iBurst for sale....

who.is.michael

Expert Member
Joined
Aug 4, 2006
Messages
2,928
Reaction score
1
Location
Cape Town CBD
So you might see all red lights sooner than you thought, or maybe a properly managed service at last?

IBURST - Vodacom en Altech loop dalk voor.

ONDANKS die bestuurse halsstarrige pogings om berigte te ontken dat iBurst te koop is, wil bespiegeling dat 'n besliste aanbod vir die jong draadlose breebandte-lekommuniksasie-oplossing-verskaffer gedoen is, net nie gaan le nie. iBurst se aandeelhou-dingstruktuur bestaan uit die bestuurse Richtrau-swart-bemagtigingskonsortium se beherende belang van 60% en die waagkapitaalgroep Blue Label Investments se 40%. Noudat iBurst se draadlose aanbieding 'n betroubare alternatief vir SA se breebanddilemma bied, is dit g'n wonder dat dit die aandag trek van groepe wat op die jag uit is nie. Net 18 maande na sy bekendstelling het iBurst 30 000 intekenare op sy draadlose diens - 'n prysens-waardige prestasie as mens daaraan dink dat Sentech se draadlose breeband-aanbieding, MyWireless, wat eerste op die mark was, by sy hoogtepunt net 8 000 intekenare gelok het en nou waarskynlik nader aan die helfte daarvan is. Telkom se ADSL het die leeue-aandeel van die mark met 135 000, terwyl 3G-aanbiedings die res van die mark uitmaak. iBurst se grootste aantrekkingskrag is sy lisensie vir draadlose dienste en sy strategiese bates, soos die WiMax-spektrum en verskeie ander draadlose infrastruktuur landwyd. Thami Mtshali, uitvoerende hoof, wil nie kommentaar lewer op 'n moontlike verkrygingsaanbod nie. "Geen besliste aanbod is op die tafel nie - nog van 'n plaaslike nog van 'n internasionale maatskappy. Selfs al was dit die geval, is iBurst nie te koop nie." Ons is nie te koop nie. Thami MtshaU Vermy die iBurst-debat. Craig Venter As Mtshali se ontkennings 'n strate-gie is om meer tyd te kry om ****antryk vryers na 'n bodstryd te lok, bewys die groeiende aantal telekommunikasie-swaargewigte wat iBurst glo in die oog het, dat dit werk. iBurst maak nie sy finansiele beson-derhede bekend nie, wat dit moeiliker maak om regtig 'n waarde aan die maatskappy te heg. Daar is gerugte dat die genoteerde telekommunikasie-en-tegnologiegroep Altech en die sel-foonreus Vodacom in 'n stryd om iBurst gewikkel is. Mtshali verwerp dit as blote bespiegeling, maar ontken nie dat hy onlangs 'n reeks gesprekke met Vodacom se bestuur gevoer het nie. "Die bespreking het niks met 'n aan-bod vir iBurst te doen nie. Ons werk in dieselfde bedryf en daarom is dit bloot sinvol dat ons van tyd tot tyd met mekaar praat." Hoewel die mededingingskommissie dalk 'n bod van Vodacom vir iBurst kan verhinder, wil die telekommunikasie-ont-leder Arthur Goldstuck nie die moontlik-heid uitsluit dat Vodacom 'n kans het nie. " 'n Vodacom-aanbod vir iBurst kan deurgevoer word met miskien 'n paar voorwaardes daaraan gekoppel. "Met die dat SA se selfoonmark so mededingend word, kan draadlose breeband beslis 'n nuwe groeigebied vir Vodacom wees. Dis 'n onderneming wat konsekwent dubbelsyfergroei opgelewer het." Goldstuck het dalk meer hoop vir 'n Altech-aanbod vir iBurst. Gewapen met ****ant van R1.3 miljard (nadat hy onlangs 'n spesiale dividend van sowat R100 miljoen aan aandeelhouers uitbetaal het), vermy Craig Venter, uitvoerende hoof van Altech, die debat oor iBurst, maar bevestig dat hy geleenthede in draadlose breeband soek. "In Desember verlede jaar het Blue Label Investments hoer as Altech gebie om 'n belang van 40% in iBurst te verkry. Ons het vir 'n beherende belang van 51% gebie, maar iBurst se bestuur het op Blue Label Investments se aanbod vir 40% besluit - en dis algemeen bekend. Ek kan niks meer se as wat die publiek weet nie. Maar ek kan bevestig dat ons steeds na geleenthede op soek is." Naas Vodacom en Altech kan die swaargewig-internetdiensverskaffers Verizon Business SA en Internet Solutions volgens Goldstuck ook in iBurst belang stel. Nog IKT-spelers wat dalk belang sal stel, is Datacentrix en MWeb. Goldstuck slaan MWeb se kans egter nie hoog aan nie. "Sy moedermaatskappy, Naspers, het die ****ant om MWeb se bod te steun as hy belang stel, maar MWeb het gewoonlik nie sy eie stelsels nie. Hy gebruik eerder bestaande infrastruktuur en is daarom nie in die prentjie nie." Gary Morolo, uitvoerende hoof van Datacentrix, verkies organiese groei bo verkrygings - wat die maatskappy uitsluit. As dit nie daarvoor was dat hy op die punt van 'n Telkom-uitkoop gestaan het nie, meen Goldstuck dat Business Connexion in iBurst belang sou gestel het. CHIMWEMWE MWANZA [email protected]

- FINWEEK (Afrikaans) 09 Nov 2006 Page 81/82

**** = cash in afrikaans, word blocked for some reason.
 
Last edited:
hahaha.. jou konant is hier niks werd nie?. Ha.. they block out ****? yes.. seems they do.

En breebandte-lekommuniksasie-oplossing-verskaffer shoe.. dis nou 'n woord. maar breeband-telekommunikasie surely?

En beson-derhede??

Anyway, thanks for the article Micheal, didnt know this was still going on really. It looks possible..

And thank god that Mweb wont be likely to buy them out. Now trust me, MWeb would run the company worse.. and charge alot more.
 
Last edited:
Just the important bits please - is it Vodacom or Autopage that is buying?
 
No, no one is definitely buying. its just a besiegeling... um.. a thingy man.. Its just talk you know.. speculation, thats it.

But Altech already tried to get the 40% stake once before when BLI bought them out instead, which was actually a very good thing. But 60% of shares lie with a black empowerment consortium, so only 40% would be for sale, but that 40% is like a controlling stake I guess. Not really the business man myself.

Vodacom seem interested, but havent really said anything yet, while Altech say they are still looking for purchases in the telecommunications arena, and iBurst probably looks even more attractive now. The article claims 30 000 users on iBurst now.

Daar is gerugte dat die genoteerde telekommunikasie-en-tegnologiegroep Altech en die sel-foonreus Vodacom in 'n stryd om iBurst gewikkel is.

There are reports that the bla bla Altech and cellphone gaint Vodacom are in a battle to purchase/attain iBurst.
 
Last edited:
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X