MielieSpoor
Expert Member
Op grond van die departement se voorgestelde prysformule behoort die prys eerder R14,72 per kg te wees. Dit is op grond van ’n maksimum prys van R5,66 per kg by die raffinadery-hek. Hierby word getel primêre vervoerkoste (45c), bedryfsuitgawes (R2,90), sekondêre vervoerkoste (72c), bedryfskapitaal (26c), depresiasie (R1,26), ’n groothandelwins (R2,27) en kleinhandelwins (R1,20).
Die konsepreëls grond die LPG-prys by die raffinadery – wat volgens die jongste brandstofaanpassing van vandag af R5,34 per kg sal wees – op die basiese prys van 93-oktaan loodvervangingspetrol. Sou die jongste raffinaderyprys dus gebruik gewees het in die formule, sal pryse nog goedkoper kan wees.
Link
Solank hierdie ly tot goedkoper pryse en nie goedkoper vir die eerste jaar en dan doen hulle met LPG wat hulle met die Petrol prys doen!
Last edited: