oldBastard
Expert Member
Beeld - JA vir casino in PTAJA vir casino in Pta
Pretoria kry nou wel sy eie casino.
Die Gautengse dobbelraad het Sun International Donderdag per brief laat weet sy aansoek is goedgekeur om sy dobbellisensie vir die Morula Sun-casino in Mabopane, noord van Pretoria, na die Menlyn Maine-kompleks in die ooste van die stad te skuif.
Graeme Stephens, uitvoerende hoof van Sun International, het in ’n verklaring gesê die skuif maak baie sin vir almal. “Die Morula Sun-casino maak ’n geruime tyd nie meer geld nie.”
Die nuwe Time Square-casinokompleks van R3 miljard sal bestaan uit ’n vyfsterhotel met 100 kamers en tien suites; ’n konferensiesentrum; binnenshuise arena met plek vir 8 000 mense; verskeie winkels, restaurante en kroeë; parkering vir 2 785 voertuie en ’n casino met 3 000 dobbelmasjiene en 100 dobbeltafels.
Sun International sal in die plek van Morula Sun ’n hotelskool en dobbelakademie bou in samewerking met die Universiteit van Nevada in die VSA.
Die huidige personeel sal die opsie gegee word om by die nuwe casino te werk.
Busse sal die werknemers van die Mabopane-omgewing na die nuwe ligging aanry.
Sun International het gesĂŞ bouwerk sal so gou moontlik *begin.
Een van die grootste besware teen die verskuiwing van die casino na Menlyn Maine is dat dit direk aan die Glen High School sal grens.
Openbare verhore is in April by die NG kerk Moreletapark gehou waar verskeie mense wat teen die casino gekant is hul besware daarteen kon laat hoor.
Sowat 6 000 besware is destyds ingedien. Onder hulle is groot gemeenskapskerke in die ooste van Pretoria, skole, kolleges, aftreeoorde en sakeondernemings.
Nog besware sluit in geraasvlakke, dat die verkeer drasties sal toeneem en dat dwelmverslawing ook sal toeneem.
So Morula Sun will be moved to Menlyn (well the license) and the existing building in Mabopane to be converted into a gambling academy & hotel school in-conjunction with the Uni of Nevada.
Good move. Like Monte I presume there will be a lot of other activities other than just gambling.
