Vlieg van Pretoria af Kaap toe

MielieSpoor

Expert Member
Joined
Dec 6, 2006
Messages
1,984
Reaction score
4
Location
Dublin
Pretorianers sal dalk binnekort direk van die Wonderboom-lughawe na Kaapstad kan vlieg.

Die lugdiens CemAir het aangekondig hy oorweeg dit om ’n retoervlug na Kaapstad van dié lughawe te onderneem.

Nicolene Myburgh, woordvoerder van CemAir, wat hoofsaaklik vlugte van die O.R. Tambo-lughawe na Margate en Plettenbergbaai onderneem, het gesê ’n peiling onder sy passasiers wys daar is ’n geweldige vraag na so ’n diens.

“’n Geskeduleerde langafstandvlug kan vir enige stad van enorme ekonomiese waarde wees.

“Dus sal nie net die lugdiens daarby baat vind nie, maar ook die Tshwane-stadsraad.”

Myburgh het gesê die Wonderboom-lughawe is groot genoeg en het genoeg parkeerplek om langafstandvlugte te hanteer.

“Die enigste probleem is dat die landingstrook tans te kort is.”

Daarom sal CemAir slegs vroegoggend vlugte kan onderneem en dus nie so gereeld kan vlieg nie.

“Ons onderhandel met die Tshwane-stadsraad om die landingstrook op te gradeer.”

Volgens Kobus Lourens van die Bluechip-vliegskool by Wonderboom sal skedulevlugte die lughawe groter blootstelling gee.

“Die Wonderboom-lughawe is ’n ten volle toegeruste nasionale lughawe met lughawebestuur, ’n lugverkeertoring, brandweer en nooddienste en behoort met die nodige bestuursvernuf die ekstra verkeer te kan hanteer.”

Hy het egter gesê geskeduleerde vlugte kan sake vir studente by die vliegskool moeiliker maak omdat dié vlugte voorkeur sal kry.

Die Tshwane-metroraad het vroeër gesê hy oorweeg dit om die lughawe te privatiseer.

“Die stad voel die private sektor het makliker toegang tot die geld wat nodig is om die lughawe te ontwikkel,” het Lindela Mashigo, Tshwane-woordvoerder, gesê.

Verskeie instellings het volgens hom die raad reeds genader met die oog daarop om die lughawe te koop. “Sodra daar op ’n koper besluit is, sal dit sowat 18 tot 22 maande vat om te koopproses af te handel.”

http://www.beeld.com/nuus/2014-07-30-vlieg-van-pretoria-af-kaap-toe

Basically, CemAir wants to start scheduled flights from Wonderboom to Cape Town. Problem is that the runway is too short so flights will only be early morning. City Council wants to sell the Airport to make it possible to expand and make proper use of it.

Personally, I think this is a good move. If the runway could be lengthened to allow 737's to land all day, and Kulula/SAFair or Mango could start regular flights, this might actually be a convenient thing. I might actually use it and pay slightly more just for the convenience factor.
 
Sounds like they still have a long way to go. I would still fly OR Tambo because of the greater choice of times and the Gautrain.
 
Would be very convenient The tickets will probably be double the price though, just because.....
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X