Airbag recalls

tcofran

Expert Member
Joined
Jun 17, 2009
Messages
3,570
Reaction score
1,261
Location
Pretoria
looking for english article

---
As dit by lugsakke kom, moet jy liewers bang Jan as dooie Jan wees, sê die motorvereniging AA.

Die AA het in ’n verklaring gesê hy kry heelwat navrae van Suid-Afrikaners oor die herroeping van voertuie wêreldwyd wat met Takata-lugsakke toegerus is. Dié herroeping vind nou al ’n jaar lank plaas nadat lugsakke weens ’n fout met die opblaasmeganisme elders ontplof en tot ongelukke en selfs sterftes gelei het.

Takata was tot onlangs toe die wêreld se grootste vers****** van lugsakke aan veral Japanse vervaardigers, insluitend vervaardigers wat ook in Suid-Afrika die lugsakke geïnstalleer het: Nissan, Toyota, Honda en Mazda.

Die AA sê mense “moenie paniekerig raak nie, maar moet nietemin die veiligheidsherroeping ernstig opneem.”

’n Herroeping beteken bloot dat jou motorhandelaar jou vra om die motor na ’n versieningsentrum te bring sodat die foutiewe onderdele in die lugsakke vervang kan word. Dit sal jou niks geld kos nie.

Plaaslik was daar so ver bekend nog nie ’n ongeluk wat aan die lugsakprobleem toegeskryf kan word nie. Volgens die AA is 10 mense wêreldwyd dood weens die probleem en nog 140 mense is beseer.

“As jy ’n voertuig ry wat deur een van dié vervaardigers vervaardig is, is dit belangrik dat jy hulle met jou voertuigidentifikasienommer (VIN) kontak om vas te stel of jy geraak word of nie. Selfs al het jy dit in die verlede gedoen, stel ons voor motoriste doen dit weer aangesien die lys voertuie wat geraak word, uitbrei. Jy was dalk nie vantevore op die lys nie, maar kan nou daarop wees.”
Selfs al het jy dit in die verlede gedoen, stel ons voor motoriste doen dit weer aangesien die lys voertuie wat geraak word, uitbrei.

Jou handelaar stuur ook regstreeks briewe aan klante en het inligting of selfs ’n “recall”-afdeling op hul webwerf waar jy jou VIN kan intik. “Maar moenie wag nie. Dis jou veiligheid – wees proaktief.”

Wheels24 het reeds in Mei 2015 berig oor die eerste herroepings.

Toyota Suid-Afrika het die lugsaktoestelle in sy Corolla-, RunX- en Yaris-modelle wat van 2002-’07 gebou is, herroep, asook die Rav4, Hilux en Fortuner-modelle wat van Julie 2003 tot Desember 2005 vervaardig is. Toyota se oproepsentrumnommer is 0800 139 111.

Honda het die volgende motors herroep: Accord (2012-’14); Brio (2003-’09); Ballade (2009-’11); Civic (2001-’09); CR-V (2002-’07 en 2011; Jazz (2002-’12); Insight (2010-’12). Hul oproepsentrumnommer is 031 000 0473

Mazda het verlede week Mazda 6- en RX-8-modelle wat van 2003-’07 vervaardig is, herroep. Net motors met ’n VIN-nommer wat met JM6GG of JMZSE begin, word geraak. Die oproepsentrum kan by 0860 069 700 geskakel word.

Nissan Almeras wat van 2004-’06 vervaardig is, is herroep, maar die X-trail-modelle nie (hoewel dit in ander lande wel met die betrokke lugsakke toegerus is). Skakel 0800 647726 met jou VIN om vas te stel of jy geraak word.


http://www.netwerk24.com/Sake/Maatskappye/gevaarlike-lugsakke-word-jy-geraak-20160208
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X