I haven't found the english version yet but hear it goes...
WAARSKUWING: WARNING!!!
Ek plaas nie maklik koerantberigte in hierdie geselsbrief nie, maar
het dit tog goedgedink om die onderstaande te plaas met erkenning aan
die Burger:
Diewe merk huise met blikkies
Wees gewaarsku: Selfs iets so onskuldig soos 'n koeldrankblikkie kan
deesdae beteken dat booswigte binnekort op jou woning gaan toeslaan.
Gekleurde koeldrankblikkies op of naby 'n huiseienaar se perseel het
blykbaar vir rowers net soveel betekenis soos die verskillende kleure
van 'n verkeerslig.
Mnr. Monty Montgomery, operasionele bestuurder van Atlas Sekuriteit,
het gesĂŞ die meeste huisbrake in die Baai vind tussen 02:00 en 05:00
plaas.
Vier verskillende kleure tekens word glo gebruik om die
moeilikheidsgraad van die inbraak vir die voornemende inbrekers aan te
dui.
Rooi – dui aan dat hulle gewapen moet wees, aangesien hulle moontlik
teenstand kan ondervind.
Wit – dui op 'n maklike inbraak.
Groen – gaan maar voort, want niemand is tuis nie.
Blou – iemand wat op die perseel werk, sal bystand verleen.
Luidens 'n berig in The Coastal & Country News word rooi tou of wit
klippe ook soms in die plek van die koeldrankblikkies gebruik. Dit wil
lyk of die moontlike oortreders selfs meer inisiatief aan die dag kan
lĂŞ en boodskappe word ook aan hul makkers gelos deur plastieksakke om
takke of bosse te draai of deur stukke metaal of plastiek in die grond
vas te pen.
Volgens Montgomery volg diewe mense gewoonlik van winkelsentrums na
hul huise as dit lyk of hulle welaf is.
Luidens die berig word mense gewaarsku om nie hul buiteligte aan te
s***el as hulle vir die naweek weggaan nie, aangesien dit as 'n
advertensie dien dat die huiseienaar nie tuis is nie.
Montgomery het bevestig dit is beter om maar liefs so veel moontlik
ligte aanges***el te hĂŞ. "Hoe meer ligte, hoe beter, want dit maak dit
makliker vir ooggetuies om diewe te sien of vir sekerheidsbeamptes om
hulle vas te trek," het Montgomery verduidelik.
Does anyone have any other experiences with this topic? house burgles etc?