Visser
Expert Member
- Joined
- Apr 13, 2010
- Messages
- 1,981
- Reaction score
- 623
https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/grondpryse-val-32-20180909
Die pryse van landbougrond het met 32% gedaal sedert die ANC in Desember besluit het om ’n mosie oor die onteiening van grond sonder vergoeding op sy leierskonferensie by Nasrec te aanvaar.
Die ekonoom Johann Bornman, wat die enigste gesaghebbende databasis van landbougrondtransaksies sedert 1994 saamgestel het, se jongste syfers toon die gemiddelde prys van landbougrond het landwyd gedaal van gemiddeld R13 700 per hektaar in Desember tot R9 318 per hektaar in Julie.
Donker voorspellings oor die uitwerking van die onteieningsdebat op die landbou-ekonomie is dus reeds besig om waar te word en kan nou veroorsaak dat boere in die komende somerseisoen aansienlik minder aanplantings kan doen, sê Bornman.