Telkom se ADSL is die beste

Gravedigger

Expert Member
Joined
Sep 17, 2016
Messages
2,442
@beesboertjie, jammer ek pla man, weet jy wat is die tipiese upload spoed van 'n 2mbps lyn? My pa het my gevra hoekom die download 2mbps is, maar die upload spoed so 0,4 mbps is. My pa was gewoond aan hulle Wisp by die huis waar hy 10mbps upload en download gekry het. Dia tipies van ADSL dat hulle upload spoed so laag is?
 
ponder

Honorary Master
Joined
Jan 22, 2005
Messages
92,823

Upload is 512kb/s, on a good line you'll see about 480kb/s
 
beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
ADSL-pots frekwensie.png

Haai Ruhan. Goed om van jou te hoor. Dit klink of jou pa se ADSL lyn in is en of alles werk. Is dit reg?

Super Grootmeester Ponder sal weet, hy sê die oplaaispoed op ‘n goeie 2 mbps lyn is omtrent 480 kbps. Dis 0,47 mbps. Op my 4 mbps ADSL lyn is my werklike aflaaispoed 3,4 mbps en die oplaaispoed 0,4 mbps.

ADSL beteken “asymmetric digital subscriber line”. Die slim ouens split jou telefoonlyn op in gedeeltes. Die een deel is dikker as die ander deel. Dis asimmetries, dis nie simmetries nie. Die deel wat data aflaai is breër as die gedeelte wat data oplaai … baie breër. Daarom dat ADSL se aflaaispoed vinniger is as die oplaaispoed. Dit lewer meer pakkies af in dieselfde tyd, die datakoers is vinniger.

My vriend Tobie in Jhb het optiese vesel. Sy oplaai- en aflaaispoed is dieselfde … 90 mbps. Kan jy glo?

Om jou pa se werklike spoed te sien, hardloop Ookla se spoedtoets. Kliek hier: http://www.speedtest.net/
 
Last edited:

Gravedigger

Expert Member
Joined
Sep 17, 2016
Messages
2,442
View attachment 456390

Haai Ruhan. Goed om van jou te hoor. Dit klink of jou pa se ADSL lyn in is en of alles werk. Is dit reg?

Super Grootmeester Ponder sal weet, hy sê die oplaaispoed op ‘n goeie 2 mbps lyn is omtrent 480 kilo byte per sekonde. Dis 0,47 mbps (mega bit per sekonde).

ADSL beteken “asymmetric digital subscriber line”. Die slim ouens deel jou telefoonlyn op in gedeeltes. Die een deel is dikker as die ander deel. Dis asimmetries, dis nie simmetries nie. Die deel wat data aflaai is breër as die gedeete wat data oplaai. Daarom dat ADSL se aflaaispoed vinniger as die oplaaispoed. Dit lewer meer pakkies af in dieselfde tyd, die datakoers is vinniger.

My vriend Tobie in Jhb het optiese vesel. Sy oplaai- en aflaaispoed is dieselfde … 90 mbps. Kan jy glo?

Om jou pa se werklike spoed te sien, hardloop Ookla se spoedtoets. Kliek hier: http://www.speedtest.net/
Ja, dankie. Hy het my gebel en gevra of alles reg is vir hom, en vandag het hulle die lyn ingesit, ens... ek sal bietjie oor die naweek Teamviewer gebruik na sy rekenaar reguit router toe, en daar settings stel vir sy netwerk configurasie, soos DHCP en so.(Netwerk printer statiese IP gee...) Ek moes hom eintlik gesê het van die upload spoed is plus minus 20% van die aflaai spoed. So lyk my sy 2Mbps lyn lyk goed sover.

Gepraat van die hoë spoed aflaai/oplaai, ek het 'n fiber installasie gesien by 'n familielid,
Maar sy setup is snaaks, hy het die fiber wat inkom in die huis, en dan na die fibre router self, en dan van daaraf 'n LAN kabel na 'n RouterBOARD, en die RouterBOARD doen die DHCP en so, en dan het hy 'n gigabit switch wat nou die goed in die huis koppel, soos die WiFi router, sy rekenaar ens...

Blykbaar sê hulle dat daai fibre router nie compatible protocols het wat netso kan gebruik word nie, dus die RouterBOARD. Sal bietjie meer uitvind van dit. Die ISP is Cybersmart as ek reg onthou. Hy kry die volle 100Mbps op en af.

Deesdae sien ek Telkom het net 'n fibre router self, waar die fiber inkom in die router, en daar is jou internet, met LAN poorte en WiFi...

Maar om te dink jy het 100Mbps internet by die huis...Of selfs 1Gbps...
 
-->Fibre-->ONT-->Router

The ONT is a router with wifi etc but locked down by the service provider which the client has no access to. From the ONT they give you access to the ethernet port another router is connected to which establishes a a pppoe connection. Telkom/openserve does exactly the same, I have a nokia ont/router which is connected to a zyxel router for openserve.
 
Top