MielieSpoor
Expert Member
- Joined
- Dec 6, 2006
- Messages
- 1,984
I'm very sorry but this is a bit rich coming from Naka. He is just trying to direct attention away from him. It was infact Naka and his Captain Adriaan Strauss that tried to inlfuence the ref Ian Smith in their last meeting - and not any of the Bulls players or anybody from the management team. And that is the main reason why we also denied him access to the change room after the game.G’n Bul of Bok sal dié blaser beïnvloed
2009-10-20 23:31
Artikel opsies
Druk artikel E-pos artikel Deel
Laaik.it Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel HENDRIK CRONJÉ
BLOEMFONTEIN
Jonathan Kaplan laat hom deur geen wêreldster, belangrikheid van ’n wedstryd of die tuisskare intimideer nie.
Die rugbykamp van die Vrystaat-Cheetahs meen daarom die kans is nul dat Victor Matfield (kaptein) of een van die Blou Bulle se ander Bok-brekers Kaplan as skeidsregter in volgende Saterdag se Curriebeker-eindstryd kan intimideer.
“Kaplan se aanstelling gee ons groot gemoedsrus,” sê Naka Drotské, afrigter van die Cheetahs.
“Kaplan laat hom deur niemand intimideer nie.
“Hy is beslis die beste skeidsregter in die wêreld. Hy het al verskeie kere bewys hy word nooit geïntimideer nie.
“Selfs Matfield sal hom nie kan intimideer soos die geval met Ian Smith van Australië ’n paar weke gelede was nie.”
Die Vrystaat-kamp was toe hoogs ontevrede met Smith se vertoning as fluitjieblaser in ’n ligawedstryd teen die Ligbloues op Loftus Versfeld. Veral oor die wyse waarop Matfield die Australiër in ’n wipplank-wedstryd met sy beslissings sou beïnvloed.
Smith gaan glo ’n duur prys vir dié vertoning betaal aangesien hy toe ’n groot toets gedop het en hy nie moet verwag om belangrike wedstryde in die Super14-reeks te blaas nie.
Kaplan, wat in sy vyfde Curriebeker-eindstryd sal blaas, is geen onbekende vir die Blou Bulle en die Cheetahs nie.
Hy het juis in 2002 in sy eerste eindstryd geblaas toe die Blou Bulle die Leeus met 31-7 op Ellispark in Johannesburg geklop het.
In 2005 was hy die skeidsregter toe die Cheetahs die Blou Bulle op verrassende wyse met 29-25 op Loftus Versfeld geklop het. In 2006 se dramatiese eindstryd, toe die Cheetahs en die Ligbloues hier op Vodacompark gelykop (26-26) gespeel het, was Kaplan die man in beheer.
Aangesien hy in 2007 by die Wêreldbeker-toernooi betrokke was, was hy eers weer in 2008 se eindstryd betrokke toe die Haaie die Blou Bulle met 14-9 in Durban geklop het.
Drotské sê Kaplan blaas in eindstryde net wat voor hom op die veld gebeur, maak nie saak wie die spelers, afrigters, span of tuisskare is nie.
Die Vrystaat-breier sê dít (Kaplan se bestendigheid) is al waarvoor spanne wat in ’n eindstryd is, kan vra.
Kaplan, wat vanjaar op Murrayfield in sy 50ste toets geblaas het, is een van slegs 24 skeidsregters wat sedert 1939 in Curriebeker-eindstryde geblaas het. André Watson (7) en wyle Steve Strydom (6) is die enigste wat in meer eindstryde as Kaplan geblaas het.
- Beeld
I have absolutely no respect for him or his team!