please see thread http://www.mybroadband.co.za/vb/showthread.php?t=21004 for details...
I will post revised letter in about 4 minutes.
Thanks
I will post revised letter in about 4 minutes.
Thanks
South Africa’s biggest forum. Discuss, discover, and connect with thousands of members.
Vastelynverskaffer: Vriend of vyand van SA se ekonomie
Dit is met groot belangstelling en afwagting wat hierdie skrywer vir 'n geruime tyd al die ontwikkelings op Suid-Afrika se eerste verbruikers aangedrewe Internet forum, www.myadsl.co.za, dop hou. Die forum beywer homself vir die herforming van Suid-Afrika se telekommunikasie industrie asook om die huidige vastelyn verskaffer tot verantwoording te bring.
Hulle doen skitterende werk deur lig te werp op onaanvaarbare besignheids-prakteik, en skroom nie om hul geld te sit waar hul monde is nie. In April het hulle daarin geslaag om 'n publieke verhoor by die regulator OKOSA te organiseer waarin die huidige vastelyn verskaffer taai vrae moes beantwoord oor verskeie onderwerpe, onder andere oor die bekostigbaarheid van netwerk konnektiwiteit in die land.
Reg oor die land asook oorsee het hulle soveel opslae gemaak deur lig te werp op verskeie aspekte van ons diensverskaffer se onderprestasie - asook die impak daarvan op die populasie en ekonomie - dat dit onmoontlik is om nie regop te sit en te luister nie.
Tot groot vermaak het hulle die Trots Suid-Afrikaanse veldtog uitgedaag om die diensverskaffer se lidmaadskap te verwyder as gevolg van hul swak rekord as dit kom by regverdige kompetisie en arbeids prakteik. Ironies genoeg strek die diensverskaffer se invloed so vêr dat dit onmoontlik is om hul lidmaadskap terug te trek - hulle is mede stigters van die Trots Suid-Afrikaanse veldtog. Hoe dit van die ander lede laat voel kan mens net wonder.
Om maar een van die intelligente opmerkings van die forum aan te haal, 'n stuk wat uit die Verenigde State se "Securities and Exchange Commission" se bevindings van 2004 geneem is:
"Ons is van plan om voort te gaan met die vermindering van ons vastelyn koptelling oor die volgende paar jaar. Ons vermoë om optimale werknemer-verminderings te bewerkstellig is beperk deur Suid-Afrika se arbeids wetgewing. Boonop maak wetiglikke verpligtings sulke verminderings duur. Verder kry ons sterk opposisie van arbeids unies in Suid Afrika wat die werknemer verminderings teenstaan, en kan ons moontlik verdere teenstand kry van die Regering van die Republiek van Suid Afrika sou die verminderings met die Regering se sosiale mikpunte op die tydstip konflikteer. Sou ons nie daarin slaag om die hoeveelheid vastelyn werknemers en werknemer uitgawes te verminder nie, of as merkwaardige arbeids onrus sou voortspring uit die implimentering van ons vastelyn werknemers-vermindering program, is dit moontlik dat ons kapasiteit om te kompeteer sou seerkry en ons netto-wins sou daal."
MyADSL daag hierdie stelling uit met die feit dat die vermindering tot op datum van meer as dertig-duisend werknemers (ja, u het korrek gelees) grootliks on-uitgedaag deur die regering voortgegaan het, en heeltemal verstaanbaar so; die regering besit 'n groot aandeel in die vastelyn verskaffer en inkomste is immers inkomste. Waarom sou die regering iets doen om die regte en welvaart van werknemers te beskerm as dit hulle divident sou skade berokken?
Buiten dit wys MyADSL daarop dat Suid-Afrika die enigste land op die planeet is waar die tendens is om vastelyn dienste te verminder. In teendeel, MyADSL wys daarop dat die oorgrote meerderheid van die bevolking van Suid-Afrika nie 'n vastelyn diens kan bekostig nie. Suid Afrika het tans minder telefoon lyne in operasie as net vyf jaar gelede. Verder wys myADSL daarop dat sekere vastelyn oproep kostes duurder is as in enige ander land op aarde en drie keer so duur soos die land wat tweede duurste is. Dit is dan geen verassing dat ons vastelyn verskaffer se na-belaste wins R4,592bn in 2004 was nie, 'n bedrag wat oms***el in R12,58 miljoen elke dag van die jaar.
Dit dan van 'n maatskappy wat sy mikpunte gepubliseer het in 'n Strategiese Diense Ooreenkoms in 1997 wat die volgende stellings bevat het:
"Stel ekonomies-lewensvatbare aanvraag vir basiese benodighede in telefoniese dienste vir alle Suid Afrikaners tevrede en brei dekking van prioriteits kliente, soos akademiese en mediese fasiliteite, gemeenskaps sentrums en regerings agentskappe uit... Ondersteun ekonomiese groei in Suid Afrika deur nationale telekommunikasie infrastruktuur te verskaf wat sal lei tot die tot stand koming van 'n 'inligtings-gemeenskap'... Bevorder die behouding van werkverskaffing binne die kern areas van Telkom tot die mate moontlik"
Tot watter mate ons diensverskaffer hierdie doelwitte bereik het word openlik op die forum uitgedaag. Verslag na verslag word gepubliseer wat bevestig dat die Regering en ons diensverskaffer se telekommunikasie beleidspunte die ekonomie van Suid Afrika erg skade aandoen. Hierdie verslae herbevestig dat Suid Afrika se konnektiwiteits kostes van die hoogstes in die wêreld is, en in verskeie gevalle, die hoogste.
Mens hoef nie vêr te kyk om te verstaan hoekom hierdie Suid Afrikaners so ongelukkig is nie.
Hierdie skrywer sê: meer mag aan hulle. As 'n gereelde leser van die forum stel ek voor dat elke Suid Afrikaner wat 'n sent uitvurk aan ons telekommunikasie verskaffer in enige wyse of vorm 'n besoekie gaan aflê. Hulle kan gevind word by www.myadsl.co.za. Die volgende VN "Securities and Exchange Commision" bevindings word op die 6de Junie 2005 bekend gemaak - hou hierdie ruimte dop...
mikpunte of doelwitte ?Dit dan van 'n maatskappy wat sy mikpunte gepubliseer het in 'n Strategiese Diense Ooreenkoms in 1997 wat die volgende stellings bevat het:
Bevredig die ekonomies-lewensvatbare aanvraag na basiese telefoniese dienste vir alle Suid AfrikanersStel ekonomies-lewensvatbare aanvraag vir basiese benodighede in telefoniese dienste vir alle Suid Afrikaners tevrede
tot die totstandkomingsal lei tot die tot stand koming van
elke Suid Afrikaner 'n besoekie gaan aflê, aangesien ons almal op die een of ander manier, direk of indirek, geraak wordelke Suid Afrikaner wat 'n sent uitvurk aan ons telekommunikasie verskaffer in enige wyse of vorm 'n besoekie gaan aflê.