^
Verlate staan die kragpale sonder dradeSwart lê die teerpaaie vol gateGelukkig is daar nog kragpaleOngelukkig sonder dradeGelukkig is daar nog teerpaaieOngelukkig vol gateEn sal hulle die ys uit An…
romantiseer.wordpress.com
Verlate staan die kragpale sonder drade
Swart lê die teerpaaie vol gate
Gelukkig is daar nog kragpale
Ongelukkig sonder drade
Gelukkig is daar nog teerpaaie
Ongelukkig vol gate
En sal hulle die ys uit Anartica
en al die sand in die Sahara
en die bome in Amerika
en die stene van die groot muur in China
kan wegdra
O Afrika
klaar weggedra
O Afrika
klaar weggedra
Gelukkig lê daar nog spoorlyne
Ongelukkig waars die treine
Gelukkig is daar nog tronke oor
Ongelukkig is hulle altyd uit op parool
Gelukkig het ons nog televisie
Ongelukkig niks meer in Afrikaans nie
Gelukkig woon ons nog in huise
Ongelukkig met tralies voor die ruite
Gelukkig hy het water en elektrisiteit in
Ongelukkig betaal ons ook vir hulle sin
En sal hulle die ys uit Anartica
en al die sand in die Sahara
en die bome in Amerika
en die stene van die groot muur in China
kan wegdra
O Afrika
klaar weggedra
O Afrika
klaar weggedra
Gelukkig kan ons nog dokter toe gaan
Ongelukkig wie kan die dokter verstaan
die dokter is dan ‘n Kubaan
Gelukkig is daar ‘n goeie hospitaal
Ongelukkig sal jy lê en doodgaan in die voorportaal
voor jy kan in kom meot jy eers betaal
Gelukkig is daar nog goeie banke oor
Ongelukkig kan jy als in die bank veloor
saamgebou saam geverloor
En sal hulle die ys uit Anartica
en al die sand in die Sahara
en die bome in Amerika
en die stene van die groot muur in China
kan wegdra
O Afrika
klaar weggedra
O Afrika
klaar weggedra
Gelukkig dat daar nog skole oor is
Ongelukkig dat hul Gr1 leerders so groot is
Gelukkig kan ons nog blog skrywe
Ongelukkig is dit swaar op die bandwydte
Gelukkig het ons atlete by die Olimpiese spele
Ongelukkig het hul min medaljes verseker
Verlate staan die kragpale sonder drade
Swart lê die teerpaaie vol gate