Kommissie moet getal provinsies in SA hersien
2010-12-06 22:20
Tipies van 'n Afrika regering, sodra hulle sien hulle verloor bietjies mag dan doen hulle alles in hulle vermoë om dit te probeer behou. Ek laat my nie vertel dat hierdie niks uit te waar het met die feit dat die DA die Weskaap besit nie.
2010-12-06 22:20
Lizel Steenkamp
Kaapstad. – ’n Hersieningskommissie moet die toekoms van die nege provinsies ondersoek, het afgevaardigdes op die ANC se afgelope beraad oor provinsiale en munisipale regering besluit.
Mnr. Brian Sokutu, ANC-woordvoerder, het gister bevestig die na*sionale uitvoerende komitee (NUK) sal die beraad se besluit op sy volgende vergadering bespreek en ’n finale aanbeveling aan pres. Jacob Zuma doen.
Luidens die besprekingsdokumente van die beraad, wat Saterdag in Midrand afgesluit is, moet die ondersoek bepaal of daar van provinsies ontslae geraak, die getal provinsies verminder moet word en of die huidige struktuur behoue moet bly.
’n Voorlopige tydrooster bepaal dat die kommissie in Februarie aangestel sal word en ’n jaar lank navorsing oor dié “uiters emosionele en omstrede kwessie” sal doen. ’n Witskrif oor provinsiale en plaaslike regering sal teen April 2012 volg, waarna die ANC met ander politieke partye daaroor sal vergader.
Luidens die tydrooster voorsien die ANC dat voorgenome wysigings aan die Grondwet en ander wetgewing al teen Oktober 2013 – nege maande voor die volgende algemene verkiesing – afgehandel sal wees.
Die ANC voer aan die hersieningsproses is noodsaaklik, onder meer weens gebrekkige dienslewering en ondoeltreffendheid op provinsiale en munisipale regeringsvlak.
* Die ANC se grootste beswaar is dat hy van swak provinsiale regerings afhanklik is om nasionale regeringsbeleid (dit is die ANC se beleidsbesluite) in werking te stel.
So bestee provinsiale regerings bykans twee derdes van hul begrotings aan onderwys, gesondheid en maatskaplike dienste, maar dienslewering is meestal “onstabiel”. Dit hou gevolglik ’n “institusionele risiko in vir die stelsel en vir die ANC-regering se beleidsbesluite”.
* Provinsiale regerings misluk meestal om munisipaliteite te ondersteun omdat die provinsiale departemente vir samewerkende regering se personeel nie die nodige vaardighede en kennis het nie.
Die ANC erken die hersieningsproses se geloofwaardigheid is kritiek “en dat die kwessies veel wyer strek as net een politieke party se belange”.
’n Inklusiewe, deursigtige proses moet soveel moontlik politieke, maatskaplike en ekonomiese standpunte en die breë publiek betrek.
Tipies van 'n Afrika regering, sodra hulle sien hulle verloor bietjies mag dan doen hulle alles in hulle vermoë om dit te probeer behou. Ek laat my nie vertel dat hierdie niks uit te waar het met die feit dat die DA die Weskaap besit nie.