After being made a idiot for more then 8 weeks from your support team can you give me a connection date for my house in Abelia road kloof
You are now more then 2 weeks in breach of contract as I should be connected with in 6 weeks
You still refuse to give me a connection date
My 2 jaar Telkom internet kontrak verval einde Julie 2017. Ek’t ander ISP’s (Internet Service Providers) ge-email en gevra wat kos soortgelyke pakette. Niemand kom naby Telkom nie.
Ek’t Telkom 4mbps 40GB cap ADSL insluitend Night Owl uncap 12 tot 7 VM. Ek self is ‘n naguil, eintlik is my pakket uncap. Ek gebruik maklik 100 GB ‘n maand.
Vir ADSL moet jy ‘n Telkom koper telefoon lyn hê. Maak nie saak wie jou ISP is nie, jy moet Telkom se telefoon lynhuur van R199 per maand betaal.
Telkom R360 + R199 = R559
Afrihost R397 + R199 = R596
Vox Telecom R398 + R199 = R597
Axxess R435 + R199 = R634
OpenWeb R444 + R199 = R643
MWEB R445 + R199 = R644
ignite R548 + R199 = R747
My Telkom telefoon lyn is ‘n 4 mbps data lyn. Dit help nie ek kry ‘n 10 mbps pakket nie, my koperdraad kan net 4 mbps hanteer. Ek’t nie fibre optics nie. Graskop sal seker nooit fibre kry nie, hulle grou nog slote in Johannesburg, Kaapstad en Centurion.
My spoed is nie 4 mbps nie, dis 3,4 mbps agv die weerstand in die koperdraad, ek’s 500 meter weg van die microwave toring af. ADSL werk net vir 2 of 3 km, die koper maak die sein dood. Microwave is vinniger as fibre optics. Vanuit Nelspruit connect hulle met ‘n ondersee kabel. My internet signal trek vir 12 000 km van Frankryk af, teen 4 miljoen mbps, tot in Graskop, dan kruip dit vir die laaste ½ km tot by my teen 3,4 mbps. Dit maak nie sin nie, hehe.
Ek sal nie my ADSL by Telkom opsê nie.