Wies die khakste met internet, Telkom, Cell C of Rain?

jlerasmus65

New Member
Joined
Apr 20, 2019
Messages
2
Volgens 'n onlangse verslag van My Broadband is Telkom heel onder op die lys van ISP's met Rain in die 2de plek.
 

elf_lord_ZC5

Executive Member
Joined
Jan 3, 2010
Messages
5,604
Hang alles af, van wie n beter toring in jou omgewing het, en wie n swak toring in jou omgewing het.
 

cavedog

Honorary Master
Joined
Oct 19, 2007
Messages
17,440
Die probleem is dat sekere torings het baie meer mense op wat natuurlik meer inligting aflaai en dit verooorsaak daardie specifieke toring om stadig te begin raak veral in spoeds tyd.

Vir my is Telkom die beste maar vir ander mense is Rain dalk of selfs Cellc dit hang maar af van die area en die toring.

Hou maar jou router jy sal hom dalk nodig hê as iemand inbreuk om hom te gooi met die ding.
 

ronald911

Expert Member
Joined
Jun 1, 2007
Messages
1,753
Telkom was goed en Rain was ook baie goed...
Maar toe word al Telkom se koper kabels gesteel (in 2018 het dit 6 keer in 2 maande gebeur) and almal beweeg weg van Telkom, Rain toe.... nou is Rain ook 'n pot stront want te veel mense vir wat die toring kan hanteer.

Ek kry volgende week my MTN router + sim card. Hoop dit is beter as Rain.


(PS: Ek praat baie Afrikaans met my ouers and familie, maar dit is seker die meeste Afrikaans wat ek in 8 jaar geskryf het.. Ek moet bietjie oefen. :ROFL:)
 

Fjorko

Expert Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
1,516
Telkom is nogals heel bakgat hier waar ek is, my internet roteerder werk oortyd want my familie tap my data LEEG!!. Almal sit op JOUBUIS ( Youtube) en stroom hulle videos.

Ek gaan binnekort weer my data moet op vul, want ek het nie onbeperkte data nie, en die pryse vir mobiele data is nogals erg op n man se sak. Gelukkig darem net so 7 rand per Gigagreep

Kyk noord !
 

|tera|

Master of Messengers
Joined
Mar 31, 2006
Messages
22,082
Telkom is nogals heel bakgat hier waar ek is, my internet roteerder werk oortyd want my familie tap my data LEEG!!. Almal sit op JOUBUIS ( Youtube) en stroom hulle videos.

Ek gaan binnekort weer my data moet op vul, want ek het nie onbeperkte data nie, en die pryse vir mobiele data is nogals erg op n man se sak. Gelukkig darem net so 7 rand per Gigagreep

Kyk noord !
Deur watse opsie koop jy data vir R7 per Gb?
 

Fjorko

Expert Member
Joined
Jan 17, 2007
Messages
1,516
As jy R560 betaal by Axxess, dan kry jy 80 Gigagrepe wat so R7 per Gigagreep uitwerk, maar my berekeninge is eintlik bietjie verkeerd want dis eintlik meer in die omgewing van R3,50 per Gigagreep, want jy kry nog 80 Gigagrepe na 12 in die nag . . .
 

elf_lord_ZC5

Executive Member
Joined
Jan 3, 2010
Messages
5,604
As jy R560 betaal by Axxess, dan kry jy 80 Gigagrepe wat so R7 per Gigagreep uitwerk, maar my berekeninge is eintlik bietjie verkeerd want dis eintlik meer in die omgewing van R3,50 per Gigagreep, want jy kry nog 80 Gigagrepe na 12 in die nag . . .
Nag Uil, data is waardeloos, ek slaap in die nag. Download ook nie torrents nie.
 

Thor

Honorary Master
Joined
Jun 5, 2014
Messages
39,606
Rain is die slegste, maar hulle is nie 'n regte ISP nie meer 'n "start up" projek.

So dit is tussen Afrihost en Telkom.
 

RonSwanson

Expert Member
Joined
May 21, 2018
Messages
2,317
Eerste prys is n router uit 1995.
Cell C is defnitief die khakste van die hele klomp, hulle torings het nie noodkrag nie en gedurende Eskom beurtkrag sessies gaan fkken alles so dood soos Johnny Clegg.

Watse roeter kom uit 1995 uit? Het jy foto, sal graag wil sien.
 
Top