doubletrouble
Expert Member
- Joined
- Jun 6, 2012
- Messages
- 1,421
- Reaction score
- 197
Toe Athol Trollip, destyds nuut op die nasionale politieke verhoog, die oggend van 7 Mei 2009 uit die Helen Suzman-koukuskamer in Marksgebou by die parlement uitloop, het die gesigte geval.
Die nuwe parlementêre leier was – soos tradisie bepaal – die eerste gesig wat ná die koukusverkiesing by die deur verskyn het. DA-amptenare, meelopers en enkele joernaliste kon nie glo dié boer uit die Oos-Kaap het Ryan Coetzee, die party se Wunderkind en meesterstrateeg, om die parlementêre leierskap getroef nie.
Voor die tyd is gesê Coetzee – die brein agter die party se groei en sy voorste intellektueel – hoef omtrent net op te daag om te wen. Sy ondersteuners het gesukkel om die neerlaag van 33 stemme teenoor 46 te verwerk, in so ’n mate dat ’n Coetzee-agent – ’n steeds aktiewe parlemen-têre joernalis – glo dieselfde dag by Trollip se nuwe kantoor ingebars en hom beloof het hy sal seker maak Trollip hou nie lank nie.
Net ’n bietjie meer as twee jaar *later – op 28 Oktober 2011 – het Mazibuko die middeltermyn-leiersverkiesing in die parlement gewen en die einste Trollip 50-33 geklop.
Mazibuko se oorwinning het bekend gestaan as “Ryan’s revenge”. Dit het egter nie lank gehou nie.
Mazibuko – sjarmant en wel ter tale – se verheffing tot leier van die opposisie was teen die tweede helfte van 2011 nie ’n verrassing nie. Daar was teen daardie tyd al meer as ’n jaar lank ’n aktiewe veldtog in die koukus onderweg om Trollip te vervang, terwyl Mazibuko se prominensie toenemend deur die partyleierskap bevorder is. More at http://www.dieburger.com/opinie/2014-05-20-da-donder-en-blits
Different view. Good article