Nicodeamus
Honorary Master
- Joined
- Sep 20, 2006
- Messages
- 14,477
- Reaction score
- 4,530
Gee witte kans – hof
Maryna Louw
Die Tshwane-metro het gister die soveelste amptelike instelling geword wat in die arbeidshof slae gekry het oor die manier waarop wit mense verkeerdelik uitgesluit word in die toepassing van regstellende aksie.
Die Johannesburgse arbeidshof het gister ’n bevel uitgereik wat die Tshwane-metro dwing om ’n werknemer met 12 jaar diens ’n regverdige kans te gee vir bevordering nadat hy glo van die kortlys geskrap is weens regstellende aksie.
Beeld het dokumente in sy besit wat wys hoe die name van mnr. Marco de Sampaio, ’n ingenieurstegnoloog, en nog twee wit aansoekers van die kortlys vir die pos van adjunkdirekteur vir stelselontwikkeling in die metro se departement van water en sanitasie geskrap is.
“Herskryf kortlys. Neem billikheidsreg in ag,” is ter verduideliking langs die name geskryf wat doodgetrek is.
Die swart aansoeker wat oorgebly het op die kortlys is nie aangestel nie en die pos is sedert 2008 steeds vakant gelaat.
De Sampaio neem al drie jaar waar as adjunkdirekteur en het sedertdien nog twee keer om die pos aansoek gedoen, maar nie weer die kortlys gehaal nie.
Ander dokumente toon die metroraad het verlede maand tydens ’n vergadering besluit mense wat nie aangestel mag word nie omdat hulle nie verteenwoordiging gaan bevorder nie, mag nie op ’n kortlys geplaas word nie.
Volgens die hofbevel moet die metro De Sampaio op die kortlys plaas en in die laaste week vandeesmaand ’n onderhoud met hom voer vir die pos.
“Die respondent se onderhoudsproses vir die pos sal op ’n regverdige en konsekwente wyse gebeur met oorweging van die kandidate op die kortlys se kwalifikasies, ndervinding en geskiktheid sonder om billikheidsreg in ag te neem,” lui die hofbevel.
Die pos mag nie vakant gelaat word nie en as iemand anders as De Sampaio aangestel word, moet die metroraad skriftelik redes vir die besluit gee.
Die vakbond Solidariteit, wat die saak namens De Sampaio hof toe geneem het, het aangevoer die metro se optrede is nie in ooreenstemming met die Wet op Billike Indiensneming nie.
“Ons beskou die hofbevel as ’n oorwinning vir geregtigheid en ’n oorwinning vir meriete,” het dr. Dirk Hermann, uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, gesê.
“Inwoners van Tshwane kan nou weet die beste persoon vir die pos gaan aangestel word en die beste diens gaan gelewer word.”
Dit is die 22ste hofsaak waarby die vakbond betrokke is teen wat hy die onbillike toepassing van regstellende aksie deur ’n staatsinstelling noem.
Volgens Hermann oortree werkgewers die wet dikwels deur “verteenwoordiging” in ag te neem, maar nié regverdigheid, vermoë en objektiwiteit, soos die wet vereis nie.
Die vakbond is besig met hofdokumente vir ’n sambreelsaak waarin hy “regstellende aksie as geheel” in die arbeidshof wil pak.
De Sampaio het gesê die hofbevel gee hom ’n kans om die metro na die beste van sy vermoë te dien.
Mnr. Marco de Sampaio en nog ’n wit applikant se name is van die kortlys geskrap.
Foto’s: MARY-ANN PALMER
Sorry, but I couldn't find an English article for this, this is the reality that of how affirmative action is being implemented. People who are less qualified are more than often hired above more qualified people, this is the 22nd case of this nature that solidarity has undertaken.
The metrocops is prepared to leave a top job position open just because there isn't a suitable black candidate.