wifi signal strength gone awol?

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
TheFox, ons is nie bedreig deur wugs wat weet wat hulle doen nie.

Ons wug nie en wugs verskaf nie internet nie. Ons kan mos in vrede saamleef.

Ongelukkig is daar baie mense is wat hulle eie klein wugs het en wat nie lede is van CTWUG of van die ander wugs wil wees nie. Daar kan baie redes hiervoor wees. P2P, internetverskaffing, games, wie weet. Ander man se boeke is duister. Die probleem is natuurlik dat hulle, hulle eie ding in 'n area doen waar 'n bietjie kennis baie gevaarlik is.

Ek bestuur Cape Connect se netwerk en ek kan jou nou sê dat ons nog nooit swaarde met CTWUG gekruis het nie. Ons het genoeg vyande in die bedryf dat as daar maar een van ons radios "ge-amp" was, sou iemand lankal na die owerhede gehardloop het om ons te laat toemaak. Verlede jaar het een van ons kompetisie een van ons high sites beroof en toe probeer afbrand. Toe dit nie werk nie, bel hulle die owerhede en sê vir hulle die toring is onwetting. Toe dit nie werk nie, bel hulle Natuurbewaring en vra of ons 'n omgewingsimpakstudie gedoen het voor ons die toring gebou het. Ek kan aangaan...maar ons het almal werk om te doen.

Terwyl ek hier sit en tik, is daar iemand wat 'n ge-ampte sein met ESSID TheWebKya direk na ons Helderberg toring mik. Een van ons radios kry maar iets soos 15% throughput. Ons skuif frekwensie, TheWebKya volg ons. Ek het eenvoudig nie die tyd om met die spekkie rond te ry totdat ek die ou opgespoor het nie. In elk geval, wat kan ek doen as ek voor sy deur staan? Die wet van die land beskerm ons nie. Maak nie saak hoeveel geld ons aan die owerhede vir verskillende lisensies betaal nie.

Maar, noudat ek daaraan dink, toe julle Triton opgerig het, was een frekwensie slap bang op dieselde frekwensie as een van ons bestaande backbones - met die gepaardgaande dataverlies vir ons. Ons het eenvoudig ons frekwensie geskuif. Soos ek sê ek het nie issues met wugs wat reg bedryf word nie.

Ons netwerk is ons bron van inkomste. Alles moet reg werk - die eerste keer. Ek het nie gister hierdie bedryf gister betree nie. Toe Reuters in 1998 42 banke met wireless aan mekaar wou koppel, was ek die ou wat dit gedoen het.

Ek verstaan ook jou frustrasie met sekere wisps en highsites. Daar is soveel goed wat baie van hulle doen wat eenvoudig nie reg is nie. Ongelukkig het ek nie heel middag tyd om te sit en voorbeelde te gee nie, maar ek dink daar is drie van ons in die bedryf wat tersiëre kwalifikasies in rekenaarwetenskap, ingenieurswese of telekommunikasie het. Ons weet almal daar is meer as drie wisps in die Kaap. Sovêr ek weet, is ek al "wisp mens" in die Kaap wat 'n Professionele lid van die Rekenaarvereniging van Suid Afrika is.

Ek hoor wat jy sê oor gametime, maar wat ons hier sien is die ouens (ek wil hulle amper roofwugs noem) wat hulle goed aansit, groot lêers oorskuif en dan weer afsit. Dis so half en half asof hulle bang is dat hulle uitgevang gaan word. En dit is wat ek vermoed besig is om Oupa se sein te bevark.

Die wifi en die radar is interessant. Dit is die eerste keer deur Normis by MikroTik tot my aandag gebring. Ons het 'n link gehad op 5720 MHz wat 90%+ was in een rigting en 60% was in die ander rigting. Ons het gescan en gesnoop tot ons moeg was, maar kon geen verkeer op die frekwensie kry nie. Die seinverlies maak mos nie sin nie. Ek het my buddie Johan van Omnicon gevra om te kom kyk. Hy was gelukkig met my werk, "earthing" en al daai lekker dinge, maar die sein was nog steeds nie reg nie. Ons kon eenvoudig nie die probleem identifiseer nie en stuur toe "supout" lêers na MikroTik toe. Hulle het toe teruggekom met radar interferensie as 'n waarskynlike rede. Die ouens weet meer van hulle produk as ek, so as hulle vir my sê dat radar met my toerusting mors, gaan ek nie met hulle stry nie.
 
Last edited:

[OUPA]MrNutz

Expert Member
Joined
Jan 21, 2005
Messages
1,788
ja ons gebruik 3x WRT54gl's met ddwrt 24 nuuste sp.....al 3 punte 16db waveguide antennas

punt B op tower.
A->B is signal constant -69
C->B is signal nou -93 en deur dag -81 waar dit altyd -64 was...

Channel 1,6,11 getry ook..

weet nie meer wat om te doen nie - sal dalk die ander 5ghz equipment koop..

kon 33 ap's in my omgewing optel met die kar ...maar ons het gesien 80% van hulle is op 6/11 channel...ons het 1 en 14 getry - no change..
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
Is dit moontlik vir jou om 2472MHz met jou toerusting te gebruik?

Dit is 'n wettige ISM frekwensie in SA, maar min toerusting het die vermoeë om daar uit te kom. Hopelik sal dit skoon wees.
 

[OUPA]MrNutz

Expert Member
Joined
Jan 21, 2005
Messages
1,788
wel wel ....ek het kanaal 13 toe geskuif en van -90 gejump na -81 toe...

kan ten minste nou weer die link gebruik hoewel nog baie stadig.....

so dis iemand wat ons naby "flood" met iets.grrrrr
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
Die ouens wat amp gebruik waarskynlik goed soos die om jou lewe te versuur. Hulle is bitter moeilik om op te spoor. As die "ampers" hulle breins gebruik en die omnis met panels vervang sal hulle sein beter wees en jou probleme sal minder wees.
 

[OUPA]MrNutz

Expert Member
Joined
Jan 21, 2005
Messages
1,788
het reen gisteraand gekry...signal het van -80 gegaan na -98 toe ...my waveguide moet erens water inkry :(
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
[OUPA]MrNutz;3674336 said:
Where i usually had a signal of -69/-72 - i only have a signal of -90!!!

11:30pm on a Sunday night and I've just been called by one of our support techs over exactly the same problem. Yesterday around lunch time the client called to say her link was "dropping". They logged in and saw that her signal that was usually around -72 had dropped to -85. Right now it's so bad (-93) that she simply can't connect to the internet. The client is furious as she trades on the Tokyo Stock Exchange and has summoned us there - tonight - to either fix it or give her money back.

I wonder what we'll find when we get there...
 

[OUPA]MrNutz

Expert Member
Joined
Jan 21, 2005
Messages
1,788
ek is +- 1.8km van my HS...gaan maar vir my 'n 18 db panel opsit? - grid is seker die beste maar op die afstand met skoon LOS sal panel dalk voldoende wees?
 

Atti2de

Active Member
Joined
Nov 5, 2008
Messages
95
Soek daai wuggers en konfiskeer hulle toerusting.

Jy is deurmekaar - In die aande is daar QoS queues wat aangaan en die netwerk in gaming mode sit.
Weet nie waar kom die geraas vandaan tensy jy soontoe gaan en kyk nie.
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
Jy is deurmekaar.

Nee. Jy is deurmekaar.

Julle (jy en TheFox) is so besig om die amptelike WUGS te verdedig - en dit is nie nodig om hulle te verdedig nie - dat julle nie 'n woord hoor van wat ek sê nie. Die "nie amptelike" ouens het nie 'n clue van goed soos QoS queue nie en doen net wat hulle wil, soos hulle wil en wanneer hulle wil. Dit het tot gevolg dat daar chaos is waar hulle operate.

Mbt laas nag se stories. Daar's 'n delta oscar oscar sierra met wat lyk soos 'n 10dBi omni op die gebou reg langs ons kliënt. Die persoon blaas sedert Saterdag 'n allerhelse sein uit op dieselfde frekwensie waarop ons al twee jaar lank uitsaai na 'n paar van sy buddies vir hulle wug in die strand. Die ESSID is STRWUG en sou wou glo dit het niks met CTWUG tedoen nie. Vanoggend 6:30 het hy die toerusting afgesit.

Dit is ongelukkig die situasie op die grond. Die ouens wat hulle eie ding doen sonder dat hulle weet wat hulle doen maak die lewe moeilik vir die mense om hulle.
 
Last edited:

Atti2de

Active Member
Joined
Nov 5, 2008
Messages
95
Ek verstaan wat jy sê -

Hê respek vir ander mense ook, ons almal gebruik tog die spektrum. So, wees net "mindfull" van ander mense ook.
En moet nie 'n boelie wees nie :p
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
Hê respek vir ander mense ook, ons almal gebruik tog die spektrum. So, wees net "mindfull" van ander mense ook.
En moet nie 'n boelie wees nie :p

As die ander ouens maar net so gedink het sou almal se lewe soveel beter gewees het.
 

wetkit

Expert Member
Joined
Oct 27, 2003
Messages
1,126
Portcullis,

Ek is nogal ge-interreseerd oor wat jy se van Triton.
Ons doen altyd n scan om seker te maak ons loop op oop frequensies, veral op grid to grid back bone links.
Op sectors is die bietjie moeiliker want jy kan nie altyd vanaf die clients scan nie.
Post maar hierso as jy weer so iets optel asb... http://www.ctwug.za.net/showthread.php?1001-Help!!-wetkit-or-any-HS-admin-README-P
Jy kan dalk ook op Wind ingaan http://wind.ctwug.za.net/ en vir my laat weet watter link dit was asb. Dan kan ons julle freq merk. Thanks.
 

[OUPA]MrNutz

Expert Member
Joined
Jan 21, 2005
Messages
1,788
grrr...niemand het local stock nie.....gaan maar 'n 9db panel try - behoort seker ok te wees op 1.8km?
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
Portcullis,

Post maar hierso as jy weer so iets optel asb... http://www.ctwug.za.net/showthread.php?1001-Help!!-wetkit-or-any-HS-admin-README-P
Jy kan dalk ook op Wind ingaan http://wind.ctwug.za.net/ en vir my laat weet watter link dit was asb. Dan kan ons julle freq merk. Thanks.

Sal so maak.

Twee van my nodes is daar gemerk as 930 en 1071. Ek wil nog eendag iets by een van daai sites ipsit, IP's by julle kry en uitwerk hoe om my customers toegang tot CTWUG te gee.
 

wetkit

Expert Member
Joined
Oct 27, 2003
Messages
1,126
Hehehe. Daai klink nou na n plan!
Node 930 looks fine, but 1071 might sit on the edge of the sector.
 

portcullis

Cape Connect Internet Rep
Company Rep
Joined
Oct 7, 2008
Messages
1,199
There's a row of massive trees between 930 and Triton - the primary reason why 930 still only exists on paper.

However, I've added Anubis which is node 1860 and has clear, direct line of site to Triton. 1 x 24dBi, 1 x R5H and yet another hole through the wall will get it connected without too much hassle. I'm about to start a refresh in May. All the R52H's and R5H's are being replaced with Hn radios, so that'll free one R5H to be used for this.
 
Top