Nicodeamus
Honorary Master
- Joined
- Sep 20, 2006
- Messages
- 14,477
- Reaction score
- 4,530
‘Hitler was nie so sleg’
Leopold Scholtz
Den Haag. – Mnr. Franz Jooste en sy “kommandokorps” wat jong wit Suid-Afrikaners “oplei” om hulle teen swart mense te verdedig was tien dae gelede die onderwerp van ’n TV-dokumentêr in Nederland.
Die program is uitgesaai deur die Evangelische Omroep (EO), ’n ortodoks-protestantse omroeper wat Afrikaans goedgesind is.
In die program is Jooste te sien in die velduniform van ’n kolonel in die ou Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), met dieselfde rangkentekens en medaljelinte as destyds.
Hy beweer hy het onder meer in Namibië en Angola in die Grensoorlog geveg.
Sy “kadette” dra ook ou SAW-velduniforms.
Mnr. Bart Bouwman, ’n student aan die Rijksuniversiteit Groningen wat betrokke is by verskeie pro-Afrikaanse aksies in Nederland, het ’n blog geskryf oor die reaksies wat op Twitter te sien was terwyl die program uitgesaai is.
Volgens Bouwman se blog was die Twitter-reaksies aanvanklik heel geskok oor die wrede moorde op wit plaasboere.
Van die “twieps” (mense wat getwiet het) het laat weet Nederlanders bekommer hulle oor hul eie onbeduidende probleme, maar dié in Suid-Afrika is veel erger.
Daarna is gewys hoe “kol.” Jooste die jong wit mense oor rasseverskille toespreek. Hy het onder meer beweer swart mense is minderwaardig en leef soos diere, maar mense moet hulle nie haat nie.
Daarna het Jooste beweer die “Ariese ras” het fantastiese leiers voortgebring, soos Alexander die Grote, Napo*leon, Otto von Bismarck en Adolf Hitler.
Ná dié “les” het die programmaker hom gevra wat hy van Hitler dink.
“Nee, Hitler was nie so sleg nie,” het Jooste geantwoord.
“En wat dan van die massamoord op 6 miljoen Jode?” is gevra.
“Dit het nie plaasgevind nie, want die Duitsers het nie genoeg steenkool gehad om só baie mense te verbrand nie,” het Jooste gesê.
Luidens Bouwman se blog het dit die aanvanklik simpatieke reaksies op Twitter heeltemal laat omswaai.
Woorde soos “bisar” en “verbysterend” het gevlieg. Een het gesê ’n week in Auschwitz sal Jooste goed doen.
Nog iemand het getwiet: “Afrikaners zijn nog steeds racisten. Zij veroorzaken het probleem. Kolonel rijp voor het gesticht.”
Bouwman sluit sy blog af: “Dis hard vir die baie mense wat werk om die verhoudinge tussen Afrikaners en Nederlanders te verbeter.”
“Jooste het 18 jaar se harde werk binne twee minute vernietig,” meen Bouwman.
’n Videogreep van die kinders wat op ’n regse kamp in Mpumalanga “opgelei” is.
‘Randfigure’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die vergrype by die Kommando-korps se “opleidingskampe” ten sterkste veroordeel.
Dit is onverskoonbaar dat kinders “mishandel en blootgestel word aan die verdraaide rassistiese denkraamwerk van ’n klein groepie randfigure,” het mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.
“Die meeste Afrikaners is gematigde en beskaafde mense wat trots is op hul kulturele identiteit, maar terselfdertyd lede van ander kultuurgemeenskappe respekteer.
Dit is jammer dat ’n klein groepie randfigure se optrede telkens gebruik kan word om alle Afrikaners in ’n slegte lig te probeer stel.”
This guy is also a holocaust denier..and just a plain lunatic. Luckily every sane organization in this country has condemned the camp