etienne_marais
Honorary Master
Paartjie kort na beurtkrag aangeval
Man vasgebind en aangeval, vrou kruip weg – ‘Dit was asof die Here die rower blind gemaak het.’
‘n Getroude paartjie was Donderdag 16 Julie glo kort na beurtkrag die ongelukkige teikens van ‘n gewapende roof in hul huis in Helikon Park.
Nick Hitge het vertel hoe hy fisies ‘n slagoffer was terwyl die rowers sy vrou Corrie gelukkig nie raakgesien het nie omdat sy weggekruip het.
Die paartjie het aan die Herald verduidelik hulle het omstreeks 10nm net na beurtkrag gereed gemaak om te gaan slaap.
Hulle het daarna hul Jack Russel aanhoudend hoor blaf. Corrie het na die badkamer toe gestap om die hond deur die venster stil te maak. Daarna het sy ‘n groot slag gehoor soos ‘n venster gebreek het. Nick was reeds in die bed toe hy skielik vier gewapende rowers deur hulle slaapkamervenster sien spring. Hy sê hulle het die venster met ‘n mangatdeksel stukkend geslaan.
Corrie het dadelik gehardloop om die noodknoppie van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy te druk maar het gesukkel om dit in die hande te kry. Die vier rowers het toe glo vir Nick met sy lyfband en die koord van Corrie se haardroër vasgebind.
Hy vertel hoe hulle ‘n geweer teen sy kop gedruk het en hom beveel het om die kluis- en motorsleutels vir hulle te gee. Nick het aan hulle verduidelik hy het nie ‘n kluis nie. Hy is toe glo agter die kop met die geweer geslaan en in die ribbekas geskop.
Hy het vir hulle gesê die sleutels vir die motors was in die kombuis en hulle is toe saam met hom soontoe om dit te kry. Terwyl hulle die huis verder deursoek het, het Corrie agter gordyne in die spaarkamer weggekruip.
Die een rower het in die kamer ingestap en kaste oopgeruk. Ek het die volgende oomblik werklik gedink hy sien my skoene onder die gordyne uitsteek. Hy het nader aan die gordyn gestap maar hy het net nog ‘n hangkasdeur oopgemaak. Dit was asof die Here hom blind gemaak het,” het sy vertel.
Die rowers is glo daar weg met hul motors se sleutels, drie selfone, juwele en Nick se horlosie. Hulle was ook op soek na vuurwapens maar Nick hou nie vuurwapens in sy huis aan nie. Toe die rowers die Hitges se bakkie probeer oopsluit, het die alarm afgegaan. Al vier is glo in die Hitges se VW Polo daar weg. Corrie het dadelik ‘n sekuriteitsmaatskappy in kennis gestel en hulle was baie vinnig op die toneel. Die sekuriteitsbeamptes het toe agter die Polo aangejaag en ‘n skietery het glo tussen die rowers en sekuriteitsbeamptes uitgebreek.
Die Hitges is later in kennis gestel dat hul Polo in Protea Glen gevind is, maar dat die motor koeëlgate in het. Op die oomblik is hulle nog onseker wat van die rowers geword het.
Die Hitges bedank hul sekuriteitsmaatskappy, EPR, vir hul vinnige diens en ondersteuning.
Die Randfontein Polisie-woordvoerder moet nog die voorval bevestig.
---------------ENGLISH TRANSLATION--------------------
Couple attacked shortly after being load shedded.
The man was tied up and attacked and the woman went and hid - It was as if the Lord made the robber blind.
A married couple was apparently, shortly after load shedding, made the unfortunate targets of an armed robbery in their home in Helikon Park on Thursday, July 16.
Nick Hitge told how he was physically assaulted by the robbers while they fortunately did not notice his wife Corrie because she was hiding.
The couple explained to the Herald that, just after the load shedding, about 10pm they prepared to go to sleep.
They then heard their Jack Russell constantly barking. Corrie walked to the bathroom to silence the dog through the window. Then she heard a big blow as if someone broke a window. Nick was already in bed when he suddenly saw four armed robbers jump through their bedroom window. He says they broke the window with a manhole cover.
Corrie immediately ran to press the panic button of a local security company but struggled to find it. The four robbers apparently tied Nick up with his belt and the cord of Corrie's hair dryer.
A gun was pressed against his head and he was told to hand over the car and safe keys. Nick explained to them that he did not have a safe. He was allegedly beaten on the head with the gun and kicked in the ribs.
He told them the keys to the cars were in the kitchen and they went with him there to get it. While they were further searching the house, Corrie hid behind the curtains in the spare room.
One robber walked into the room and ripped the cabinets open. I really thought he would see my shoes sticking out from under the curtains. He walked to the curtain, but he just opened a wardrobe door. It was as if God had made him blind, she said.
The robbers apparently left with their car keys, three cellphones, jewelery and Nick's watch. They were also looking for firearms but Nick does not like to keep weapons in his house. When the robbers tried to open the Hitges's truck, the alarm went off. All four were apparently left in the Hitges's VW Polo. Corrie immediately notified a security company and they were quickly on the scene. The security officers raced after the Polo and a shootout allegedly ensued between the robbers and security officers.
The Hitges were later informed that their Polo was found in Protea Glen, with bullet holes in it. At this point they are still unsure what happened to the thieves.
The Hitges thanked their security company, EPR, for their prompt service and support.
The Randfontein police spokesman have yet to confirm the incident.
http://randfonteinherald.co.za/189370/paartjie-kort-na-beurtkrag-aangeval/

Last edited by a moderator: