http://praag.co.za/nuus-magazine-40...e-400/8676-onderwysers-verkrag-leerlinge.htmlVier onderwysers van die Filadelphia hoërskool vir gestremde kinders in Atteridgeville is afgedank nadat dit aan die lig gekom het dat hulle gestremde leerlinge verkrag het.
Die Gautengse Onderwysdepartement het raadslede na 'n skool in Atteridgeville gestuur om ondersoek in te stel.
Dit is dieselfde skool waar die adjunkminister van Openbare Werke, Hendrietta Bogopane-Zulu, gesê het sy is meer as 20 jaar gelede verkrag.
Klaarblyklik het die onderwysers 'n aantal leerlinge verkrag. Die saak is nou na die Suid-Afrikaanse Onderwysraad verwys, wat die bevoegdheid het om onderwysers van die register te verwyder.
Hoekom is hulle nie in die tronk nie?