Zimbabwe se boere-ghetto

Lightscribe

Banned
Joined
Sep 10, 2007
Messages
5,695
Reaction score
1
Location
...On the beach, Strand
Zimbabwe se boere-ghetto
2010-04-26 23:23

Cobus Coetzee

In die noor****te van die hoofstad Harare in Zimbabwe bly sowat 50 boere wat van hul grond afgeskop is in een kompleks. Hulle wil nie bitter wees nie, het van die boere aan Cobus Coetzee van die Media24-Afrika-kantoor gesê.

Jy kan rolbal, tennis én bingo hier speel en verlede Vrydag is vis en tjips selfs in die klubhuis bedien.

Maar die rustigheid van die Dandaro-veiligheidskompleks in Harare verberg die feit dat dié sowat 50 boere wat agter ’n hoë, pienk muur in dié boere-ghetto bly niks het nie nadat hul grond die afgelope dekade onteien is.

Voor 2000 het meer as 4?500 kommersiële wit boere sowat 70% van die land se voedsel geproduseer.

Nou, ná sowat ’n dekade van Zimbabwe se versnelde grondhervormingsprogram, is daar skaars 400 oor wat aktief boer.

Mev. Hetta Theron (79) wat tot verlede jaar nog vrou-alleen op haar melkplaas by Beatrice geboer het, sê dit is ’n hartseerstorie. “Ek het gebid en gevra: Here, gee net leiding vir ’n plekkie waarheen ek kan gaan. En toe kom ons op die plekkie af.”

Sy het haar plaas verlede jaar verloor ná uitgerekte hofsake en nadat sy met tronkstraf gedreig is. Sy appelleer nou teen die uitspraak.
Theron bly soos die meeste ander hier in ’n pienk huisie.
Daar is een slaapkamer, ’n badkamer, ’n woonkamer met ’n kombuis en ’n klein stoep.
Tussen die huise word tuingemaak en bougainvilleas en jakobregops groei daar.
Daar is luukshede soos ’n klubhuis, tennisbane, ’n swembad en kliniek.
Mnr. Johan Muller (61) sê die mense bly lekker in Dandaro. Daar is baie boere.
Hy is kort ná 1999 van sy plaas, ook buite Beatrice, onteien.
“Hulle het ons huis omsingel en ons ’n week as gyselaars aangehou. Vure is om ons huis gemaak. Al my ma se tuinbeddings is verniel. Die bliksems.
“Om te boer was lekker, maar daardie laaste paar jare was hel?.?.?. Ek het steeds nagmerries.”
)))
Theron en Muller is in Zimbabwe gebore, maar Dandaro-inwoners soos mnr. Jacobus Paulsen (84), oorspronklik ’n staalsmelter en later kampioen-tabakboer, het hulle ná die 1940’s saam met ’n vlaag ander immigrante van Europese herkoms in Zimbabwe gevestig.

Tussen 1946 en 1951 het die wit bevolking van 82 000 tot 135 000 gegroei.

Meer as 100 000 swart inwoners is toe van grond afgesit wat as “Europese gebiede” geklassifiseer is.

Paulsen het van Parys in die Vrystaat gekom om in ’n staalfabriek in Kwe Kwe te werk, maar het kort daarna ’n pos as plaasbestuurder aanvaar en later sy eerste plaas by Karoi gekoop.

Hy het vier plase van niks opgebou, was in 1994 die beste tabakboer in sy streek en spog “in een jaar het ons agt Mercedesse gekoop”.

“Ek het nooit gedink ek sal die plase verloor nie, maar net sowel ek het die plek in Dandaro (voor die onteiening) as ’n belegging gekoop.”

Paulsen is ’n wewenaar en het geen kinders nie. Hy kry R3000 aan huurinkomste van ’n woonstel wat hy in die middestad besit.
“Dit (Dandaro) is nou my plasie dié, kyk die klein tuintjie hier,” wys hy.

Voordat Paulsen klaar kan vertel oor hoe sy plaas afgevat is, keer hy homself en sê: “Ek wil nie bitter wees nie.”

Dit word herhaaldelik by inwoners in Dandaro gehoor. Hulle is nie bitter nie. Mnr. Deon Theron, president van die Zimbabwiese Commercial Farm-ers’ Union (CFU) en seun van mev. Theron, sê hulle leef nie in die verlede nie.

“Jy kan vasgevang word in dié soort bitterheid. Ons het aanbeweeg. Jy onthou die mooi tye, maar leef vir nou.”

Maar baie slagoffers van die plaas-onteienings was nie so gelukkig soos Dandaro-inwoners nie.

Me. Kerry Kay, die MDC se welsyn-sekretaris, meen meer as 1,5 miljoen plaaswerkers en hul families is nou sonder heenkome.

Toegang tot skole, klinieke is afgesny en in 2002 is in ’n studie bevind 70% van die plaaswerkers in die Midlands en 65% in Matabeleland is werkloos.

Van dié plaaswerkers en hul familielede het minder as 5% ná die onteienings grond gekry.

Byna elke dag word die Dandaro-inwoners wel aan die chaos in die land herinner.

Hulle word ook deur die kragonderbrekings geraak en moet dae sonder elektrisiteit klaarkom.

Intussen veg en onderhandel mnr. Theron en die CFU vir vergoeding vir boere wat onteien is. Hy het reeds met amptenare van verskeie ambassades, die Zimbabwiese regering, die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) hieroor vergader.

“Ons werk hard om te kyk of ons geld kan kry vir oom,” sê mnr. Theron aan Paulsen,?“maar dit kan ’n lang tyd vat.”

“Is dit,” sê-vra Paulsen half verleë. “Jy het gesê ek kwalifiseer moontlik vir die kompensasie.”

“Definitief,” antwoord Theron. “Hulle het oom se plaas gevat sonder om te betaal,” sê hy.

“Ag, eintlik verwag ek niks, maar as daar iets kom, sal dit ’n aangename verrassing wees,” sê Paulsen.

Mev. Theron glo sy sal maar net moet wag terwyl haar seun vir haar saak stry.

“Maar maak nie saak wat ons doen nie, hier sal ek doodgaan. Ons sal die land nie los nie, waarheen sal ek gaan,” wil sy weet.

http://www.beeld.com/In-Diepte/Zimbabwe-se-boereghetto-20100426

Interesting perspective.
 
Completely nuts ... Other countries need farmers ... A non-farming farmer is as usefull as a government official.

Are they not being overly optimistic? ... Fusk that ...
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X