Max du Preez in Rapport

blunomore

Honorary Master
Joined
Jul 8, 2007
Messages
26,789
Reaction score
22
Location
Not yet CT ...
Die ANC se rigtingloosheid, ruggraatloosheid en leierloosheid is besig om ’n duur tol van Suid-Afrika te eis.

Die twee groepe wat die pyn die meeste voel, is die etniese minderheidsgroepe en die armstes onder die swart bevolking. Onder albei groepe is die lug swaar van ’n gebrom oor burgerlike ongehoorsaamheid en selfs opstand.

Gewelddadige protesaksies in plakkerskampe en townships het nou ’n daaglikse verskynsel geword en dit gaan waarskynlik net verder toeneem. Ons strate is weer vol brandende buitebande, traangas en rubberkoeëls soos laas in die laat 1980’s.

Die fragiele verhouding tussen die vorige heersersklas, wat net 9,2% van die bevolking uitmaak, en die nuwe regerende es*ta*blish*ment is tans erg na aan uitrafel.

Solank daar ’n belofte was van ’n beter, sinryke lewe in ruil vir die verlies aan mag en voorreg van 1994 kon wit mense nog die beledigings, dreigemente en tekens van administratiewe verval?verwerk. Maar daardie droom het nou ’n nagmerrie geword.

Daar is ’n gevoel dat die staat aan die inplof is; dat daar ’n aanslag op die wit minderheid se regte en die gehalte van hul burgerskap is.

Die laaste iets wat dié delikate situasie nodig het, is dat die sensitiefste knoppies roekeloos die een ná die ander gedruk moet word.

Soos konsep-wetgewing oor landbougrond wat duidelik die deur ooplaat vir nasionalisering.

Soos ’n snotneus-politikus wat ’n ou struggle-lied vir die eerste keer in 16 jaar afstof en lustig sing dat die boere geslag moet word – en niemand in die ANC wil hom sensureer nie.

Soos nog ’n vlaag van plaasmoorde met al die simboliek en paranoia wat daarmee saamgaan.

Soos ’n polisiemag wat duidelik die regerende party eerder as die reg of die burgers gedienstig is.

Soos die regering se nuwe demonstrasie dat hulle nie die politieke wil het om Robert Mugabe in die bek te ruk nie.

Die arme mense steier nog van die een skok dan tref die volgende een hulle al. Die akkumulatiewe effek laat ’n paniekerige Zimbabwe-rilling langs hul ruggraat afgaan.

En pleks van ’n bietjie nugtere en kalm denke te bring, pleks van te help om die gebeure te verklaar en te interpreteer en nuwe strategieë voor te stel staan die Afrikaanse kommentators, akademici en meningsvormers tou om donker voorspellings te maak, om kopskuddend en tongklikkend te waarsku van weerstand en opstand, en om verspotte, hopeloos onrealistiese drome van “opvolgskikking”, “selfbeskikking”, “groepsoewereiniteit” en gewaarborgde minderheidsregte soos afslag-begrafnispolisse aan die beangstes te verkoop.

Dié soort mense – en die debatte in die Afrikaanse media loop van hulle oor – is die nuwe generasie blikkies-opgaarders van voor 1994.

En as jy nie in die koor van die neo-nasionalistiese doem*profete wil sing nie, dan is jy weer, net soos in die goeie ou dae van PW Botha en die Totale Aanslag, ’n politieke moffie, ’n bruikbare idioot van die kommuniste, ’n ANC-gatkruiper en ja, die term is terug: ’n ******boetie.

As daar één mens in die ANC is wat behoort te weet hoe gevaarlik dit is om al die Afrikaners se simboliese gevaarknoppies gelyk te druk, is dit pres. Jacob Zuma. Dit is hy wat saam met Thabo Mbeki, Joe Nhlanhla en ander in laat 1993 en vroeg 1994 in die geheim met mense soos Constand Viljoen, Tienie Groenewald en die harde manne van die kommandostelsel en die landbou-unies vergader het om hul vrese te besweer en hulle by die politieke proses in te trek.

Hy is van nature ’n middelpuntsoeker en vredemaker. Hy verstaan die gevare van etniese mobilisering.

Maar Zuma is soos ’n springhaas verstar in die jagterslig van sy twistende ondersteuners en sluipende opponente.

Wat van Mbeki gesê is, kan nou ook van hom gesê word: Cometh the hour, disappeareth the man. Hy lei nie die ANC of die land soveel as wat hy geduld word deur die verskillende faksies van die ANC wat hom probeer gebruik om húl belange eerder as hul opponente s’n te dien nie.

Daar is bitter min respek vir hom as mens en as leier oor. Sy kans om ’n tweede termyn as president te dien is so klein soos die kans dat hy nooit weer ’n kind gaan verwek nie.

Daar word al jare lank met groot sekerheid aanvaar dat die nasionalistiese element in die regerende alliansie die natuurlike hart van sentrisme en stabiliteit is en dat wanneer die alliansie uiteindelik opbreek, dit die ANC-nasionaliste sal wees wat die middelgrond beset waarom ander politieke magte dan kan konsolideer.

Dis nie meer waar nie, as dit ooit was. Die nasionalistiese hart van die ANC is die tuiste van die tenderpreneurs, die skelms, die kleptokrate, die Kebble-iste, die opportuniste en die rasse-chauviniste.

Hulle lyk by die dag meer na Zanu-PF, met Julius Malema ’n Robert Mugabe-Mini-Me.

Die linkses, die kommuniste en die vakbonde is nou skielik die gematigdes, die bewakers van die stabiliserende middelgrond: Hulle baklei vir ’n skoon en verantwoordbare regering, vir ’n terugkeer na ordentlikheid in ons politieke kultuur, vir leefstyl-oudits van alle politici.

Die Cosatu-leier Zwelinzima Vavi se leefstyl-oudit op homself was ’n dapper en bewonderenswaardige daad.

Dis die SAKP en Cosatu wat die hardste veg om die Zanu-fikasie van die ANC te stuit.

Die onder-sekretaris-generaal van die SAKP, Jeremy Cronin, en die jeugleier, Buti Manemela, is die enigste twee ANC-leiers wat nog bereid was om Malema openlik aan te vat.

Hoe ironies is dit nie dat dit Cosatu was wat laas week opgestaan het om die minister van finansies, Pravin Gordhan, teen die beledigings en kritiek van die ANC-jeugliga te verdedig nie.

Dis die oorvrete, selfbelangrike nasionaliste, met Julius Malema as maskot, wat so lief is vir vertoon van mag en rykdom soos Mobutu Sésé Seko van ouds.

Hulle dink hulle ís die staat. Dis hulle wat met die lang, vinnige bloulig-konvooie rondjaag en gewone burgers boelie.

Dis hulle wat die raskaart eerste uitpluk om hul kritici te ontspoor of die ***us op hul eie korrupsie te kamoefleer.

Daar is nie meer ouderlinge in die ANC-kerk nie, net ’n dominee met ’n oop gulp en diakens wat die kollektegeld steel.

Senuagtige wit Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, moet gehelp word om nugter na dié dinamiek te kyk. Hulle moet besef dat dit nie net middelklas-Afrikaners is wat die donder in is omdat die ANC ons dorpe en stede so verwaarloos dat ons paaie onbegaanbaar is en ons in ons eie uitskeidings rondploeter nie.

Hulle moet besef die meeste swart Suid-Afrikaners is net so skaam vir Malema se kaskenades as wat die meeste Afrikaners skaam was vir *Eugène Terre’Blanche se verspothede – en dat ewe min swart mense Malema ernstig opneem as wat ons Terre’Blanche destyds ernstig opgeneem het.

En terwyl hulle opgewerk raak deur die geringste getuienis van swart-op-wit-rassisme, waarvan daar deesdae oorgenoeg tekens is, moet hulle maar na hul eie wit bure luister en briewe aan koerante en op die internet lees om te onthou hoe verskriklik die wit-op-swart-rassisme nou weer is.


Dit is werklik obseen om te lees wanneer mense soos Hermann Giliomee skryf asof net wit Afrikaners gatvol is, asof net wittes te na gekom word.

Wit Suid-Afrikaners moet ’n slag probeer om lank genoeg uit hul eie bedorwenheid en bevoorregting uit te ontsnap om raak te sien dat hulle nog ’n goeie leefstyl, veiligheid en goeie onderwys vir hul kinders kan koop, terwyl die meeste swartmense nie kan nie.


Ons moet ’n slag verby die slaggate in die paaie kyk en sien hoe miljoene swart mense in plakkerskampe krepeer. Húlle is groter slagoffers van die ANC se wanbestuur as ons.

Wit Afrikaners moet ’n slag die moeite doen om met hul bruin taalgenote op die Kaapse Vlakte, in Eldoradopark, Eersterus, Reigerpark en op van die plase in die Boland te praat en te hoor hoe húlle sukkel om 16 jaar ná bevryding genoeg menswaardigheid en hoop bymekaar te skraap om aan te gaan.


Maar nee, ons onthou mos net die bruin mense as ons hulle as ’n argument kan gebruik om Afrikaans te bevorder.

Ek moet darem erken ek raak self ’n bietjie suf om die kiewe as ek sien hoe mense vandag teen die ANC se wanadministrasie toi-toi, maar môre maar weer vir hulle gaan stem.

Ons kan maar net hoop dat volgende jaar se plaaslike verkiesings gaan bewys dat dié tendens se rug gebreek is, soos dit ’n klompie jare gelede in Zimbabwe gebeur het.

Intussen moet ons Afrikaners ook maar onthou hoe lank dit ons gevat het om ons rug op die leiers van Afrikaner-nasionalisme te draai, al het ons eintlik maar geweet hulle was korrup en besig om ons land in die afgrond in te regeer.

Ek hou van die nuwe aktivisme, van oorwoë burgerlike ongehoorsaamheid, van selfhelp-aksies, van belastinggeld weerhou om self dienste te kan lewer.

Ek stem saam dat die era van bekhou en handjie-vryf en skuus-dat-ek-leef verby is; dat die era van warmbloedige selfgelding aangebreek het.

Maar ek gaan nie toelaat dat die Zumas en die Malemas en die opportunistiese nuwe Boere-profete my in ’n wit, nasionalistiese laer injaag en van my landgenote vervreem nie.

Ek sou eerder wou help dat ons as Suid-Afrikaners hierdie krisistyd gebruik om die burgerlike samelewing sterker en die staat of regering swakker te maak; om ’n nuwe sosiale kohesie op te bou wat gebou is op ’n gemeenskaplike afkeer in korrupsie en magsmisbruik en ’n vasberadenheid om hier ’n werklik progressiewe, oop demokrasie te laat wortelskiet.


– Max du Preez is ’n skrywer en politieke kommentator.

http://www.rapport.co.za/Content/Ru...-01-49/Die_nuwe_generasie_blikkies-opgaarders
 
*yawn*

Max is a fence sitter and will say anything if it means he will get some attention.

max is a ’n bruikbare idioot van die kommuniste :)

Agreed. All hot air and not much else.

Why would he then openly criticise the ruling party? I suspect you are not willing to properly read that article and let it sink in ...

Do I get the idea that you only care about your own interests and not those of the other SA'ans of other colours who are suffering under the same regime ? I hope not .
 
Why would he then openly criticise the ruling party? I suspect you are not willing to properly read that article and let it sink in ...

Do I get the idea that you only care about your own interests and not those of the other SA'ans of other colours who are suffering under the same regime ? I hope not .

no south african should suffer, but why must it always be the white south africans that must always speak up and feel like we are scum?

surely as the minority we should not be the biggest voice of opposition to all south africans getting butt fusked where are the other populations voices of disagreement?

being the smallest voice it is becoming more and more apparent to the white population that we must start drawing together since if we don't stand together and become one voice - nobody else will stand up for us, same goes for all the other population groups, the silence is deafening from them.

he talks about how we must feel disgust at ET etc.but where are the black voices of disgust at the ruling parties leaders malema etc?

I think ET is a twat before you ask since he is not a leader ;)
 
Last edited:
Why would he then openly criticise the ruling party? I suspect you are not willing to properly read that article and let it sink in ...

Max's writings seem to have become increasingly critical of the ANC lately (so soon he'll have no friends left on either side) but you have to wonder if we might be approaching some kind of 'breaking point' if the most liberal members of society are starting to wake up to the truth (as everyone eventually must).
 
being the smallest voice it is becoming more and more apparent to the white population that we must start drawing together since if we don't stand together and become one voice - nobody else will stand up for us, same goes for all the other population groups, the silence is deafening from them.

The whites will never all 'stand together', the ranges of opinions within our group are far too diverse and often simply incompatible, but it's not a train smash as I think unity is overrated, we don't *need* everyone to stand together all unified an' everything, we just need enough people to stand up and 'do the right thing'. If those who want to take positive action wait until we have some kind of unity, nothing will ever happen. Just 'do the right thing' in life, some will follow, some won't.
 
Max's writings seem to have become increasingly critical of the ANC lately (so soon he'll have no friends left on either side) but you have to wonder if we might be approaching some kind of 'breaking point' if the most liberal members of society are starting to wake up to the truth (as everyone eventually must).

As usual they wake up to late. The damage is done.

Unfortunately for Max all his old columns are there for everybody to see so this whole "I never supported the ANC" amnesia routine won't wash
 
The whites will never all 'stand together', the ranges of opinions within our group are far too diverse and often simply incompatible, but it's not a train smash as I think unity is overrated, we don't *need* everyone to stand together all unified an' everything, we just need enough people to stand up and 'do the right thing'. If those who want to take positive action wait until we have some kind of unity, nothing will ever happen. Just 'do the right thing' in life, some will follow, some won't.

true but then i will be accused of being a tappet afrikaaner wie op hulle eie weer staan
 
he has always been kissing either the ANC's ass or the current movement of affairs, to be honest, he is nothing more than a political prostitute,

I respectfully disagree.

He was the editor of the Vrye Weekblad back in the late 80s /early 90s, when there was NO FREE PRESS. His newspaper was quite an eye-opener for the people who chose to read it. He highlighted the despicable behaviour of the former government.

Because he is now critical of the current government, how is he kissing ass?

I have respect for people who admit that the political dreams they had for a country were shattered because the party they thought could do a proper job, has failed to do so. Surely that is the height of honesty ??? At least give him credit for having opened his eyes.
 
I wish there was a non-Afrikaans version for the white non-boers :(

Failed it school?

I have respect for people who admit that the political dreams they had for a country were shattered because the party they thought could do a proper job, has failed to do so. Surely that is the height of honesty ??? At least give him credit for having opened his eyes.

It's difficult to respect a useful idiot
 
Top
Sign up to the MyBroadband newsletter
X