blunomore
Honorary Master
http://www.dieburger.com/nuus/2013-05-30-vermiste-pediater-se-lyk-gevind
KAAPSTAD - Die lyk van dr. Louis Heyns (59), 'n pediater wat ‘n week gelede vermis geraak het, is vanoggend in die vroeë oggendure in die Strand gevind. Sy lyk was naby die waterglybaan in Kusweg in 'n vlak graf onder ‘n boom begrawe.
Drie mense is in verband met sy moord in hegtenis geneem, het kapt. F.C. van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.
Van Wyk het gesê Heyns se donkergrys Peugeot is by ‘n skrootwerf in Malmesbury gevind. Die drie verdagtes, onderskeidelik 32, 37 en 43 jaar oud, is van Malmesbury. Een van die verdagtes het die plek waar Heyns se lyk begrawe is, uitgewys. Die polisie ondersoek die moord en die verdagtes sal binnekort in die landdroshof op Somerset-Wes verskyn.
Heyns, van Welgelegen, het verlede Woensdag vermis geraak nadat hy by sy broer op Somerset-Wes gaan kuier het. Sy motor is die aand ná 20:30 op 'n kringtelevisiekamera op die N2 afgeneem, maar daarna het hy en sy donkergrys Peugeot spoorloos verdwyn. Sy familie het onraad vermoed toe hy nie by sy huis opgedaag of op sy vrou, Dalene (56) se SMS-boodskappe gereageer het nie.
Heyns was 'n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch en 'n pediater by die Tygerberg-hospitaal.