Mortymoose
Honorary Master
Yep! Swapo don't need trouble makers up here, we ain't Botswana you know...
Die Namibiese NEFF-party het Swapo die skuld gegee vir die inhegtenisneming van drie afgevaardiges van mnr. Julius Malema se EFF by die Hosea Kutako internasionale lughawe vanoggend. Probleme met hul visums is as die rede voorgehou.
Die groep is glo onder leiding van mnr. Mpho Ramakatsa, 'n lid van die Suid Afrikaanse party, die EFF. Hulle besoek Namibië vir die bekendstelling van die NEFF se verkiesingsmanifes môre.
Volgens die NEFF se nasionale koordineerder, mnr. Kalimbo Iipumbu, sal Malema eers mĂ´re met vyf ander mense in die land aankom.
Republikein se Jemima Beukes, wat die situasie vanaf die lughawe monitor, het pas laat weet die drie EFF-lede, wat al drie ook lede van die Suid-Afrikaanse parlement is, vrygelaat is.
Ramakatsa, asook die ander twee lede me. Magdalene Msamy en mnr. Andile Mngxitama (van links op die foto), is ná twee ure van aanhouding laat gaan.
Die NEFF het volgens inligting die hulp van die menseregteprokureur, mnr. Norman Tjombe, ingeroep.