Thy Holy ANC

House

Banned
Joined
Aug 17, 2006
Messages
5,482
Reaction score
0
Location
127.0.0.1
Die drieparty-alliansie is soos die Heilige Drie-eenheid, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Hy het gister in Wedela buite Carletonville gepraat en gesê “die organisasie is Bybels, met alle respek”.

“Kyk na die getal drie, die Heilige Drie-eenheid en die drieparty-alliansie.
“Die nommer drie is baie belangrik, so ook die nommer 12.
“Jesus het 12 dissipels gehad en die ANC het in sy eerste 100 bestaansjare 12 presidente gehad.”

Mantashe was die hoofspreker op ’n politieke byeenkoms van die National Union of Mineworkers (NUM) in die Carletonville-streek.

Honderde inwoners het die Wedela-gemeenskapsaal volgepak om na hom te luister.

“Ons het ook ons eie Moses,” het hy gesê.

“In 1993, ’n week ná die sluipmoord op Chris Hani, is Oliver Tambo dood, waarna Nelson Mandela ons in 1994 deur die rivier gelei het (soos Moses die Israeliete deur die Rooi See uit Egipte gelei het).”

Mantashe het die ANC se suksesse gelys en gesê dít is waarom Suid-Afrikaners in die 2014-verkiesing vir sy party moet stem.

“Dít is die storie wat ons vir die mense gaan vertel. Ons gaan nie sê: ‘Stem vir die ANC omdat dit lekker is’ nie.
“Nee, ons sê: ‘Stem vir die ANC omdat daar ’n goeie storie is om te vertel oor die laaste 20 jaar.’ ”

Numsa, die grootste enkele vakbond in die Driepartyalliansie, is deel van die anti-Zuma-faksie en dreig om nie volgende jaar vir die ANC te stem nie. In die Carletonville-streek het die NUM die laaste jaar of wat duisende lede aan Amcu afgestaan, wat verdere verliese vir die ANC in 2014 kan beteken.

Mantashe het gesê mense moenie dink hulle kan die drieparty-alliansie vernietig nie.

“Dit is nou hoogmode vir mense binne die organisasie om ander op te sweep in die hoop dat daar uit die karkas van die organisasie iets nuuts na vore sal kom. Al wat uit ’n karkas kan kom, is ’n maaier wat ’n vlieg word en ’n kort lewensduur het.

“Dit staan nie ’n kans teen die dier nie. Dié mense wil op die karkas van die ANC teer.”

Hy het uitgevaar teen mense wat die ANC kritiseer.

“Hulle moet na die feite kyk en nie kritiseer omdat hulle nie van Zuma hou nie, of nie van Mantashe hou nie, of bloot omdat dit mode is om die ANC te kritiseer nie.

“Jy kan nie alliansie-vennote hê wat net daar is in die goeie tye, maar lede van die opposisie raak wanneer daar probleme is nie.”

. . .

ANC en godsdiens: ’n Geskiedenis van omstrede uitsprake

Februarie 2011: Zuma: “Wanneer jy nie vir die ANC stem nie, moet jy weet jy kies die man wat ’n vurk dra . . . As jy ’n ANC-lidmaatskapkaart het, is jy geseënd.

“Wanneer (Jesus) ons kom haal, sal hulle swart, groen en goud dra; die heilige een behoort aan die ANC.”
Oktober 2013: Zuma: “Of ons nou daarvan hou of nie, God het ’n verbintenis gemaak tussen die regering en die kerk.

“Dit is waarom Hy sê julle as ’n kerk moet daarvoor (vir die ANC) bid.”

Mei 2008: Pres. Jacob Zuma: “Dit (die ANC) is selfs geseënd in die hemel.

“Dit is waarom ons sal regeer totdat Jesus terugkom.”

Could not find an English version as yet.

http://www.beeld.com/nuus/2013-11-03-anc-alliansie-is-heilig-bybels

Holy ascholes!
 
They even got their own devil - Zuma!

Sad to see how a supposed senior man still reasons like a child. Even sadder that most of the electorate will believe this crap.
 
Last edited:
According to the article they are depicting mandela as their moses. I would have thought them rather depicting him as their jesus. If they did, mandela had a lot to worry about his end then....
 
Die drieparty-alliansie is soos die Heilige Drie-eenheid, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.

Hy het gister in Wedela buite Carletonville gepraat en gesê “die organisasie is Bybels, met alle respek”.

“Kyk na die getal drie, die Heilige Drie-eenheid en die drieparty-alliansie.
“Die nommer drie is baie belangrik, so ook die nommer 12.
“Jesus het 12 dissipels gehad en die ANC het in sy eerste 100 bestaansjare 12 presidente gehad.”

Sjoe.. Gwede Mantashe can do maths ? wow.. awesome for you Gwede. I wish our government could be this creative in a positive way (service delivery).. but nope.. they rather just use the creativity on crap...
 
According to the article they are depicting mandela as their moses. I would have thought them rather depicting him as their jesus. If they did, mandela had a lot to worry about his end then....

Lazarus would have worked as well .. :whistle:
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X