Telkom se ADSL is die beste

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Dankie Grootmeester Geoff D. Datakoers, data rate. Ek gedog ons moet ‘n ander woord kry vir data spoed. En daar het jy dit, datakoers, jy’s ligjare vooruit.

Op die plaas kon ek nie vir mense sê my GPRS paraffien-internet spoed is 0,05 mbps nie, ek’t gesê my stadig is 0,05 mbps. Ek’t nie geweet van datakoers nie. Data rate. Ja man!
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
traceroute_04.jpg


Al die sagteware van hierdie soort gee verkeerde resultate omdat die fisiese ligging van die apparaat wat gekopel is aan die IP adres nie reg is nie.

Dankie Grootmeester Geoff D. Ek't so-iets vermoed. My IP adres sê ek's in Pretoria. Telkom is daar, nie ek nie. Ek bly in Graskop 400 km oos van Pretoria.

Ek sien hulle sê die beste Trace Route program ooit, genaamd traceroute, gee verkeerde inligting. Traceroute is op my rekenaar, dis deel van Windows, op die kiekie hierbo hardloop ek dit om te sien waar’s mybroadband.co.za.

Mybroadband se IP adres is 104.20.10.169. Dis in San Francisco. Dis ‘n twakstorie, mybroadband is nie in Amerika nie.
 
Last edited:

Acros

Active Member
Joined
Aug 19, 2014
Messages
55
Lekker man. Elkgeval sover is ek gelukkig. Die internet doen wat dit moet doen en ek betaal R101 vir 4mb uncapped (+die lyne). Die router werk goed. Al stelling wat ek gemaak het was QoS of KvD (kwalitiet van diens) vir die konneksies op my router. Daar is nie baie op nie. 3x fone op WiFi en my rekenaar op die lyn. Die KvD monitor die maksimum lyngebruik wat elke toestel mag gebruik vir oplaai en aflaai doeleindes. My rekenaar kry natuurlik die volle 4mb waar die fone elk 1mb is. My vrou kla haar videos laai stadig maar ek sê dit is maar wat mens moet verwag van Telkom Uncapped:whistling:
 

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
ron-leishman-acros-vrou-moer-432.jpg

Haai Acros. Jou vrou gaan jou moer. Daai langhaar wesens is nie dom nie, sy gaan agterkom jy throttle haar.
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Ookla_speedtest_mobile.jpg


Ek toets vanoggend my ADSL spoed, deur my router se Wi-Fi na my Samsung slimfoon toe. Ek’t gedog Wi-Fi gaan stadiger wees as die Ethernet kabel na my desktop PC toe, maar dit is nie.

As ek buite in die tuin staan, dan werk dit nog steeds. Behalwe in die straat, dan sien my Samsung niks nie.

Dis met Ookla se speedtest http://www.speedtest.net/ of http://www.speedtest.net/mobile/
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
Net 'n hoer staan in die straat!

“entia non sunt multiplicanda praeter necessitatem” is Latyns vir
Things should not be multiplied beyond what is required.
Dinge moet nie verder vermenigvuldig as wat nodig is nie.

Wat is jou storie?
 
Last edited:

Dan C

Honorary Master
Joined
Nov 21, 2005
Messages
36,651
Ookla_speedtest_mobile.jpg


Ek toets vanoggend my ADSL spoed, deur my router se Wi-Fi na my Samsung slimfoon toe. Ek’t gedog Wi-Fi gaan stadiger wees as die Ethernet kabel na my desktop PC toe, maar dit is nie.

As ek buite in die tuin staan, dan werk dit nog steeds. Behalwe in die straat, dan sien my Samsung niks nie.

Dis met Ookla se speedtest http://www.speedtest.net/ of http://www.speedtest.net/mobile/

Bees, jy sal nie weer jou Samsung sien nie as jy in die straat staan. Jy kan maar jou naaste Cash n Crusaders bywoon en sien of jou foon daar is. Maar pasop, hulle het 'n 'smoke screen'.
 

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
fiber_optic_bits_01.jpg


Só lyk data binne-in ‘n optiese vesel kabel. Lig stuur ene en nulle (aan en af). Elke 1 of 0 is ‘n bit. Daar’s 8 bits in ‘n byte, 8 bisse in ‘n greep. ‘n Letter is 1 byte (1 greep).

01010110 is die grootletter V. 01110111 is die kleinletter w. Die ou hierbo praat van sy Vw Beetle.

fiber_optic_bits_02.jpg
 
Last edited:

Acros

Active Member
Joined
Aug 19, 2014
Messages
55
Dink nie ons sal ooit optiese vesel in my gebied kry nie. Net die areas rondom ons. Indien jy kyk, het ons woonbuurt net 4mb lynvermoeë, waar die grens rondom ons area klaar 10mb het. Tikkoppe sal heelwaarskynlik die kabels wil steel.
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
VDSL2_spoed_speed.jpg


Hierdie grafiek wys hoe VDSL2 se spoed verminder met koperdraad, vanaf ‘n VDSL2 kas langs die straat, na jou huis toe.

Die elektriese sein in die koperdraad verloor baie vinnig stoom. As jy naby een van hierdie VDSL2 kaste bly, is jou internet spoed dalk 80 mbps. Maar kyk hoe vinnig verloor dit spoed, ‘n kilometer weg is dit 30 mbps.

Windsor Castle is effe noord van The Home Park Golf Course. Queen Lizzie kry darem so 10 mbps internet.

Met optiese vesel maak afstand nie saak nie, die spoed bly dieselfde. Jong, die Boere is darem maar slim.

https://neil-fairbrother.squarespace.com/blog/2013/7/1/gfast-a-high-speed-cul-de-sac
 
Last edited:

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
523
ethernet.jpg


Ek’t onlangs my een desktop PC laat oorbou, toe werk hy nie. Hy wou nie Windows Updates aflaai nie. Error code 80072EE2.

Ek’t vir ure en ure alles gedoen presies wat die Geeks op Google gesê het ek moet. Ek’t fix-it tools en trouble-shooters gehardloop. Ek’t anti-virus en anti-malware en anti-malicious laat loop vir dae en nagte. Ek’t in die registry en in config.sys rondgekrap. Ek’t met die firewall gespeel, anti-virus afgehaal en toepassings uitgevee. Ek’t defrag en disk clean-up en wipe laat skoonmaak. Maak nie saak wat ek probeer het nie, my PC wou nie Windows Update nie.

Toe vervang ek die ethernet kabel vanaf die router na die PC … en siedaar! Daar werk alles ewe skielik. Eish.
 
Last edited:
Top