blunomore
Honorary Master
http://www.beeld.com/nuus/2013-11-07-kuier-red-haar-lewe
Potchefstroom. – ’n Vrydagaand-kuiertjie by vriende het moontlik die naweek die lewe gered van prof. Annette Combrink, burgemeester van die stad.
Vier gewapende rowers het Saterdag omstreeks 02:00 ’n wag by haar hoewe in Potchefstroom oorval terwyl sy by vriende in die Vredefortkoepel oorgeslaap het.
“Ek weet nie wat sou gebeur het indien ek hier was nie, want ek sou alleen wees,” het die oudrektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus gister vertel.
“Die rowers het nie omgegee om in te breek nie, al het dit gelyk of ek hier is omdat my Passat in die motorhuis gestaan het.”
Combrink het met ’n ander voertuig na die koepel gery. Toe sy Saterdag net ná 07:00 terugkeer, was haar eerste gedagte dat haar kleinseun moontlik die Passat geleen het.
“Maar dit was snaaks, want hy vra darem altyd.”
Binne die huis het sy ontdek talle items is gesteel, onder meer ’n kluis waarin dokumente soos paspoorte was.
Haar rekenaar, juwele en drank was ook skoonveld. Sy raam die gesamentlike verlies op sowat R150 000.
“My yskas se deur was oop, hulle het hulle sommer ook rustig gehelp aan piesangs en jogurt,” het Combrink vertel.
“Die mikrogolfoond het tussen die rose in die tuin gestaan, ek dink nie daar was plek daarvoor in die voertuig nie.”
Toe die polisie die wag se flits in die tuin vind, het hulle gevrees die rowers het hom ontvoer en vermoor.
Hy is eers omstreeks 14:00 Saterdag etlike kilometer buite die stad op die pad na Vereeniging gevind. Die wag was met sy eie boeie vasgebind, ontwater en erg getraumatiseer, maar ongedeerd.
Volgens Combrink het sy maatskappy, CSS Security, hom vir ’n rukkie op menslikheidsverlof geplaas.
“Hy het net vir my gesê: ‘I am so sorry I failed you.’ ”
Combrink se Passat is verlate in die Evaton-township naby Vereeniging gevind. Die een ruit is uitgeslaan.
Combrink, ’n DA-raadslid, het in Julie vir die tweede keer in sewe maande burgemeester van die stad geword.
Dit was te midde van erge politieke woelinge en ’n hewige magstryd tussen die ANC en opposisiepartye.
“Ek verskerp op aanbeveling van die polisie veiligheidsmaatreëls by my huis.”
Volgens Combrink het sy nog nooit dreigemente ontvang nie, maar mense het haar al gewaarsku sy moet minder houtgerus wees.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.