Telkom se ADSL is die beste

Geoff.D

Honorary Master
Joined
Aug 4, 2005
Messages
26,878
Julle Telkom kenners wat hou daarvan om rekeninge te betaal.

Ek het natuurlik einde die maand my eerste faktuur ontvang. Ek verkies om my betalings d.m.v 'n elektroniese fonds oordrag (EFT) te doen en Telkom het nêrens geld afgetrek vir die maand nie soek neem aan dit is in my eie hande.

- Ek het natuurlik my rekening gekoppel aan 'n Telkom aanlyn rekeing op hul webtuiste
- Ek het 'n faktuur gedruk en op bladsy twee beskryf hul die betaalprosesse.
- Daar staan ek moet die "EFT reference no" op bladsy een gebruik. Dit het ek gedoen.
- Op die webtuiste kan ek my rekening aanskou. Ongelukkig wys dit nog geen teken van enige betalings nie.

1.) Hoelank vat die betalings op die webtuiste om aangepas te word?
2.) Wat is die beste metode om hul te betaal? Let wel ek wil maandelikse debietorders vermy want ek vind plekke soos Vodacom hou mos aan geld aftrek tot 3 maande nadat jy die rekeing gestop het. Ek is seker Telkom sal ook.

Telkom se stelsels is 'n bietjie stadig om betalings te wys. Moet nie bekommerd wees nie, dit sal wys voor die volgende maand.

Vermy soos die pes 'n DO aftrekking stelsel, bly by die EFT metode.
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Haai Acros, ek betaal nes jy met EFT. Ek vertrou ook nie debietorders nie, mens het nie beheer nie.

Ek’t nou gaan kyk op my rekening by http://www.telkom.co.za/eservices. Ek’t Telkom eergister my R559 betaal, maar die krediet wys nog steeds nie. My gonna Piet, ek dog ons het deesdae rekenaars wat outomaties is. Maar moenie komkommer nie, ek’t nog nooit enige probleme met Telkom gehad nie. Ek hou daarvan om my rekeninge stiptelik te betaal.

Hoekom sal Telkom dit doen? Geld verbloem? Dit klink vir my of iemand eers die geld in ‘n rekening sit om rente te trek.

UPDATE (bywerking): My betaling van R559 wys nou op Telkom se webblad. Dit vat so 2½ dae om te wys.
 
Last edited:

Dan C

Honorary Master
Joined
Nov 21, 2005
Messages
36,651
View attachment 452245

Haai Dan C, ‘n DSLAM kas lyk mos soos hierdie groot grys kas? Hier’s nie sulke kaste in Graskop nie, dis maar ‘n klein dorpie. Ek skat my DSLAM moet dus in die sentrale wees.

My telefoondraad loop wel na so 'n groen kas toe. Vandaar is daar kabels ondergrond sentrale toe, dik kabels met baie telefoondrade binne-in. Ek’t die foto hieronder geneem toe Telkom ‘n gedeelte van die kabel vervang het, toe sit ek sonder internet ... vir 14 dae. Eish. Ek dink hulle’t die kabels verkeerd gekoppel, my telefoondraad aan ‘n ander ou s’n. Jan Brand het gesê "alles zal recht komen als elkeen zijn plicht doet".

View attachment 452247

Dit lyk soos myne. Maar elke dag is daar meer 'openserve' bakkies wat daar 'park'. Sommer meer as die ANC by KFC. Ek weet nie wat hulle daar doen nie.
 
Last edited:

tcofran

Expert Member
Joined
Jun 17, 2009
Messages
3,081
"Die Jerseybeesras het betreklik onlangs eers in Suid-Afrika bekend geword. Die eerste Jerseys is slegs tagtig jaar gelede van Jersey-eiland ingevoer. Die baanbreker was mnr. Adriaan van der Byl van die plaas Roodebloem naby Mowbray in die Kaap.

Vandag is die ras die tweede belangrikste suiwelras in Suid-Afrika. Die feit dat die ras ; hierdie onderskeiding behaal het ten spyte van vooroordeel en strawwe mededinging, bewys dat dit sekere eienskappe besit wat dit gewild maak onder die boere, selfs in die mees onherbergsame dele van ons land.

Dit is seker nie onvanpas om bier melding te maak van die besondere rol wat die Landboukollege Elsenburg gespeel het in die ontwikkeling en verspreiding van die Jersey nie. Elsenburg is die eerste staatsinrigting wat 'n Jerseykudde gehad het. Dit is vandag die oudste geregistreerde kudde in die land, en melkrekords is gehou sedert die ontstaan van die kudde.

Die kudde is in Januarie 1901 begin met ses verse, almal dogters van die bul Bridegroom no.1. Vol. 1, S.A.S.B. en afkomstig van die kudde van mnr. Van der Byl. Baie jare lank het die Elsenburgse kudde teelmateriaal voorsien aan die beste telers van daardie tyd, ook die in die Karoo. Later het Elsenburg ook diere na Grootfontein oorgeplaas waar hulle 'n belangrike rol in die vestiging van die kudde van hierdie inrigting gespeel het."

Bier sal leker wees dankie

Hoe mis julle ouens dit ?
 
beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Weet jy hoeveel konkurrente verbindings is toegelaat?
Met vox fatpipe kry jy twee.

Ek weet nie, maar hier’s my twee sente, soos ek die storie verstaan het ek 1 verbinding. Ek’t 2 PC’s wat gekoppel is aan my Telkom router met ethernet kabels, plus my Samsung slimfoon met Wi-Fi … dis alles 1 verbinding, dis alles 1 rekening. Dis okay.

Maar as my buurman ‘n ethernet kabel na my router toe wil aanlê, dan is dit nie “fair use” nie. Dis dan 2 konkurrente verbindings. Hy moet sy eie verbinding kry, sy eie rekening.

Hier's my rekenaarkamer, dis alles net 1 verbinding. Hehe.
. rekenaar-kamer-1024.jpg
 
Last edited:

tcofran

Expert Member
Joined
Jun 17, 2009
Messages
3,081
"Die Jerseybeesras het betreklik onlangs eers in Suid-Afrika bekend geword. Die eerste Jerseys is slegs tagtig jaar gelede van Jersey-eiland ingevoer. Die baanbreker was mnr. Adriaan van der Byl van die plaas Roodebloem naby Mowbray in die Kaap.

Vandag is die ras die tweede belangrikste suiwelras in Suid-Afrika. Die feit dat die ras ; hierdie onderskeiding behaal het ten spyte van vooroordeel en strawwe mededinging, bewys dat dit sekere eienskappe besit wat dit gewild maak onder die boere, selfs in die mees onherbergsame dele van ons land.

Dit is seker nie onvanpas om bier melding te maak van die besondere rol wat die Landboukollege Elsenburg gespeel het in die ontwikkeling en verspreiding van die Jersey nie. Elsenburg is die eerste staatsinrigting wat 'n Jerseykudde gehad het. Dit is vandag die oudste geregistreerde kudde in die land, en melkrekords is gehou sedert die ontstaan van die kudde.

Die kudde is in Januarie 1901 begin met ses verse, almal dogters van die bul Bridegroom no.1. Vol. 1, S.A.S.B. en afkomstig van die kudde van mnr. Van der Byl. Baie jare lank het die Elsenburgse kudde teelmateriaal voorsien aan die beste telers van daardie tyd, ook die in die Karoo. Later het Elsenburg ook diere na Grootfontein oorgeplaas waar hulle 'n belangrike rol in die vestiging van die kudde van hierdie inrigting gespeel het."

Bier sal leker wees dankie

Hoe mis julle ouens dit ?
 
WaxLyrical

Honorary Master
Joined
Oct 20, 2011
Messages
25,353
Ek weet nie, maar hier’s my twee sente, soos ek die storie verstaan het ek 1 verbinding. Ek’t 2 PC’s wat gekoppel is aan my Telkom router met ethernet kabels, plus my Samsung slimfoon met Wi-Fi … dis alles 1 verbinding, dis alles 1 rekening. Dis okay.

Maar as my buurman ‘n ethernet kabel na my router toe wil aanlê, dan is dit nie “fair use” nie. Dis dan 2 konkurrente verbindings. Hy moet sy eie verbinding kry, sy eie rekening.

Hier's my rekenaarkamer, dis alles net 1 verbinding. Hehe.
. View attachment 453420

2 konkurrente verbindings is waneer jou ouers in Durban kan ook jou rekening gebruik as jy in Jhb is, op dieselfde tyd.

Dis nie dis a probleem as jy a lyn trek na you buurman toe and maak hom betaal helfde van die koste :p
 
Top