Noordskool attack: Lethuli deadlock spills over

Grasmuis

Senior Member
Joined
Jun 1, 2009
Messages
815
Reaction score
5
Location
Wilgeheuwel
POLOKWANE – A deadlock situation at Lethuli Combined School in Seshego yesterday spilled over into an attack at Laerskool Pietersburg Noord during which eight learners were assaulted.

According to principal Attie Visagie, a bus full of learners, as well as adults arrived in a bus marked in the signage of Lethuli Park Combined School, and stormed into the school yard.

“They ran through the administration offices and school and toyi-toyi’ed, throwing chairs all over.”

He confirmed that eight learners from Noordskool were attacked. Staff acted immediately by locking classroom doors and chasing intruders off the premises.

Earlier this week, the Lethuli School Governing Body, headed by Clifford Mohloana, showed up at Lethuli in ANC and Sasco wear during an oversight visit from the DA. According to DA provincial leader Jacques Smalle, Mohloana added to an already hostile situation by confronting and chasing off the school premises one of the school’s HOD’s. According to Smalle, Mohloana defied the education MEC, Ismael Kgetjepe, when he was contacted to intervene in the situation.

Learners at Lethuli have for some time not been attending school or receiving classes.

Yesterday, Mohloana posted the following message on Facebook: Today laër skool pietersberg was brought to a stand-still by luthuli school kids. discomfort anywhere threatens comfort everywhere. An injury to 1 is an injury to all. (sic)

He has been vocal on social media, saying the DA will not use “their base to establish a school in our area”, and claiming to have support from the MEC.

Meanwhile, Visagie thanked all those who supported Noordskool, saying the principal and staff would do everything in their power to protect learners at the school.

She said the police are looking into the situation.

Noordskool will have a press conference at 12:00. More information will follow.

Mohloana could not immediately be reached for comment.

http://reviewonline.co.za/105731/8-pupils-attacked-at-noordskool/
 
Onderrig by die Laerskool Pietersburg-Noord in Polokwane is Woensdag erg ontwrig toe ouers en leerders van ʼn laerskool in Seshego die skoolperseel binnegekom het, tafels en stoele rondgegooi
en enkele leerders rondgestamp het.


Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 12:40 plaasgevind toe die ouers en leerders met geweld hul pad tot op die skoolterrein oopgedwing het. “Onderwysers by die skool het vinnig gereageer deur hul klaskamers te sluit en te wag vir die polisie om op te daag. Toe die polisie opdaag, is die betogers verjaag en orde herstel,” het Otto gesê.


Otto wou nie die skole se name noem nie, maar ʼn betroubare bron van Laerskool Pietersburg-Noord het bevestig dat die betogers van Luthuli Primary School was. Volgens die bron was die ouers en leerders van die skool ongelukkig omdat hulle meen die departement van onderwys gee nie gehoor aan hul versoek vir lessenaars, stoele, handboeke en ander benodigdhede nie. Hulle het dus probeer om tafels en stoele van Laerskool Pietersburg-Noord weg te dra, maar kon nie daarin slaag nie.


Die betogers het ook daarop aangedring om die LUR van onderwys se dogter te sien, hoewel sy nie ʼn leerder van Laerskool Pietersburg-Noord is nie. Op ʼn vraag hoekom hulle dit doen, het een van die betogers glo ʼn onderwyser van Laerskool Pietersburg-Noord toegesnou, “Because you’re white!”.


Attie Visagie, skoolhoof van Laerskool Pietersburg-Noord, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Ons sal formele klagtes teen die skoolhoof en die beheerliggaam van die betrokke skool lê wat die voorval georkestreer het en vir die aanrandings en ontwrigting van onderrig verantwoordelik was,” het Visagie gesê. “Daar is geen manier hoe sulke gedrag geregverdig kan word nie. Ons skool het ook nie altyd genoeg handboeke nie, maar ons maak ʼn plan en rol boeke af soos nodig. Ons bars nie by ʼn ander skool in en ontwrig hul onderrig nie.”


Otto het gesê geen beserings is aangemeld nie en daar is in dié stadium geen aanklagte aanhangig gemaak nie.

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus...po-laerskool-toe-betogers-perseel-binnestorm/
 
Die veiligheid van Polokwane-leerders is onder die soeklig na ‘n beweerde voorval gister (Donderdag) by ‘n plaaslike laerskool waartydens jong leerders en leerkragte vermoedelik aangerand is toe ‘n groep vermeende jeugdige aanvallers glo wederregtelik toegang tot die perseel verkry het.
Die hoof het die voorval bevestig en aangedui dat hy egter eers teen vanmiddag, nadat hy met die skool se beheerraad vergader het, inligting beskikbaar kan stel.

‘n Bekommerde ouer het Polokwane Observer ingelig dat leerders toegetakel is toe die groep van meer as 15 lede na bewering eers by ‘n badkamer en toe in klasse ingestorm het.
Wat die meeste indruk gemaak het was ‘n vermeende aanvaller geklee in ‘n T-hemp met die African National Congress (ANC)-embleem en ‘n fluitjie, het die bron gesê. Een van die aanvallers sou glo verklaar het “Julle wittes is klaar in hierdie land”.

Beweringe dat dieselfde groep wat Woensdagaand protes by die parlementêre woonkompleks aangeteken het oor omstandighede by Luthuli Park Combined School met die voorval verbind kan word, is met Luthuli Park Combined School se beheerliggaamvoorsitter, Clifford Mohloana opgeneem.

Mohloana het ontken dat enigiemand by die skool in Polokwane aangerand is, maar daarop gewys dat leerders die perseel betree het om by die klasse aan te sluit omdat hulle nie klasse by hul huidige skool het nie. Indien die LUR vir Onderwys, Ishmael Kgetjepe nie vandag hul probleme oplos nie sal hulle hul na ander skole wend, het hy benadruk. “Ons probeer skole vind waarna Kgetjepe omsien.”

Die woordvoerder van die department van onderwys, Naledzani Rasila, sê die voorval word as ‘n kriminele insident beskou en sal deeglik ondersoek word. Volgens hom word die voorval verbind met dieselfde groep geaffilieer met Luthuli Park Combined School wat verantwoordelik was vir protesaksie by die parlementêre woonkompleks Woensdagaand.

Die department het sy sekuriteit-, risiko– en skoolveiligheidsafdeling versoek om Luthuli Park Combined School vandag te besoek om agter die kap van die byl te kom en daarna sal hulle ouers van die skool oor die pad vorentoe toespreek, het hy gesê.
Die polisie was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

http://www.observer.co.za/aanval-by-plaaslike-skool-wek-kommer/
 
Last edited:
1.) Why do the school names change between the articles? Lethuli Combined School, Luthuli Primary School, Laerskool Pietersburg Noord, Noordskool.

2)
Indien die LUR vir Onderwys, Ishmael Kgetjepe nie vandag hul probleme oplos nie sal hulle hul na ander skole wend, het hy benadruk. “Ons probeer skole vind waarna Kgetjepe omsien.”

So now you're gonna terrorise every school you'll find?


3.)
Die betogers het ook daarop aangedring om die LUR van onderwys se dogter te sien, hoewel sy nie ʼn leerder van Laerskool Pietersburg-Noord is nie.

What the f**k is this all about? :wtf:
 
1.) Why do the school names change between the articles? Lethuli Combined School, Luthuli Primary School, Laerskool Pietersburg Noord, Noordskool.

Lethuli Combined School/Primary School kids and teachers went to Laerskool Pietersburg Noord and attacked the kids
 
3.)


What the f**k is this all about? :wtf:

They don't have desks and chairs at their own school and tried to steal some from Laerskool Pietersburg, so basically they busy with practical for SA new subject "Looting"

Volgens die bron was die ouers en leerders van die skool ongelukkig omdat hulle meen die departement van onderwys gee nie gehoor aan hul versoek vir lessenaars, stoele, handboeke en ander benodigdhede nie. Hulle het dus probeer om tafels en stoele van Laerskool Pietersburg-Noord weg te dra, maar kon nie daarin slaag nie.

Google translate - According to the source, the parents and pupils of the school is not because they think the Department of Education does not respond to their request for desks, chairs, textbooks and other necessities not. So they try to take tables and chairs of Primary Pietersburg North, but could not succeed
 
Last edited:
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X