Bestel van ADSL lyn

kaspaas

Expert Member
Joined
Aug 6, 2003
Messages
3,732
Reaction score
6
Location
Home: Wapadrant Office: Lyttelton
Ek is nou besig om 'n ADSL lyn van Telkom oor die web te bestel.

Om mee te begin: My klient volg die beleid dat as hy geld wil bestee, hy dit verkieslik in Afrikaans doen. Telkom se hele web is in engelse en maak vir geen van die ander tale voorsiening nie.

Die houding is dus duidelik: Vat die engels, of bly sonder ADSL. Om in engels aansoek te doen het heelwat regimplikasies. Onder andere beteken dit dat die aansoeker al sy taalregte wegteken. Indien die saak in die hof land, kan Telkom aandring dat die taal vand ie geding engels sal wees, en dat die aansoeker deur die vorms te voltoi bevestig het dat hy die regs-engels voldoende verstaan het om sy regte te beskerm.

Het iemand al probeer om per telefoon ADSL in Afrikaans te bestel, dit is 'n fiasko.

Gelukkig is Telkom se leuse goed bekend: Vat dit of los dit!

Ek probeer die aansoek vir 'n Maatskappy voltooi, maar kan nie omdat Telkom daarop aandring dat 'n maatskappy 'n voorletter moet hĂŞ.

Telkom maak nie voorsiening dat die diens ook in 'n kantoorblok gelewer kan word nie.

Waarvoor is die rekenaarbesonderhede nodig as mens 'n lyn bestel? Op welke gronde maak Telkom aanspraak op die reg om sodanige inligting te vereis? Dit is wat my betref 'n skending van privaatheid - of onbehoorlike aanspraak op inligting waartoe Telkom nie reg het nie.
 
<blockquote id="quote"><font size="1" face="Verdana, Arial, Helvetica" id="quote">quote:<hr height="1" noshade id="quote"><i>Originally posted by kaspaas</i>
<br />Waarvoor is die rekenaarbesonderhede nodig as mens 'n lyn bestel? Op welke gronde maak Telkom aanspraak op die reg om sodanige inligting te vereis? Dit is wat my betref 'n skending van privaatheid - of onbehoorlike aanspraak op inligting waartoe Telkom nie reg het nie.


<hr height="1" noshade id="quote"></blockquote id="quote"></font id="quote">

When I asked the same question, I was told that Telkom reserve the right to refuse your ADSL request should your PC not meet the minimum requirements.

At least 1 of my PC's are below spec and works fine on ADSL.
 
well, i'm using a pentium 75 with 32MB RAM :) Obviously if you're going to get the USB modem then you'd need something more up-to-date, but the ethernet modem works fine. This just proves telskum don't know squat!
 
Dit is nou meer as 'n dag nadat ek per web 'n bestelling vir 'n ADSL koppeling bestel het.

Nog nie 'n kik van Telkom nie.
Nie 'n e-pos nie
Nie 'n faks nie
Nie 'n oproep nie

Mens sou sekerlik kon verwag het dat die kommunikasie reus van Suid-Afrika die telekommunikasiemiddele sou gebruik om die eenvoudigste ding te doen: Erken ontvangs van bestelling.

Ek wag in spanning of Telkom my iets gaan laat weet.
 
Ek so nie my asem op hou as ek jy is nie....
 
Verassing: Telkom het vanmiddag so 15:30 gebel - wou meer inligting h
.

Natuurlik iemand wat eentalig is - maar Telkom moet nog ABSA se les oor Afrikaans leer 'skuus hy hoef nie: ABSA is nie 'n monopolie nie.

In ieder geval, ek probeer om 16:15 terugbel met die inligting. Geen antwoord.

Sal maar weer later probeer.
 
Telkom in die hande gekry.

Ek is voor die keuse gestel dat ek of my rekenaarinligting aan hulle verskaf, of hulle weier om aan my ADSL te lewer. Dit is 'n vorm van afpersing - natuurlik wettig. Telkom het niks met daardie inligting te doen nie.

Verder is daar ook druk gewees dat ek NOU Prolog of Prolog+ moet bestel - voor hulle bevestig dat my lyn ADSL geskik is. Anders kan hulle nie waarborg dat die tegnikus die lyn sal kon installeer en opstel nie. As ek nie onmiddelik bestel nie of 'n ander diensverskaffer gebruik, loop ek die risiko dat Telkom nie sal kan installeer nie en kan daar verdere koste na my kant toe kom as Telkom moet terugkom om die installasie te voltooi.

Telkom is sekerlik instaat om met 'n klap van 'n vinger na hulle bevestig het die lyn is geskik - of dan voor hulle die installasie doen, 'n Prolog rekening op te stel sou ek besluit om hulle diens te doen.
 
Op 17 September 2003 het ek 'n ADSL lyn by Telkom bestel, en is die bestelling uiteindelik deur Telkom bevestig.

Tot vandag toe het ek niks weer van hulle gehoor nie - behalwe as ek hulle ges***el het by 0800 456 786 - druk 2

Op 22 September het ek ges***el, en is ek ingelig dat die bestelling wag vir "toetsing van die lyn". Ek is aangese om asseblief geduldig te wees.

Vanoggend vroeg het ek weer gebel. Die antwoord is dieselfde. Natuurlik kan hulle nie vir my 'n verwysingsnommer vir die oproep gee nie. Maar hulle sal so vriendelik wees om self die gebrek aan diensklag te eskaleer, en ek sal nog vandag ges***el word.

Kom ons kyk wat gebeur....


Maar dit is tragies dat Telkom, "Proudly South African" nie instaat is om binne 2 weke 'n lyn te toets en ADSL te lewer nie.

Of is die "Proudly to be of bad service South African"?
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X