beesboertjie
Senior Member
- Joined
- Jun 13, 2017
- Messages
- 523
Haai Acros, ek dink mens kan die lengte van jou koperdraad uitwerk met jou router. Ek’t hierdie grafiek saamgestel. As jy weet wat jou attenuation is, dan weet jy hoe ver jy van die sentrale af is. Of in jou geval, die Telkom ruilpunt. Ek neem aan daar's optiese vesel vanaf die ruilpunt verder.
Attenuation is die vermindering in seinsterkte op jou telefoonlyn. Die kundiges sê attenuation is normaalweg direk eweredig aan die lengte van jou koperdraad.
1,0 km = 13,8 dB
1,5 km = 20,7 dB
2,0 km = 27,6 dB
2,5 km = 34,5 dB
3,0 km = 41,4 dB
3,5 km = 48,3 dB
4,0 km = 56,0 dB
4,5 km = 62,1 dB
5,0 km = 69,0 dB
> 5,0 km (jammer vir jou)
My router sê my attenuation is 11 dB. Volgens hierdie tabel is ek minder as ‘n kilometer van die sentrale af. Pro rata is 11 dB gelyk aan 800 meter. Ek sê altyd 500 meter, dis padlangs. Maar ek weet my telefoondraad loop eers twee of drie strate verkeerde kant toe, weg van die sentrale af. 800 meter klink heel moontlik. Ek't 'n 4 mbps ADSL lyn, my werklike spoed is 3,4 mbps.
https://www.naschenweng.info/2008/10/16/adsl-significance-of-snr-and-attenuation/
Last edited:




