Seun gee sy ma die genadedood (euthanasia)
Ek dink dit is hoogtyd dat hulle dit wettig maak in Suid-Afrika. To me it more cruel to let someone suffer on the 'hope' that a chronic illness might be cured than to practice euthanasia. I believe the decision should be done by a panel of experts and not the family, but it is about time they legalize this.
Marelize Barnard
Kaapstad. – Prof. Sean Davison het sy ma aan die einde van haar lewe gehelp om te sterf, “nié sodat hy later daaroor ’n boek kon skryf nie, maar omdat hy lief was vir haar”.
Davison, wat in Nieu-Seeland teregstaan op ’n klag van poging tot moord weens sy hulp met die genadedood van sy ma, het eergisteraand in Kaapstad aangekom en gister ’n mediakonferensie gehou op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), waar hy hoof is van die forensiese laboratorium by die departement biotegnologie.
Prof. Brian O’Connell, UWK-rektor, was aan Davison se sy tydens die mediakonferensie.
O’Connell het hard gewerk om Davison terug in Suid-Afrika te kry en ’n skriftelike pleidooi gerig aan die Nieu-Seelandse hooggeregshof om Davison se borgtogvoorwaardes te verander sodat hy kon terugkeer om sy akademiese pligte by die universiteit na te kom.
Op sy beurt het Davison gister gesê dit was nie vir die Nieu-Seelandse hof ’n maklike besluit dat hy daardie landsgrense kon verlaat nie. Daar was vantevore geen soortgelyke geval in die Nieu-Seelandse regsgeskiedenis om ’n persoon wat op so ’n ernstige aanklag teregstaan, toe te laat om die land te verlaat nie.
Daar is ook geen uitleweringsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland nie. Davison meen O’Connell se brief (met die ondersteuning van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu as kanselier van die UWK) was deurslaggewend vir sy veranderde borgtogvoorwaardes.
“Ek verstaan dat die reg sy beloop moet neem, so ek sál terugkeer na Nieu-Seeland om tereg te staan op die aanklag van poging tot moord.”
Davison het sonder aarseling die vrae oor sy aandeel in sy ma se genadedood beantwoord.
“Ek het al baie foute gemaak. Ek het al goed gedoen wat ek nie moes nie. Ek het al goed gesê wat ek nie moes nie. Ek het baie om voor verskoning te vra, maar om my ma te help, was nié ’n fout nie.”
Davison het gesê dít wat hy gedoen het om sy ma aan die einde van haar lewe mee te help, het hy uit liefde gedoen.
“Ek het dit nie gedoen om ’n boek te skryf of om ’n martelaar te word vir die doel om wetgewing te verander nie. Ek het ook geen bedoeling gehad om ’n veldtog te steun om die wetgewing oor genadedood te verander nie.”
Davison het erken hoe sy lewe sedertdien omvattend verander het.
“Baie mense sterf onwaardig. Dit kan gekeer word indien die wet anders was. Ek sien nou hoe belangrik dit is dat mense wat terminaal siek is, beheer het oor hul eie dood.”
Davison en sy ma, dr. Patricia Ferguson.
Genadedood
Meer oor die genadedood van dr. Patricia Ferguson:
* Prof. Sean Davison het verlede jaar in ’n boek getiteld Before We Say Goodbye beskryf hoe sy ma, dr. Patricia Ferguson, hom gevra het om haar te help sterf.
* Terminale verspreide kolonkanker is in 2004 by Ferguson, ’n afgetrede algemene praktisyn en psigiater, gediagnoseer.
* Davison is in 2006 na Nieu-Seeland om sy ma by te staan. Sy is in Oktober van daardie jaar op 85-jarige ouderdom oorlede ná ’n dodelike dosis morfien.
* Voor haar afsterwe het Ferguson ophou eet in ’n poging om te sterf.
* Davison het vanjaar sy familie in Christchurch besoek en is in September gearresteer.
Ek dink dit is hoogtyd dat hulle dit wettig maak in Suid-Afrika. To me it more cruel to let someone suffer on the 'hope' that a chronic illness might be cured than to practice euthanasia. I believe the decision should be done by a panel of experts and not the family, but it is about time they legalize this.
Last edited: