Necuno
Court Jester
- Joined
- Sep 27, 2005
- Messages
- 58,567
...oops double posting 
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2436347,00.htmlCholera in SA rivier
Marietie Louw-Carstens
Polokwane (Pietersburg). – Die Limpopo-rivier is met cholera besmet.
Boere met besproeiingsplase wat aan die rivier grens, is uiters bekommerd nadat die gesondheidsdepartement in Limpopo mense gewaarsku het om glad nie die rivierwater te gebruik nie.
Mnr. Phuti Seloba, woordvoerder van die departement, het gesê toetse is eergister op die water gedoen en dit is beslis besmet.
’n Ernstige cholera-uitbreking in Zimbabwe het onlangs na Suid-Afrika se mees noordelike provinsie oorgespoel. Die cholera het vermoedelik in die rivierwater beland toe siek Zimbabwiërs deur die rivier geswem het om in Suid-Afrika hulp te soek.
Me. Marie Helm, streekbestuurder van TLU SA, het gesê die besmetting het verreikende gevolge.
Talle boere gebruik water uit die rivier vir besproeiing van meestal groente. Die water word ook vir huishoudelike doeleindes deur plaaswerkers gebruik. “Boere en tradisionele leiers word gevra om inligting oor die besmette rivier te versprei en streng gesondheidsmaatreëls in te stel.”
Inwoners van Musina is gerus gestel dat dié dorp se drinkwater nie beïnvloed sal word nie.
Mnr. Wilson Dzebu, woordvoerder van die Musina-munisipaliteit, het gesê die dorp se water is van die Limpopo-rivier afkomstig, maar word goed gesuiwer.
Verskeie inwoners het egter aan Beeld gesê hulle kook reeds as voorsorgmaatreël hul drinkwater of gebruik gebottelde water.
Talle siek Zimbabwiërs het gister in Musina onder bome gesit of gelê terwyl hul aarvoedingsbuise aan bome se takke gehang het.
Hulle word in tente by die Musina-hospitaal behandel, maar weens die erge hitte van tot 35°C in dié grensdorp is dit baie koeler onder die bome as in die tente.
Die siekte het intussen nog ’n slagoffer geëis toe ’n 64-jarige Zimbabwiër eergistermiddag laat in een van die tente dood is, het Seloba gesê. Dit bring die dodetal in Suid-Afrika weens cholera sedert middel November op sewe te staan.
Seloba het gesê 111 pasiënte word in die hospitaal en die tente vir cholera behandel. Vyf is na die Polokwane- provinsiale hospitaal oorgeplaas.
’n Dokter is ook uitgeplaas na die Madimbo-kliniek, tussen Musina en Pafuri, waar baie cholerapasiënte daagliks aanmeld.
Intussen berig Sapa-AFP dat 484 mense reeds sedert Augustus in Zimbabwe aan die gevreesde siekte dood is. Meer as 11 000 gevalle is in die land aangemeld.
Die eerste cholera-geval suid van die grens is op 15 November aangemeld toe ’n vrou in Musina behandel is. Sy het die siekte vermoedelik in die Beitbrug-gebied in Zimbabwe opgedoen en toe na Suid-Afrika gekom. Sedertdien doen die gesondheidsdepartement van Limpopo alles moontlik om die stroom siek Zimbabwiërs, wat elke dag meer word, te behandel.
Vlugtelinge uit die land woon ook in haglike omstandighede op die Musina-skouterrein terwyl hulle wag om om asiel aansoek te doen.
Behalwe vir die drie markiestente van die gesondheidsdepartement wat naby die hospitaal op die dorp opgeslaan is, het die Verenigde Nasies ’n bykomende tent staangemaak om pasiënte te rehidreer. Die Internasionale Rooi Kruis het gister ook pasiënte by die hospitaal bygestaan.
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2436262,00.htmlCholera found in Limpopo River
Johannesburg - The Limpopo River has tested positive for cholera, a provincial health department spokesperson told Jacaranda FM on Tuesday.
The tests were run on Monday, departmental spokesperson Phuti Seloba told the radio station. It was not yet known the river had been contaminated.
However, Musina residents were expressing concerns about possible contamination nearly two weeks ago as sewage seeped into the river from Beitbridge, Talk Radio 702 reported at the time.
On Tuesday, the North West's health department was placed on alert for a cholera outbreak, said spokesperson Nthabiseng Makhongoana.
She said that to date all cholera cases reported in South Africa had been linked to the Zimbabwe outbreak.
"However, there are communities in South Africa including the North West province that are still vulnerable to the introduction of cholera."
Six people have died in South Africa since the start of the cholera outbreak, two of them South Africans and four Zimbabweans.
The Limpopo health department had treated 438 cases, 150 of them women and 42 children under the age of five, reported Jacaranda FM.
Of the infected people being treated in Musina, 87% were Zimbabweans and 12% South Africans. Thousands of Zimbabweans have fallen victim to the water-borne disease, which has so far claimed hundreds of lives there.
The United Nations has warned that apart from South Africa cholera is also spreading to another of Zimbabwe's neighbours, Botswana.
- SAPA
Last edited: