ronniestander
Member
- Joined
- Jun 27, 2005
- Messages
- 25
- Reaction score
- 0
Also available in English - Click Here
Hi,
Kan iemand my dalk help, of net laat weet wat mens kan doen in hierdie geval.
Ek is in die proses om my Telkom lyn en ADSL lyn te skyf na die nuwe huis waar ons ingetrek het nadat Telkom on verseker he tons kan ADSL hier kry. Dit is n lyn wat ek brood nodig het om my werk te doen. Ek werk van die huis af vir n oorsese besigheid.
Ons het Telkom vroeg in Mei gebel met hierdie aansoek. Daar was vir ons oorspronklik gese dat dit tussen 14 tot 21 werksdae dae sal vat om die lyn te skyf. Na 14 werksdae het ek hulle ge****ak om te sien of daar al op n installasie dag besluit is, waarop ek die terugvoering gekry het dat die installasie dag die 24ste Junie sal wees (dit is 33 werksdae na my aansoek). Hulle het my vinnig laat verstaan dat daar niks is wat ek of hulle kan doen om die installasie dag na die oorspronkilke 14 – 21 dae terug te kry nie.
Hiermee het ons toe maar vrede gemaak, en besluit ons het darem n vaste datum (of het ons regtig?). Die 23ste Junie het gekom en ons het Telkom gebel om seker te maak of dit nog reg is vir die 24ste. Hulle het ons verseker die installasie sal more plaasvind, maar dat hulle nie n tyd kan gee nie want dit is n “all day” installasie. Ek moes toe die dag by die werk afvat. Vrydag die 24ste het gekom en gegaan – Telkom het nie opgedaag vir die installasie nie, het nie laat weet dat hulle nie gaan opdaag nie, het nie verskoning gemaak vir enige iets nie, het nie een enkele oproep na my gemaak om te se wat aangaan nie. NIKS absoluut niks terugvoering van n besigheid wat n totale telekommunikasie monopolie in ons land het.
Wel, wat kon ek doen? Ek kan tog nie na n ander besigheid toe gaan nie, daar is nie. Het toe maar begin bel Saterdag en Maandag na Telkom se sogenaamde “Support Lines” – 0800 456786, 0800 375 375, 10219. Tot my verbassing kon nie een van die ten minste 10 mense waarmee ek gepraat het vir my se wat gebeur het, hoekom dit gebeur het, of wanneer dit reggestel gaan word nie.
Niemand kan my ook verwys na die regte persoon om te bel nie, want hulle mag nie daardie een se nommer uitgee nie.
Hier sit ons nou, sonder ons baie duur telefoon lyn, ADSL lyn, ens. Hande afgekap. Niemand om mee te praat wat ons kan help nie.
Kan enige iemand dalk met n voorstel voorendag kom?
OOOps, hier kry ek nou net n skokende oproep van Telkom af, wat my nou letterlik duisende rande gaan kos. Ek het spesifiek by die meenthuis waar ons bly ingetrek, omdat Telkom my verseker het ek kan ADSL daar kry. Ek het ADSL nodig om my werk te kan doen (web developer). n Oproep het nou net na my deurgekom om my in te lig dat ek nie ADSL meer kan kry waar ek bly nie, en dat hulle ook nie weet wanneer ek ADSL daar sal kan kry nie. As ek op hulle website my telefoon nommer intik, se dit wel dat ek dit kan kry.
Help enige iemand, want dit lyk my Telkom kan nie help nie.
Ronnie

Last edited: