Found on Beeld (sorry only available in Afrikaans and no link found yet...)



Also sounds like a plan by the ANC for South Africa in a few years, to cling to power when the country comes down on its knees?
Washington. – ’n Geheime Zanu-PF-plan vir die grootskaalse uitdeel van wapens aan oorlogsveterane vir die verkiesing in Zimbabwe en die opdrag om MDC-LP’s te vermoor, is onthul.
Die inligtingswebtuiste vir Zimbawiërs www.sokwanele.com het die “spesiale verkiesingstrategie” van Zanu-PF se gesamentlike operasionele bevelspos bekom en laat gistermiddag gepubliseer om grootskaalse bloedvergieting môre in die land te voorkom.
Die webtuiste waarsku in ’n spesiale boodskap aan sy lesers die meeste van die inligting wat sy bron tot dusver verskaf het, het waar geword. Die strategie is om wraak te sweer teen die loesing wat die MDC op 27 Maart aan Zanu-PF toegedien het.
Die webtuiste het vroeër gister alle Zimbabwiërs afgeraai om te gaan stem om pres. Robert Mugabe se “wentotaal” so klein as moontlik te hou.
Die bron se verslag is aangeheg aan die Suid-Afrikaanse Solidarity Peace Trust se verslag getiteld Punishing Dissent, Silencing Citizens: The Zimbabwe Eelections 2008 wat op 21 Mei uitgereik is, maar hy het die webtuiste gister van meer inligting voorsien.
Die fynste besonderhede van die vergaderings waar die strategie bespreek is, is in die verslag vervat. Die name van die mense is net doodgetrek. Die vergaderings is in April gehou. Sedert die eerste ronde van die verkiesing op 27 Maart is minstens 85 mense vermoor en is duisende aangerand en verplaas.
Sokwanele.com sê hy kan nie die jongste geheime inligting verifieer nie, maar het besluit om die inligting openbaar te maak in die hoop dat “sommige van die ooglopende gevare vermy kan word”.
Die bron was nog altyd geloofwaardig en die planne hou regte risiko’s vir die veiligheid en sekuriteit van die mense van Zimbabwe in.
Die planne vir die tweede ronde van die presidentsverkiesing wat môre voortgaan, ondanks die onttrekking van mnr. Morgan Tsvangirai, die MDC se kandidaat, en die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad se beroep dat dit uitgestel word, lui dat “alles moontlik” gedoen moes word om Tsvangirai se byeenkomste te ontwrig. Dit het gebeur.
“Alles moontlik” moet ook gedoen word om MDC-agente te verhoed om by verkiesingspunte diens te doen. Indien nodig, moet die MDC-agente “geëlimineer” word.
Die plan om kiesers te dwing dat polisielede namens hulle stem, is ook reeds deur Amerika se ambassadeur, mnr. James McGee, aan buitelandse joernaliste bevestig. Alle kiesers in statte moet hul ID’s aan die stathoof indien en hul name moet neergepen word.
Die bron se verslag lui ook dat die Zanu-PF se “indoktrinasiebasisse” ten volle bewapen is en logistieke steun van die weermag kry. Wapens wat in die Darwendale-opslagplekke gestoor word, moet aan die veterane uitgedeel word – insluitende bomme en granate.
Sommige verkiesingspunte moet selfs opgeblaas word en “MDC-jeuglede moet geïmpliseer en in hegtenis geneem word”.
Die opdrag is ook luidens die verslag dat MDC-LP’s vermoor moet word. Indien Tsvangirai steeds wen, moet die “Nigeriese scenario” geïmplementeer word – LP’s moet in hegtenis geneem en die kiesers “stilgemaak” word.
Geen resultate ten gunste van Tsvangirai sal aangekondig word deur die verkiesingskommissie nie (soos op 27 Maart bewys is). Alle LP’s wat hulle hieroor uitlaat, sal van hoogverraad aangekla en in die tronk gestop word.
Nog ’n strategie is om moordbendes te gebruik om die stembusse in die platteland te “stop”. Hulle is opdrag gegee om enigiemand wat in hul pad kom, te ontvoer en te vermoor.
Ander besonderhede van die plan sluit in:
- Ene goew. Gono sal alle projekte finansier – ook om wapens aan te koop.
- Baie kokery gaan met veral posstemme uitgevoer word. Alle soorte propaganda gaan ingespan word om die media te verwar. Geen beampte mag enige ander radio- of televisiedekking kyk as Zimbabwe se staatsmedia nie.
- MDC-agente in landelike gebiede gaan omgekoop word.
Also sounds like a plan by the ANC for South Africa in a few years, to cling to power when the country comes down on its knees?