blunomore
Honorary Master
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/pta-tiener-dalk-ontvoer/
Joyline Pretorius (15), ʼn meisie van Pretoria, word al langer as ’n week vermis.
Pretorius, ʼn leerling aan die Hoërskool Hercules in die weste van Pretoria, is verlede week Dinsdag vir die laaste keer by haar skool gesien, het LookLocal Pretoria Moot Vrydag berig.
Volgens Joyline se pa, Jaco Pretorius, het sy dogter die oggend soos gewoonlik saam met die saamryklub vertrek, maar nie weer huis toe gekom nie. “Toe my dogter uit die huis gestap het, het sy vir my gesê, ‘sien Pappa vanmiddag,’ maar sy het nie teruggekom nie,” het Pretorius gesê.
Die bestuurder van die saamryklub het vir Jaco gesê dat hulle ná skool oral na Joyline gesoek het, maar haar nie kon vind nie. Hy het toe aangeneem dat haar pa haar self kom oplaai het. Niemand by die skool het glo iets gesien of onraad vermoed nie.
Sy die laaste keer by die skool in haar skooluniform gesien. Die polisie het Vrydag bevestig hulle ondersoek nou ‘n saak van ontvoering.
Mense met inligting oor waar sy haar mag bevind, kan sersant Christo Mollendorf bel by 082 762 5316 of 012 377 4100.