Telkom se ADSL is die beste

beesboertjie

Senior Member
Joined
Jun 13, 2017
Messages
525
Reaction score
13
Location
Graskop
My 2 jaar Telkom internet kontrak verval einde Julie 2017. Ek’t ander ISP’s (Internet Service Providers) ge-email en gevra wat kos soortgelyke pakette. Niemand kom naby Telkom nie.

Ek’t Telkom se "do Advanced" 4mbps 40GB cap ADSL insluitend Night Owl uncap 12 tot 7 VM vir R559 'n maand insluitend BTW. Ek self is ‘n naguil, eintlik is my pakket uncap. Ek gebruik maklik 100 GB ‘n maand.

Vir ADSL moet jy ‘n Telkom koper telefoon lyn hê. Maak nie saak wie jou ISP (internet diensvers******) is nie, jy moet Telkom se telefoon lynhuur van R199 per maand betaal. BTW ingesluit.

Telkom R360 + R199 = R559
Afrihost R397 + R199 = R596
Vox Telecom R398 + R199 = R597
Axxess R435 + R199 = R634
OpenWeb R444 + R199 = R643
MWEB R445 + R199 = R644
ignite R548 + R199 = R747

My Telkom telefoon lyn is ‘n 4 mbps data lyn. Dit help nie ek kry ‘n 10 mbps pakket nie, my koperdraad kan net 4 mbps hanteer. Ek’t nie fibre optics nie. Graskop sal seker nooit fibre kry nie, hulle grou nog slote in Johannesburg, Kaapstad en Centurion.

My spoed is nie 4 mbps nie, dis 3,4 mbps agv die weerstand in die koperdraad, ek’s 500 meter weg van die microwave toring af. ADSL werk net vir 2 of 3 km, die koper maak die sein dood. Microwave is vinniger as fibre optics. Vanuit Nelspruit connect hulle met ‘n ondersee kabel. My internet signal trek vir 12 000 km van Frankryk af, teen 4 miljoen mbps, tot in Graskop, dan kruip dit vir die laaste ½ km tot by my teen 3,4 mbps. Dit maak nie sin nie, hehe.

Ek sal nie my ADSL by Telkom opsê nie. Mens kry ‘n gratis modem-router (jy spaar ± R800) en met Telkom se NagUil (Night Surfer) is die data onbeperk.

telkom_do_advanced_R559.jpg

https://secure.telkom.co.za/today/shop/home/plan/do-advanced-v-plan/

WhatsApp boodskappe en WhatsApp foonoproepe vanaf jou slimfoon deur jou router se Wi-Fi kos jou “niks” nie, vir alle praktiese doeleindes is dit gratis en verniet. Jy't miskien 1 GB 'n maand nodig vir WhatsApp foonoproepe.
 
Last edited:
Haai latro. Dis ongelukkig waar. Ek verloor 0,6 mbps omdat ek 500 meter van die poskantoor af is. My spoed is nie 4,0 mbps nie, dis net 3,4 mbps. Hoe verder jy weg is, hoe stadiger is jou ADSL. Oupa, Telkom se plaaslike tegnikus, sê 3 km is reeds te ver, jy kry nie meer sein nie. Koperdraad maak die sein dood.

Jy moenie verder as so 2 km vanaf die sentrale af wees nie. Of vanaf 'n box af, vanwaar daar optiese vesel kabel is, verder na die sentrale toe.
 
Last edited:
My goeie ***. Ek is self Afrikaans, maar dit vat nogal moeite om die leesstof na Engelse tegnologiese woorde wat ek kan verstaan, te vertaal.
 
Nee maar goed beesblaas. Baie bly vir jou. Sê net vir my een ding, hoe koppel hulle aan die onderseese kabel in Nelspruit? Het hulle 'n moerse diep gat gegrou?
 
Haai Swerwer, ja, ‘n moerse diep gat, 676 meter diep tot op seevlak, 3 keer dieper as Kimberley se gat van 215 meter. Dan koppel hulle die microwave aan die veselglas van die seekabel met SuperGlue. Jy moet dit sien om te glo.
 
My goeie ***. Ek is self Afrikaans, maar dit vat nogal moeite om die leesstof na Engelse tegnologiese woorde wat ek kan verstaan, te vertaal.
'selfde, alhoewel hy 'n bietjie beter kon doen, bv email = e-pos en GB = GG (giga-grepe). 4mbps is toevallig korrek in Afrikaans (4 megabis per sekonde).

In elk geval, beesboertjie, ons mannie hierrond is vrek lief vir vleis, verkoop jy dalk?
 
bontebok.jpg


Haai Yin-Yang, ek’t ongelukkig nie meer beeste nie, net sables (swartwitpens) en koper springbokke en bontebokke. Hulle is op my seuns se plaas naby Jacobsdal. Ek koop maar varkvleis by Spar. Dankie vir giga-grepe en megabis, ek’t nie geweet nie.
 
Last edited:
Haai Yin-Yang, ek’t ongelukkig nie meer beeste nie, net sables (swartwitpens) en koper springbokke en bontebokke. Hulle is op my seuns se plaas naby Jacobsdal. Ek koop maar varkvleis by Spar. Dankie vir giga-grepe en megabis, ek’t nie geweet nie.
Plesier, en welkom by ons gemeeskap!

'n Woordjie van advies - en jy gaan dit nodig kry, hoe meer tyd jy hier spandeer - haal die pos aan van die persoon wat jy addresseer deur die "Reply With Quote" skakel te kliek. Tik dan onder die persoon se pos. :)
 
Met 'n gemiddelde maandelikse data gebruik van 100GB is u hulle ideale klient. Gebruik so bietjie meer en u sal sien hoekom soveel mense hulle verlaat.
 
Plesier, en welkom by ons gemeeskap!

'n Woordjie van advies - en jy gaan dit nodig kry, hoe meer tyd jy hier spandeer - haal die pos aan van die persoon wat jy addresseer deur die "Reply With Quote" skakel te kliek. Tik dan onder die persoon se pos. :)

ek-gaan-slaap.jpg

Ok Yin-Yang, ek maak so. Dankie vir die verwelkoming. Ek gaan nou slaap, ek’s ‘n naguil (nagapie). Mooi dag vir julle.
 
Last edited:
Ek het dieselfde toets gedoen so paar maande gelede. Ek stem saam. Telkom is goedkoper as die meeste ISP's.
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X