan in 1994. Hy was straks dié gewildste omroeper en sy ontslag het groot beroering onder luisteraars veroorsaak.

Ene “Liz”, wat een keer R40 000 aan Radio Pretoria geskenk het op die geldinsamelingsprogram Vasbyt, het Van der Mewe gebel en gesê sy gee “nie weer ’n sent nie”.

Ou heruitsendings word nou uitgesaai in die tydgleuwe van Van der Merwe se twee gewilde programme, Vleuels en Ek wil weet.

Hy sê die vier professore wat aan Ek wil weet deelgeneem het, het onmiddellik ná sy ontslag hul bande met die stasie verbreek.

Interne korrespondensie in Rapport se besit beweer Van der Merwe het drie skriftelike waarskuwings gekry om nie oor godsdiens te praat of “inbelle daaroor te hou nie”.

Toe hy dit wéér doen, het mnr. Jaap Diedericks, die bedryfsbestuurder, ’n handgeskrewe nota aan hom in die ateljee gegee wat lui: “Sakkie, staak die inbel oor godsdiens (Jahwe) dadelik, asseblief. Jaap. 11/5, 8.40.”

Op ’n luisteraar-klagte oor Van der Merwe se ontslag antwoord Diedericks se vrou, Ellen (’n lid van die nuuskantoor), per e-pos: “Moet so iemand net losgelaat word om ander mense se kerke te verkleineer of toelaat dat ander dit oor die lug doen?

“Hy is simpatiek teenoor die Is*rael-visie, en hoewel dit sy reg is, mag hy nie sy eie siening gebruik om die susterkerke af te kraak nie.”

Van der Merwe het ’n skikkings-aanbod verwerp. Ingevolge daarvan kon hy vanaf 21 Junie sy “diens*te hervat” indien hy sy dispuut met die radiostasie by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) onvoorwaardelik terugtrek.

Hy moes hom boonop onderwerp aan “heropleiding” van minstens drie maande onder die mentorskap van ’n mede-omroeper, Heinrich Marnitz. Marnitz staan glo sarkasties in die wandelgange van Radio Pretoria bekend as die stasie se “Goue Seun”.

Mnr. Henk Joubert, die stasie se s***elbeampte, sê hy dra al ’n geruime tyd kennis van De Klerk se “kastige ANC-kaart”.

“Maar dis nie eg nie; ek het dit ’n slag in my hande gehad. Ek het daarna gekyk.”

Joubert kon egter nie sê wáár hy die kaart gekry het toe hy dit bekyk het nie.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Baas-van-volk-stasie-het-glo-ANC-ledekaart-20100703

Ek dink ek gaan Rpta maar van my DSTV dekoder afhaal.... :wtf:
 

DeadCore

Expert Member
Joined
Nov 13, 2008
Messages
3,996
Het jy hierdie meskien in engels?,ek is nie so goed met afrikaans lees nie.
 

LazyLion

King of de Jungle
Joined
Mar 17, 2005
Messages
103,980
a lot of businessmen these days have ANC membership. The ANC has taught them that collusion, croneyism, nepotism and intra-party deals will get you ahead in business.
 
F

Fudzy

Guest
Just another example of society unwilling to accept change I guess.
 

Mila

Honorary Master
Joined
Nov 11, 2008
Messages
54,969
I just think people think so cause it is old afrikaans people listening to it.
 
Top