PTAWUG Nuusbrief Somer 2009

protzkrog

Expert Member
Joined
Jan 25, 2007
Messages
1,176
Reaction score
0
Location
Pretoria
English version: http://mybroadband.co.za/vb/showthread.php?t=155824

PTAWUG Nuusbrief - Somer 2009


Goeiedag,

Jy kry hierdie nuusbrief omdat jy of aan PTAWUG gekonnekteer is of dat jy op 'n stadium daaraan gedink het, of nog steeds daaraan dink, om by PTAWUG aan te sluit.

Uit 'n klein begin met 4 gebruikers in Pretoria-Oos in Augustus 2007 het PTAWUG tot 239 gebruikers regoor Pretoria gegroei. Dit het plaasgevind deur die onbaatsugtige samewerking van die meeste van die lede - nie net fisiese werk nie, maar ook donasies om toerusting vir die highsites te koop. Dankie aan almal wat in hierdie tyd op enige manier tot PTAWUG se groei bygedra het.

Van PTAWUG se Noordelikste highsite: Bultfontein (30km noord van die Magalies) tot Suidelikste: The Reeds (onder in Centurion) is 47km soos die kraai vlieg, maar 112km soos die backbone links loop. Dit is net wonderlik om data teen geen koste oor die afstand te kan stuur oor 'n netwerk wat ons self gebou het.

In November het PTAWUG en Jawug 'n gesamentlike vergadering in Kyalami gehou, waar daar 92 mense teenwoordig was, om oor elke netwerk se interne sake te praat maar ook oom te praat oor 'n gesamentlike netwerk bv. GAUWUG te vorm. Daar is besluit dat daar nog nie genoeg s***els tussen die netwerke is om dit een groot netwerk te noem nie, en dat die werkswyses en bestuursmodelle van die netwerke te veel verskil. PTAWUG en Jawug werk wel al van dag 1 af saam en het 'n baie goeie verhouding. mybroadband.co.za het ook R2000 se bier geborg by die vergadering.


Toerusting:
Nuus van ons voorsieners se kant is dat MIRO vir ons 'n spesiale aanbod gemaak het op die PTAWUG standaard toerusting - Routerboard 433, R52 radio, 27dbi 5.8ghz Grid en die res van die kabels vir R2330 incl VAT. Dit is so R100 goedkoper as by Scoop. Om kwotasies op enige toerusting te kry: stuur 'n email vir [email protected] of [email protected] - sĂŞ hulle net dat jy van PTAWUG is.

Die pryse op www.scoop.co.za is die pryse wat PTAWUG betaal, MIRO se pryse wissel van week tot week so die beste is om 'n kwotasie te kry.
Die prosedure om toerusting te koop: Kry 'n kwotasie, doen EFT en stuur bewys na die verskoopspersoon, ry MIRO of Scoop toe en tel die toerusting op.

PTAWUG kry 10% "rebate" op alles wat op ons rekenings by scoop en miro gekoop word, daardie geld word dan gebruik om nuwe highsites op te sit en huidiges te onderhou en te verbeter.

Die PTAWUG standaard toerusting bevat 'n Routerboard 433 - die routerboard kan 3 radios hanteer, dus kan 'n mens 3 antennas gelyk hardloop - dit stel jou in staat om na meer as een highsite te konnekteer of om vir ander gebruikers wat nie 'n highsite kan sien nie dekking te verskaf. Dit is dus in die wug-gees om 'n 433 te koop om jou mede-wuggers te help en ook die netwerk uit te brei en verbeter.


Seintoetse:
PTAWUG beskik oor twee stelle mobiele seintoetstoerusting. Indien jy wil konnekteer maar eers wil sekermaak of jy sein het (as jy nie fisies die highsite kan sien nie). Kan jy met Hellhound - [email protected] reel as jy in Pretoria area is en met sense - [email protected] as jy in die Centurion area is. Stuur hulle jou adres en selnommer.


Wugmeet:



Nuwe Highsites:
  • Ons kan nou sĂŞ dat die grootste deel van Pretoria PTAWUG dekking het, alles behalwe die middestad en Pretoria Wes.
  • Daar word gepoog om soveel as moontlik highsites aan mekaar te s***el om die oortolligheid te verbeter.
  • Alle nuwe highsites en projekte wat PTAWUG moet befonds is gelys op http://www.ptawug.co.za/content_list_18 - as jy 'n donasie wil maak of wil help met 'n projek ****ak asb die relevante persone.
  • Olympus: Die highsite dek die Olympus en Faerie Glen areas op 5.8ghz - die vallei was lank 'n probleem area vir PTAWUG, maar deur samewerking en goeie belanning en donasies het ons laasmaand die site opgekry. Dit s***el aan Constantia Park en epox.
  • Die Wilgers: Een van die PTAWUG highsites waarin die meeste bloedsweet ingegaan het. Dis 'n 1.2km stappie tot bo op die Bronberg deur die bosse en klippe. Bo staan daar 'n 6m staaltoring wat 27 jaar gelede opgesit is en later laat val is. Ons het die toring reggemaak, pale aangesit om toerusting aan vas te maak. Die eienaar van die eiendom het goedgunstelik vir ons 400m se 220V kragkabel tot bo gelĂŞ. Die toring koppel 'n menigte gebruikers en ander highsites aanmekaar.
  • Boneschans: 'n Highsite onder in Elarduspark by DenSweep se huis, hy het 'n 15m toring gekoop en dit langs die huis staangemaak, die site gee nou dekking vir Pierre van Ryneveld, Monument Park en dele van Centurion. Hierdie is die manier hoe die netwerk uitbrei.
  • Rietvallei: Een van die torings langs die R21, ons toerusting is 24m op, RV s***el Pretoria en Centurion aan mekaar en gou ook Johannesburg. Die eienaar van die eiendom het ons, as n nie-winsgewende organisasie, toegang gegee om die toring te gebruik. Ons het ook 'n battery stelsel daar wat die site vir 2 dae kan dryf as Eskom die krag sou afsit. RV gee ook dekking in die R21 vallei af.
  • Lyttleton:'n Goeie voorbeeld van 'n gebruiker - Rexus - wat inisiatief geneem het en 'n 15m toring in sy erf opgesit het. Deur die toring kan 'n klomp gebruikers soos bokwortel, wat al 3 jaar sukkel, nou konnekteer.


Beplande Highsites en S***els:
  • Derdepoort: Op 'n plot in die noorde - vanaf die site kan ons Magalieskruin, Pretoria Noord, Hermon, Die Wilgers, Silverton en die nuwe Montana Park site sien. Dit sal dus nog 'n s***el tussen die twee areas kan word en die spoed en oortolligheid verbeter. Hook is in beheer van die beplanning van hierdie projek.
  • Pretoria Wes: 'n Woonstelblok in PTA Wes wat moontlik aan Riveria kan s***el - van daar af sal ons Proclamation Hill, Kwaggasrand en Danville kan dek.
  • Pretoria-Witbank: 'n Projek wat deur winnie gelei word, dis n 70km link, daar is skoon line of sight, maar dit moet nog getoets word.
  • Montana Park: Xerxes beplan die projek - die highsite sal Montana Park, Montana Tuine en Doornpoort kan dek en ook nog oortolligheid verskaf in die noorde.
  • Hermon-Riveria: Ons beplan om van die Hermon highsite in Pretoria Noord deur die poort na Riveria te koppel, nie oor die berg nie, maar deur die berg.
  • Opgradering van Pin Oak: bashTux is besig om 'n 15m toring in sy agterplaas te plant om the 6m paal te vervang, dit sal beter line of sight bied en ook makliker maak om antennas te align.


Benodigde Highsites:
  • Waterkloof/Erasmusrand: Om die s***eling tussen die Pretoria en Centurion areas te verbeter benodig ons soveel as moontlik highsites op die rant tussen die twee - Erasmusrand en Waterkloof - indien jy enige iemand ken wat daar woon en wat altwee kante van die rant kan sien, mail asb vir [email protected]. Die probleem is nie die geld wat die site gaan kos nie, maar om toestemming te kry by iemand om toerusting op sy dak te sit.
  • Groenkloof: Om die ou-ooste deel van die stad en ook die middestad te dek benodig ons 'n huis of gebou hoog bo in Groenkloof, die huidige Groenkloof site se eienaars is nie meer tevrede met die toerusting op hulle dak nie.
  • Indien jy self teen 'n hoĂ« rant bly en 'n goeie uitsig het, of iemand ken wat bo-op 'n rant bly of eiendom besit, laat weet ons, want ons kan dit maklik gebruik as 'n highsite.


Indien jy enige vrae het of enige iets anders met PTAWUG wil kommunikeer, stuur 'n e-pos aan [email protected]


Vriendelike Groete

Pretoria Wireless Users Group

Web: www.ptawug.co.za
e-pos: [email protected]
IRC: irc.ptawug.co.za #ptawug (of irc.jawug.za.net #ptawug)
 
Last edited:
Wow! Dis frikken awesome. Ekt nie besef daar gan so baie aan nie. En ons het 250 users bereik! GG
 
Baie mense wat voorheen wou connect, maar het nie LOS gehad na 'n High site toe, het nou , na die nuusbrief, besef dat hulle wel nou kan connect.

As jy in PTA bly. Volg die getting started guide op www.ptawug.co.za. PTAWUG dek nou 'n baie groot deel van PTA.

:)
 
die freakin s***el wat julle sien is "s k a k e l" soos in link, maar die forum sien die middelste deel as n lelike woord :(
 
waiting for olifants fontein SILO link, before i can connect :(
 
Kan jy nie Trustbank of Rietvallei (PTAWUG) sien nie Keeper ?

nope...ek val net agter die TB beam, en het ook nie LOS nie...

wag maar vir SILO of mooifontein... julle beter net daai beams mooi mik hoor! :D

sal bietjie check vir Rietvallei vanaand, thanx.
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X