Telkom se ADSL is die beste

Acros

Active Member
Joined
Aug 19, 2014
Messages
55
View attachment 453520

https://secure.telkom.co.za/today/shop/home/plan/unlimited-home-fibre-4Mbps-planvariation/

Jy spaar R792 installasie koste, en met die gratis modem-router spaar jy ± R800. WhatsApp boodskappe en WhatsApp foonoproepe vanaf jou slimfoon deur jou router se Wi-Fi kos jou niks nie, dis gratis en verniet.

Ja dis die pakkie wat ek het behalwe ek het my eie Router gekry. Ek wou nie my volle vertroue op Telkom plaas vir 24 maande nie. Indien daar iets gebeur wil ek kan oorskyf. Die installasie was wel verniet. Ek was ook bang die router wat hul gee is nie wat ek benodig het nie. Wat is die punt ek sit met 'n router wat ek nie kan gebruik nie. Dit was ook effens moeilik om die presiese model vastestel wat hul by gee so kon nie baie navorsing doen nie.
 
Acros

Active Member
Joined
Aug 19, 2014
Messages
55
O skuus. Het nie die Optiese vesel raak gelees nie. Dit kom nou van op venster wyse 'window mode' forums deur blaai by die werk. Wat is die verskill tussen 4Mbps DSL en 4Mbps Optiese vesel? Behalwe vir die koper en die lig en glas verskille.
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523

vinkel-en-koljander.jpg

Haai Acros, ek sien absoluut geen verskil nie. Dis soos vinkel en koljander, die een is soos die ander.
 
Last edited:

Dan C

Honorary Master
Joined
Nov 21, 2005
Messages
36,651
Haai Acros, ek sien absoluut geen verskil nie. Dis soos vinkel en koljander, die een is soos die ander.

Wel ADSL is asimmetries en optiese vesel is gewoontlik simmetries. Dit bedoel jou 'oplaai' is dieselfte as jou 'aflaai' spoed :p Maar met Telkom, ek dink hulle het nie 100% 'oplaai' nie.
 
infscrtyrisk

Expert Member
Joined
Nov 22, 2014
Messages
1,296
O skuus. Het nie die Optiese vesel raak gelees nie. Dit kom nou van op venster wyse 'window mode' forums deur blaai by die werk. Wat is die verskill tussen 4Mbps DSL en 4Mbps Optiese vesel? Behalwe vir die koper en die lig en glas verskille.

Volgens die kenners, het vesel eienskappe wat dit (in meeste gevalle) baie meer doeltreffend as koper maak. Omdat vesel lig gebruik, kan dit op 'n baie hoër frekwensie gemoduleer word, wat baie hoër bandwydte lewer. Vanaf 1999 was die bandwydte nog hoër gemaak deur Digte Golfafdeling Multiplexing (in engels: Dense Wave Division Multiplexing (DWDM)), waar verskillende "kleure" van lig meer spektrale doeltreffendheid gelewer het. Die maksimum modulasie frekwensie op koperdraad is ook hoogs afhanklik van die lengte-induktansie en lengte-kapasitansie.

Kortliks gese, optiese vesel kan meer inligting in dieselfde tydperk oordra, sonder die ongewenste eienskappe van koperdraad.

As gevolg van bogenoemde, kan vesel ook oor langer afstande as koper inligting oordra sonder om herhalers te gebruik.

Nog 'n voordeel van lig oor die elektriese seine van koper, is dat lig nie vatbaar vir elektromagnetiese inmenging is nie, en is dus die ideale eerste laag draer vir "lawaaierige" elektromagnetiese omgewings. Optiese vesel kabels kan tussen hoogspan elektriese drade gele word, sonder enige elektromagnetiese inmenging in die sein.

Die eind resultaat is in die gebruikersondervinding, veral waar dit kom by lae latensie topassings soos stem oor IP (telefoon oproepe) en data-oordrag pryse. Vesel is huidiglik koning, met baie laer latensie as koper, en omdat dit baie digter datastrome kan oordra, lei dit na goedkoper pryse.

In Suid Afrika (en in meeste ander derde-wêreldse lande) is daar boonop nog verdere voordele: Dit verhinder die diefstal van koperlyne, omdat vesel veel minder intrinsieke waarde as koper het. Ongelukkig is dit tog nie in alle gevalle nie, want die kabouters wat gewoonlik ons koperdrade steel, moet (nes die publiek) ook opgevoed word.
 
Last edited:

ponder

Honorary Master
Joined
Jan 22, 2005
Messages
92,823
O skuus. Het nie die Optiese vesel raak gelees nie. Dit kom nou van op venster wyse 'window mode' forums deur blaai by die werk. Wat is die verskill tussen 4Mbps DSL en 4Mbps Optiese vesel? Behalwe vir die koper en die lig en glas verskille.

Fibre (Openserve) has a 2:1 download/upload ratio so your 4Mb/s package you get a 2Mb/s upload.

Fibre will also not be affected by assia/interleaving so you should have better latency/pings.
https://mybroadband.co.za/vb/showthread.php/793949-Telkom-enabling-ASSIA-and-driving-me-nuts

You don't have distance limit related issues associated with dsl.

Not as susceptible as copper to theft, corrosion, rain etc etc
 
Last edited:

tcofran

Expert Member
Joined
Jun 17, 2009
Messages
3,081

Vesel (Openserve) het 'n 2: 1 aflaai / oplaai verhouding sodat jou 4Mb / s pakket jy 'n 2Mb / s oplaai.

Vesel sal ook nie deur assia / interleaving beïnvloed word nie, sodat jy beter latensie / pings moet hê.
https://mybroadband.co.za/vb/showthr...riving-me-nuts

U het geen afstand limiet verwante kwessies wat verband hou met dsl.

Nie so vatbaar as koper vir diefstal, korrosie, reën ens. Ens

Fixed / Reg

Dankie Googel (ja, met opset so gespel)
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
animal-grass-heads-oke.jpg

Haai Dan C. Vir my is Telkom se ADSL die beste. Hier is nie optiese vesel nie … nie hier in Graskop nie.
 
Acros

Active Member
Joined
Aug 19, 2014
Messages
55
Dankie vir die terugvoering. In die land mag hul dalk die glasvesel ook steel. Die Tikkoppe moet net nie uitvind van die 'glas' onder die grond nie.
 
beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Wêreld kampioenskappe London 2017 200m finaal (video 27 sekondes)

[video=youtube_share;LZN2juqYh_s]https://youtu.be/LZN2juqYh_s[/video]
 
Last edited:
Top