Eerste dag van verhoor in die saak wat die MRK teen my voer is in 2 ure afgehandel.
Ek is ongelooflik dankbaar dat die hof, op aandrang van my prokureur, die volgende beslis het:
1. Dat daar ekspert-getuienis in die saak gelewer moet word oor hoe Facebook werk.
2. Dat alle aanklagte wat skrikftelik teen my ingedien is, bewys moet word en getoets kan word deur getuies te roep.
3. Dat ek self mag getuig in die saak teen my.
4. Dat die saak nie, soos versoek deur die MRK, slegs op papier gevoer kan word nie.
Ek berus by die beslissing van die hof dat Regter Desai self die saak wil aanhoor in Kaapstad.
Die datums vir die verhoor in Kaapstad is 2 Maart en 20 April.
Aan die media wat my al heeldag vra vir kommentaar:
"Bogenoemde is al kommentaar wat ek tans het rakende hierdie aangeleentheid. Ek word nou uiteindelik die kans gegun om dit wat ek op die hart het, in 'n hof te gaan getuig na jare van beskuldigings wat na my geslinger word sonder dat ek ooit die geleentheid of die platform gegun was om myself te verdedig."
...sien julle in die skadu van Tafelberg, waar alles begin het, op 2 Maart 2015! Sx