RUGBY: Lions supporters thread !

diebaas

Senior Member
Joined
Aug 5, 2007
Messages
768
Ek het die video clip van waar Jano Vermaak gaan druk het maar deur die skeidsregter terug geroep is op my webwerf vir aflaai geplaas...gaan kyk gerus.

Daai was nie n knock nie

As schalk burger gespeel het vir die leeus sou hy seker weer gese het hy moet sy f****n oë oop maak
 
walterl

Expert Member
Joined
Oct 19, 2006
Messages
1,582
Vandag sit ek ons drie gedruk deur Jaco van Schalkwyk op die webwerf vir aflaai, gaan kyk as julle 'n kans kry.
 
BeVonk!

Executive Member
Joined
May 12, 2006
Messages
8,524
Met die nuutste beserings lyk die Leeus al hoe meer soos 'n ou tannie met valstande.

Diepte onbreek. Die Vodacom span wat die S14 span moet voer vaar nie goed nie - en Loffie wil nie reeds ontwikkelde kwaliteit inkoop nie. Hoe dan nou? Moet ons nou maar forever wag dat Loffie se eie skeppings op dreef kom - en dan sien (soos met Habana) hoe ander provinsies met meer geld hulle oorkoop?

Die Leeus lyk net nie soos 'n opset wat ooit weer die hoogtes van die Francois Pienaar era gaan bereik nie. Dink net ... ons het op 'n stadium die S10 gewen in 'n finaal teen Auckland (wat op daardie stadium die All Blacks span was en alles oorheers het).
 
BeVonk!

Executive Member
Joined
May 12, 2006
Messages
8,524
Ek sukkel regtig om te verstaan hoekom 'n stad soos Johannesburg nie met sport op sy voete kan kom nie. Die rugby en krieket spanne se verhale is kopieë van mekaar - lyk soos plagiaat - of Chippie Shake die blueprints geskryf het.

Waar is Clive Rice se masjien wat alles platgevee het?

Waar is Francois Peinaar se span wat alles gevat het wat op die spel was?

Hoekom lyk Leeu sport so sleg? Dis tog die hart van SA waar hulpbronne soos mense, geld, en kundigheid vollop moet wees. Is die GLRUdie beste wat Johannesburg kan voortbring?

Ek is erg gefrustreerd. Dit moet beter gaan.
 
Miskien het ons maar net n slegte tydperk.

Ons moet maar net geduldig wees en agter ons span staan een of abder tyd moet als weer reg kom of beter raak,

vat maar die vrystaat vir n voorbeeld hulle het n baie lang slegte tydperk gehad en toe het dinge net beginne verbeter.

So ek dink ons moet maar net hoop vir die beste want n span kan nie altyd bo bly nie, en ook nie onder bly nie
 
BeVonk!

Executive Member
Joined
May 12, 2006
Messages
8,524
Die Leeus behoort meer bo as onder te wees ... maar dis eerder soos een groot vallei met 'n piek hier en daar. As Johannesburg sport konstant reg bestuur word behoort dit nie so te gaan nie. Sport organisasies in Johannesburg behoort dit te kan bekostig om meer gereeld aan die bopunt te wees. 'n Span uit Johannesburg moet soveel bronne tot sy beskikking te hê dat dit ander spanne jaloers maak.
 
BeVonk!

Executive Member
Joined
May 12, 2006
Messages
8,524
Neem nou Ellispark as voorbeeld. Orals waar ek in SA gaan spreek mense negatiewe kommentaar uit oor Ellispark se ligging. Mense wil nie Ellispark besoek nie ... ek self ook nie. Kyk nou weer na die Wanderers waar mense gereeld die plek vol pak ... want dis maklik bereikbaar en goed geleë.

Die Leeus moet skuif na 'n nuwe stadium waar meer mense bereid is om te gaan kyk. Dit moet net. So sal die Leeus meer ondersteuners werf en hou.

Maar dinge karring mos maar aan op 'n trant waar belangrike besluite nie geneem word nie. Die GLRU sal sê hulle kan nie bekostig om te skuif nie. Ek sê egter dat hulle nie kan bekostig om nie te skuif nie ... hulle moet as hulle oor tien jaar nog relevant wil wees.
 
The Cosmos

Executive Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
5,724

Ek het dit al voorheen hier genoem, maar daar was mos 'n plan om Ellispark te skuif na Midrand toe. Dit was om en by 2001 rond.
Ek dink dit moet nogsteeds gebeur. Verkoop Ellispark aan Sokker SA of aan Kaiser Chiefs en/of Pirates en kry 'n nuwe ene.
 
The Cosmos

Executive Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
5,724
Wat dink julle mense van die nuwe ontwerp van die leeus webwerf ?

Lyk nogal goed. :D:cool:
 
The Cosmos

Executive Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
5,724
Neem nou Ellispark as voorbeeld. Orals waar ek in SA gaan spreek mense negatiewe kommentaar uit oor Ellispark se ligging. Mense wil nie Ellispark besoek nie ... ek self ook nie. Kyk nou weer na die Wanderers waar mense gereeld die plek vol pak ... want dis maklik bereikbaar en goed geleë.

Die Leeus moet skuif na 'n nuwe stadium waar meer mense bereid is om te gaan kyk. Dit moet net. So sal die Leeus meer ondersteuners werf en hou.

Maar dinge karring mos maar aan op 'n trant waar belangrike besluite nie geneem word nie. Die GLRU sal sê hulle kan nie bekostig om te skuif nie. Ek sê egter dat hulle nie kan bekostig om nie te skuif nie ... hulle moet as hulle oor tien jaar nog relevant wil wees.

Stem 100% saam met jou sentimente.
Ek het epos aan die GRLU gestuur. Kom ons kyk wat's hulle antwoord.
 
walterl

Expert Member
Joined
Oct 19, 2006
Messages
1,582
Geld speel natuurlik 'n groot rol...ek twyfel of die Leeus geld het om sommer nou 'n nuwe stadion te bou. Onthou dat so projek ook ten minste 2 jaar sal neem.

Geld speel ook 'n rol by die ****raktering van spelers...onthou dat die unie se grootste bron van inkomste hekgeld is...so as die mense nie kom rugby kyk by Ellispark nie, dan trek die unie al hoe swaarder. Daar was Vrydag maar 6000 mense by Ellispark.
 
The Cosmos

Executive Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
5,724
Die Leeus rugby unie is in 'n verloor-verloor situasie op die oomblik.
Hulle moet maar besluit wat die beste plan van aksie gaan wees om nie net hul span te red nie, maar die unie self.
 
BeVonk!

Executive Member
Joined
May 12, 2006
Messages
8,524
onthou dat die unie se grootste bron van inkomste hekgeld is

Presies! Hekgeld inkomste beteken mense moet kom kyk ... hoe meer hoe beter ... wat beteken die fasiliteit moet aantreklik wees (mooi, gemaklik, goed geleë, veilig, maklik bereikbaar met genoeg veilige parkering, ens). Ellispark word nou opgegradeer maar dit gaan nie die Leeus veel help nie want die mense wat rugby ondersteun - en die Leeus sal/wil ondersteun - soek 'n stadion op 'n ander plek, verkieslik buite die Joburg middestad.

Ek het gehoor die GLRU het op 'n stadium onderhandel om FNB stadion te gebruik. Wat daarvan geword het weet ek nie.

Geld is natuurlik die issue en die Leeus wat eens die rykste amateur sport liggaam in die wêreld was is nou in die knyp. Dis baie jammer. Gerugte loop dat die GLRU 'n helse klomp geld in Australië belê het wat hulle of verloor het, of nie kan loskry nie.

Die Leeus se swak toestand nou is veroorsaak deur uiters swak besluite/bestuur. Die vraag is ... kan dit ooit reggestel word? Goeie resultate op die rugbyveld sal baie help. A&G se geld kan - as dit reg aangewend word - ook baie help. Ek hoop regtig die Leeus het nou bekwame mense in beheer wat dinge reg gaan doen.
 
The Cosmos

Executive Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
5,724
Ek kannie verstaan hoekom daar swak besluitneming is nie.
Of die bestuur het nie 'n idee wat hulle doen nie, of hulle het hulle eie belange.
 
BeVonk!

Executive Member
Joined
May 12, 2006
Messages
8,524
Ek reken eie belang speel 'n baie groot rol. GLRU president, Prof Ferreira, is volgens gerugte 'n tjommie van Stoffie wat mik vir die volgende deputy job as Stoffie die prez word.

Luyt is SARFU toe.
Brian Van Rooyen is SARU toe.
Prinsloo is SARU toe.
Nou is Ferreira oppad SARU toe.

Nou wonder mense hoekom die Leeus nie die aandag kry wat dit verdien nie ...
 
diebaas

Senior Member
Joined
Aug 5, 2007
Messages
768
Geld speel natuurlik 'n groot rol...ek twyfel of die Leeus geld het om sommer nou 'n nuwe stadion te bou. Onthou dat so projek ook ten minste 2 jaar sal neem.

Geld speel ook 'n rol by die ****raktering van spelers...onthou dat die unie se grootste bron van inkomste hekgeld is...so as die mense nie kom rugby kyk by Ellispark nie, dan trek die unie al hoe swaarder. Daar was Vrydag maar 6000 mense by Ellispark.

6000 mense, dan moet die unie hul self begine vra hoekom kom kyk mense nie meer games nie.

Ek weet swak ligging van EPS,

Al verloor hulle ek sal gaan kyk, maar ek weet vir n feit baie mense gaan nie meer park toe nie want hulle se hul sit en worry die hele game deur of hul motors nog veilig is.

Ek kannie verstaan hoekom daar swak besluitneming is nie.
Of die bestuur het nie 'n idee wat hulle doen nie, of hulle het hulle eie belange

Nogal
 
walterl

Expert Member
Joined
Oct 19, 2006
Messages
1,582
Al verloor hulle ek sal gaan kyk, maar ek weet vir n feit baie mense gaan nie meer park toe nie want hulle se hul sit en worry die hele game deur of hul motors nog veilig is.

Daar is blykbaar planne om 'n baie groot parkeergarage aan die Oostekant van die stadion te bou. Hopelik vat dit dan ten minste daardie verskoning weg.
 
Top