TELESPHORE
Senior Member
- Joined
- Jul 23, 2006
- Messages
- 869
- Reaction score
- 3
With this kind of logic there is no hope for SA anymore. The Premier of Kwazulu-Natal has no clue what it is all about. Once again hate speech.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2330866,00.html
'Onderdrukkers van swartes agter geweld'
May 28 2008 08:18:35:913PM - (SA
Dries Liebenberg
drieslb@worldonline. co.za
Durban. - Dit is die onderdrukkers van swart mense wat agter die vlaag van geweld teen buitelanders in Suid-Afrika sit.
Só het premier S’bu Ndebele van KwaZulu-Natal gister aangevoer toe hy ’n veldtog bekend gestel het om Afrika se diversiteit te vier.
“Dit is die onderdrukkers wat vir mense wysmaak dat Mosambiekers ons vyande is,” het Ndebele by die bekendstelling van die Love for Africa-veldtog gesê.
“Sê vir hierdie mense wat deur ons onderdukkers gestuur is, hulle kan ons net onderdruk as ons verdeeld is,” het hy voorts gesê.
Ndebele wou weet waarom net swart mense van Afrika-state in die vlaag van geweld en intimidasie as buitelanders gebrandmerk word. “Niemand hier sê dat ’n wit Engelsman, Duitser of Portugees ’n buitelander is nie.
“Niemand het ooit gesê dat dit maklik gaan wees om demokrasie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te vestig nie. Ons vyande rus nie.
“Nie een van julle behoort in ’n bus te klim om terug te gaan na jul land van herkoms nie,” het Ndebele gesê.
Dié uitsprake kom nadat Ndebele en mnr. Bheki Cele, LUR vir gemeenskapsveiligheid en -s***eling, verlede week die skuld vir een van die eerste aanvalle op buitelanders in die stad op die IVP gepak het.
Misdadigers het toe en sedertdien ook die skuld vir die geweldvlaag gekry.
Ofskoon slegs buitelanders in daardie aanval in die Durbanse buurt Umbilo uitgesonder en gemaan is om pad te gee, het Ndebele en Cele voet by stuk gehou xenofobie het geen rol in die geweld gespeel nie.
Eergister het Ndebele gesĂŞ dit is nie in die aard van Suid-Afrikaners om xenofobies te wees nie en dat dit ondenkbaar is dat die geweld spontaan uitgebreek het.
Die bekendstelling van die Love for Africa-veldtog het musiekgroepe en kultuurvertonings van verskillende Afrika-state ingesluit, asook ’n sokkerwedstryd tussen beroep- spelers van Suid-Afrika en ander lande wat aan KwaZulu-Natalse klubs verbonde is.
Onder die toeskouers was buitelanders wat die afgelope week by die Cato Manor-polisiekantoor gaan skuiling soek het toe die geweld na dié provinsie uitgebrei het.
Al het die sokkerspanne in rooi en blou truie met die woorde “Africa United” daarop gespeel, was die kennis oor die vlae van Afrika gebrekkig.
Niemand het eens opgemerk dat die vlag van die Ivoorkus onderstebo gedra is in die optog nie.