Necuno
Court Jester
- Joined
- Sep 27, 2005
- Messages
- 58,567
Man vind glo lintwurm in Spur-gereg
extra proteins anyone ?
Stellenbosch. – Die helfte van die lintwurm in sy varkvleisgereg was al opgeëet voor ’n polisieman van Somerset-Wes die oorblywende deel in sy bord in die Gordonsbaai Spur sien lê het.
Insp. Hennie Smit het Donderdagmiddag ’n eisbein, ’n tradisionele gebraaide varkgereg, saam met sy vrou in die Sunset Bay-Spur in Gordonsbaai geniet, toe hy volgens hom die segmente van die sowat 7 cm-lange lintwurm in die bord sien lê het.
Met afgryse het Smit gister vertel hoe ’n stukkie van die oorblywende agterlyf van die wurm uit die vleis gehang het. “Ek het eers gedink dis ’n sening, maar toe sien ek die plat segmente en besef dit is ’n lintwurm.”
Hy het sonder om ’n woord daarvan aan sy vrou te sê, opgestaan en na die restaurant se toilette gehaas.
“Ek het die kos wat ek nog besig was om te kou in die toilet uitgespoeg en daarna dit by die ontvangsdame gaan aanmeld,” het Smit gesê.
Dit was glo nie die eerste keer dat so iets gebeur het nie, het dié aan hom gesê.
Die bestuurder wat op daardie dag aan diens was, het hom om verskoning gevra en voorgestel hy moet iets anders bestel.
“Die man het nie eens geskok gelyk toe ek hom inlig van die wurm nie. Ek het toe maar ’n stuk steak en twee dubbel-whiskeys bestel om die gevoel in my weg te kry.”
’n Bestuurder van dié Spur het gister by navraag gesê nie hy of die personeel is bewus van dié voorval nie.
extra proteins anyone ?