Tukkie Verkragter

GuileX

Senior Member
Joined
Jan 18, 2008
Messages
839
Reaction score
10
Location
Pretoria
Pretoria se “Tukkie-verkragter” het gister vir die tweede keer ontsnap.

Samuel Tsietsi Msiza het na bewering in 2011 ’n Tukkie-student aangeval en verkrag terwyl hy op borgtog uit was op drie ander aanklagte van verkragting. Talle ander sake word ook teen hom ondersoek en hy staan onder die polisie bekend as ’n “gevaarlike verdagte”.

Hy het glo gistermiddag net buite die hek van die Ga-Rankuwa-polisiekantoor uit ’n bewegende polisievoertuig gespring en weggehardloop.

Minute later het die omgewing gewemel van polisielede wat mense voorkeer en ondervra en strate fynkam.

Msiza moes gister in die streekhof in Ga-Rankuwa verskyn het op aanklagte dat hy tussen 2001 en 2004 drie tienermeisies van 13, 14 en 17 jaar oud verkrag het.

Hy was ses jaar lank in aanhouding weens dié misdade voordat hy in Januarie 2010 op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

In Oktober 2011 het hy glo die Tukkie in ’n veiligheidskompleks in Magalieskruin, in die noorde van Pretoria, aangeval.

Msiza is ’n paar uur later vasgetrek, maar het gou ontsnap toe hy deur ’n hospitaal se toiletvenster kon klouter. ’n Week later is hy weer aangekeer nadat hy by ’n huis in die Moot in Pretoria ingebreek het.

Gisteroggend het die hof gehoor dat Msiza nie vir sy verhoor van die Pretoria-Sentraal- gevangenis gebring is nie omdat hy nie geantwoord het toe hy geroep is nie.

Die nuwe ondersoekbeampte het gesê hy is vertel dat Msiza by sy saak in die Pretoria-Noordse landdroshof is, waar hy teregstaan weens die aanval op die Tukkie. Toe dit egter blyk dat daardie saak eers in Mei weer voorkom, het die ondersoekbeampte gery om Msiza self by die tronk te gaan haal.

Teen ongeveer 13:00 is die hof ingelig dat die ondersoekbeampte uiteindelik die beskuldigde opgespoor het. Skaars ’n uur later het ’n hofbeampte die hofsaal ingekom en aangekondig: “Msiza het ontsnap!”

Beeld het verneem dat hy in ’n Toyota Venture vervoer is.

Byna reg voor die polisiekantoor, net toe die voertuig stadiger oor ’n spoedwal ry, het Msiza sy kans waargeneem.

Landdros Sarina Benade het die saak tot vandag uitgestel.

“Dalk kry hulle hom deur die nag,” het sy gesê.

Die Tukkie se ma het gisteraand gesê Msiza se ontsnapping is heeltemal onaanvaarbaar.

“Ek het hoendervel. Ek verstaan dit nie.

“Daar is vir ons gesê dat hy vervoer is sonder hand- of voetboeie.”
 
These animals are just raping our daughters our wifes our mothers and the attitude is that they can be prosecuted when ever someone has time maybe 5 years from now for now just let him run around and rape some more.

But when a dog bites a person even a stranger whos trespassing the dog is put down. What a world we live in. When a baboon steals a sheep its shot. When a fox steals a chicken its shot.
 
Last edited:
He is clearly an habitual rapist and therefore when caught should never see daylight again, unfortunately the death penalty doesn't apply anymore.
 
I'm looking forward to see the new names of the prisons that will inspire the hope in this man for change
 
Hulle moet sy voeltjie afsny, dan kan hy dit nie weer kan doen nie :mad:
 
Whole system if f'ed!

That he was still on trial after 6 years before he got bail, for his previous crimes. That he escaped before and wasn't treated in the fit manner due to that.
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X