Necuno
Court Jester
- Joined
- Sep 27, 2005
- Messages
- 58,566
- Reaction score
- 3,437
NANC, NSANC, HANC, HSANC ?
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2418827,00.html
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2418827,00.html
Jan-Jan Joubert
Kaapstad. – Oudpres. Thabo Mbeki gaan sy eie burgerlike drukgroep vorm om demokrasie te bevorder. Hy is glo uitgekuier met partypolitiek.
Hy het al toenadering van sowel die ANC as die te stigte wegbreekparty van die hand gewys.
Terwyl die land gons oor die inhoud van ’n brief wat hy vandeesweek aan die ANC gerig het en wat die ANC na die mening van sy binnekring selektief en in eie belang aanwend, het dit aan die lig gekom dat hy ’n boek beplan waarin hy sy kant van die saak kaalkop gaan stel.
Die boek kán nog voor die verkiesing verskyn.
Met alle oë oormôre op die Sandton-konvensiesentrum sal Mbeki nie daar ’n toespraak lewer nie. Mnr. Mbhazima Shilowa, ’n leier van die wegbreekparty, het hom genader, maar hy het die uitnodiging van die hand gewys.
Hy is blykbaar ook uitgekuier met die ANC.
Na verneem word, het hy so laat blyk in ’n onlangse gesprek met mnr. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, maar is hy verkeerd verstaan of sy mening is opsetlik verkeerd oorgedra.
Hy gaan eerder voort met die stigting van ’n burgerlike drukgroep, waartoe verskeie bruin en swart leiers, insluitend kerkmense en akademici, na verneem word bereid is.
Vergaderings word tans landwyd gehou en ’n aankondiging is na verwagting nie ver nie.
Intussen het die inhoud van sy brief begin uitlek.
In die brief aan mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, sê Mbeki nog die wegbrekers nog die ANC mag sy naam gebruik om hul doelwitte te bevorder.
Nadat Zuma en Mantashe dele van dié brief openbaar gemaak het, het Mbeki ook gister ’n afskrif aan mnr. Mosiuoa Lekota, nog ’n leier van die wegbreekparty, gestuur.
Lekota-ondersteuners was gister ontstoke oor wat hulle genoem het die selektiewe manier waarop die ANC uit die brief aangehaal het, en het gevra dat die party die hele brief bekend maak.
Me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het egter gister geweier en gesê die brief is vertroulik.
Op die laaste bladsy van die brief het Mbeki geskryf: “Kameraad Lekota en andere het nie met my gepraat oor hul optrede, of my instemming...versoek nie.
“Die ANC-leierskorps het my ook nie in hierdie opsig geraadpleeg of my reaksie gevra nie.”
Lekota het gister in ’n radio-onderhoud gesê die ANC het presies gedoen wat Mbeki nie wou gehad het nie: om die brief bekend te maak.
“Hulle het die brief gebruik om ’n idee te bevorder dat ons hierdie bose oppergesag is waarmee Thabo Mbeki nie geassosieer wil word nie.”
Lekota het gesê dit sal net regverdig wees om die brief openbaar te maak, maar nie of dit oormôre in Sandton gedoen sal word nie.