http://www.finance24.co.za/Finance/Sake/Maatskappye/0,7166,1518-6-100_1573498,00.html
Webwerwe: Telkom gaan sukkel
16/08/2004 06:24 - (SA)
Philip de Bruin en Petro Lowies
Telkom kan maar enige lastereis teen die webmeesters van Hellkom en telkomsucks.co.za op sy maag skryf en met sy hemp afvee.
In die lig van verskeie nuwe beslissings, sal die howe waarskynlik die opmerkings en die webwerwe as "billike kommentaar en vryheid van spraak" beskou, meen me. Luandri Partington, direkteur van IT- en handelsmerke van die Sandtonse prokureursfirma Hofmeyr.
"Dit is immers 'n verskanste reg in die Grondwet."
Die verbruiker het 'n stem en gaan nie langer swak diens aanvaar nie. Dít moet groot maatskappye maar begin besef, sê Partington.
Partington se kommentaar is in reaksie op die storm wat losgebars het oor twee webwerwe waarop ontevrede lede van die publiek hul griewe oor Telkom se dienslewering (of gebrek daaraan) kon lug.
Telkom is woedend en dreig die webwerwe met 'n skadevergoedingseis van R5 miljoen.
Maar 'n onlangse beslissing van die appèlhof in die geding tussen die
Delta-motormaatskappy en mnr. Jaco van der Merwe oor die woorde Swakste 4 x 4 x ver, wys Telkom se saak is bra ****elrig.
Delta het in sowel die hooggereghof as die appèlhof op grond van die beginsel van vryheid van spraak die onderspit gedelf en sit nou met 'n yslike regsrekening opgesaal.
Op 'n meer regstegniese aspek sê Partington die relletjie tussen die webwerwe en Telkom draai eintlik om die Wet op Handelsmerke.
"Die sleutelwoorde in dié wet, wat die misbruik van handelsmerke verbied, is "gebruik in die loop van handeldryf".
Die argument is dat die webwerf nie die woord Telkom in sy webadres in die loop van handeldryf gebruik nie en dat daar dus geen aantasting van Telkom se handelsnaam is nie. "Die gebruik van die woord Telkom in die webadres kan dus nie as misbruik beskou word nie."
Die skeppers van die Hellkom- en telkomsucks-webwerwe blyk hul huiswerk op alle gebiede deeglik te gedoen het.
Mnr. Hans Muhlberg, 'n handelsnaam-prokureur, sê by nadere ondersoek bevat die webwerwe ook geen inhoud wat as haatspraak beskryf kan word nie en die webwerwe is nie vir kommersiële gewin geskep nie.
Dit verskil wesenlik van die saak tussen Laugh-It-Off (LIO), die vervaardiger van T-hemde met satiriese boodskappe, en Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB).
Die T-hemp-vervaardiger het SAB se Black Label-logogram en leuse verander van Black Label - Carling Beer. America's lusty lively lager since 1852 na "Black Labour - white guilt. Africa's lively lusty exploitation since 1652.
LIO se appèl word later vandeesmaand aangehoor, maar Muhlberg sê SAB het volgens die wet alle reg gehad om LIO hof toe te sleep oor dié handelsnaam-skending.
"LIO het die saak verloor as gevolg van twee faktore," sê Muhlberg. "Hy het 'n afbeelding van die Black Label-advertensie gebruik om sy T-hemde kommersieël te verkoop, en omdat die regter gemeen het die bewoording van die satire raak aan haatspraak."
Sentech het ook onder só 'n webwerf deurgeloop. Dié IT-maatskappy se prokureursbrief wat aan die eienaar van www.****sentech.co.za gestuur is, is in die Augustus-uitgawe van Noseweek gepubliseer.
"Die brief beweer mnr. Shaun Dewberry, eienaar van dié webblad, probeer die indruk skep dat daar 'n verwantskap tussen die oorspronklike handelsnaam en dié een is, of verwarring daaroor by verbruikers skep," sê Muhlberg. "Enigeen met 'n halwe brein kan tog sien dat dit nie die geval is nie."
<b><hr noshade size="1"></b><font size="2"><font color="red"><b>You can take Telkom out of the Post Office but you can't take the Post Office out of Telkom.</b></font id="red"></font id="size2">