Die Afrikaanse Garing Merk 2

The_Librarian

Another MyBB
Super Moderator
Joined
Nov 20, 2015
Messages
26,517
Aangesien die vorige garing stadig en aaklig* vermoor is, het ek besluit om maar 'n nuwe ene te begin.

Ons skop af met :

Die ou kom by die dokter maar sy rug is amper af, kan skaars loop. Die dokter vra wat hy aangevang het. Hy sê hy't vroeër afgekry by die werk. Toe hy by sy woonstel instap, kon hy sommer aanvoel dat 'n ander man by sy vrou was. Hy soek toe die hele flat deur, maar kry niks. Hy gaan kyk op die balkon en sien toe daar onder hol 'n ou wat nog sy hemp aantrek en sy skoene vasmaak. Hy soek iets om die ou mee te gooi en al wat daar was, was 'n ou yskassie, en hy gryp dit en gooi, en dis toe sy rug ingegee het. Later kom 'n ander ou by die dokter met 'n skouer wat af is. Die dokter vra wat hom oorgekom het. Hy sê hy't verslaap en sou laat wees vir werk en toe hol hy kar toe, nog besig om aan te trek, toe val 'n yskassie op hom. Nog later kom nog 'n ou by die dokter, hy kon skaars loop. Dokter vra wat het met hom gebeur. Hy sê: ek sit nog so in 'n yskassie nê .............
*bonus punte vir diegene wat dit verstaan :)
 

Urist

Expert Member
Joined
Mar 20, 2015
Messages
3,324
Ek is die garingmoordenaar garing nr# 1325234, hier om vir die souties te wys hoe mens rerig n garing doodmaak.
 

boggom

Well-Known Member
Joined
Jan 18, 2009
Messages
188
As n reel maak Afrikaans sprekendes nie goed dood nie.
 

Urist

Expert Member
Joined
Mar 20, 2015
Messages
3,324
Aangesien die vorige garing stadig en aaklig* vermoor is, het ek besluit om maar 'n nuwe ene te begin.

Ons skop af met :



*bonus punte vir diegene wat dit verstaan :)
Die storie kort paragrawe, afrikaans is klaar moeilik genoeg om te lees op die rekenaar.
 

gamer16

Honorary Master
Joined
Nov 3, 2013
Messages
12,023
So moeilik soos wat Afrikaans is om te lees, 10 mal soveel om te tik en reg te spel, ek sien darm kry mens op jou foon n Afrikaanse keyboard en spel check (weet nie wat dit is in Afrikaans nie) wat darm baie help, smaak die voorstellings ook werk nogal goed.

Hier is vir julle n skakel.
 

HunterNW

Honorary Master
Joined
Oct 21, 2014
Messages
11,838
Fokit. Wat het met die vorige garing gebeur ? Hoe is hy uitgeryg ?
 
Top